Kuns Van Die Lewe

81 3 3
                                    

Sommige mense is kunstenaars, ander is kuns.
Mense is besonders. Ons lewe in ń aardsgallery.
Ek moedig jou aan om te leef soos ń kunswerk want kunstenaars oorleef nie, kunswerk doen!

Skryf jou lewensverhaal.
Lewe in kuns en hervorm jou geroeste, roekelose hart waarmee die bedrieglike mense speel. Red hierdie onoorspronklike generasie van ń paradoks in die diverse skoonheid van jou lewe.

Ons leef in die dae van ń onsterflike jeug, maar is dit nie snaaks hoe almal verskillend wil wees op dieselfe manier nie?
Verander! Gebruik jou digtersvingers en skildery-verstand om jou lewensverhaal hartverskeurend mooi te maak!
Raak verlief op die dansende klanke van jou voete wat raas soos wat jy jou lewensverhaal skryf.

Wees ń kunswerk...

-C STEYN

Kuns Van Die LeweWhere stories live. Discover now