Vat my terug
Na die sorgvrye lente
Van twee jaar terugWaar my bekommernisse
Beperk was tot
Bye sê vir die vakansies.Nou sê ek heeltemal
Totsiens.
Sien jou by die reünie.Ons het soos blare versprei
En vriendskappe
Soos skadu's agter gelos.En dan sê hulle nog:
Hoërskool is lekker.
Maar hulle weet nie.Die seer van vriende agterlos
Is erger as enige
Eksamen wat hulle jou kan gee.S.M
VOCÊ ESTÁ LENDO
Joernaal Van 'n Gebroke Siel
PoesiaGedigte wat jou twee keer laat dink. Die goed, Die Sleg, Die waarheid. 'n Dieper insig in Afrikaans.