"Maar mamma ek wil nie na 'n ander skool toe gaan nie , ek hou van die skool ,al my vriende is hier en ek hou
Van al die onderwysers en hulle van my , as ek nou na 'n ander skool toe moet gaan . Sal ek al my vriende verloor en weer in groepsdruk geplaas word net om op die einde van die dag weer 'n nuwe , ware vriendin te kry. ""Rochelle, hou op terug praat en jy gaan nie nou by die skool begin nie , jy gaan eers amptelik in Graad 6 , jy is nou eers aan die begin van graad 5
Rochellie, jy het nog 'n hele jaar tyd om totsiens aan al jou vriende te sê en jouself solank voor te berei vir nuwes!"Net om daaraan te dink het my maag gedraai en ek het dadelik 'n knop in my keel gekry ...
Hoe kan ek totsiens sê as ek al van die kleuterskool saam my vriende was ?
Dit het my lewendig opgevreet. Ekt bly wonder of dit regtig so 'n goeie idée was om na 'n ander skool te gaan ..'n Jaar het so vinnig verby gevlieg toe ek my oë oopmaak en klaar gaap was dit die begin van die nuwe skool . Dit was aaklig gewees , my vorige skool klere was groen en nou is dit blou , 2 ironies is dit nie ? Die kleure wat ek die meeste haat .
My eerste oggend in die voor portaal , in my donker blou klere het my hart vinnig laat klop , daar was so baie kinders van snotkop Graad 1 ' s tot die cool graad 7 seuns wat hulle krae opgedra het en hulle hare spiky gemaak het wat natuurlik streng teen die reëls was , maar hulle is gr 7 so what .Die een meisie het my aandag dadelik getrek toe sy by die deur instap , Sy was mooi , het sproete gehad oor haar neus , haar skoene het geblink net Soos haar oë . Ek het dadelik nader gestaan om meer uit te vind oor haar .
"Hello" , het ek brawend gesê terwyl my ma en haar ma groet
Sy het vir my gekyk, geglimlag en terug hello gesê in n sagte stem
"My naam is Rochelle , sê sy en hou aan glimlag . Ekt verstom na haar gekyk en gelag , "My naam is ook Rochelle , Rochelle , aangename kennis"Ek het dadelik van haar gehou , ons het dadelik beste vriende geword en was in die selfde klas , haar van was Noortman en myne Gordon , Sy het die 17 de Junie verjaar en ek die 24ste Junie . Sy het 'n week voor my verjaar , Sy het n boetie gehad so oud soos myne , albei in Gr 11 , maar twee verskillende skole en albei was gamers en sy ook , ek het meer van boeke gehou en om op n saterdag aand boeke te lees of sad movies te kyk terwyl sy gelan het saam baie mense en wifi gemors het , maar ekt nie omgegee nie Sy was 'n baie goeie vriendin gewees .
Ons het alles gedeel , ons het vir mekaar geheime vertel wat ek gedink het ek nooit vir enige iemand sou vertel nie en sy het haar myne vertel .
Ons het pouses onder 'n pawiljoen gesit en het gekyk wie Kan die langste stil bly , ek kon dit nie meer inhou nie en het net gelag . Sy het na 2min.dieselfde gedoen .
Ons het binnekort saam begin kuier en.bymekaar oorgeslaap , hulle was nie baie ryk nie ek gaan nie sê ons was ook baie ryk nie , maar ons lekker gelewe .
Kwartaal na kwartaal het verby gegaan tot ons uiteindelik ons laaste vak geskryf het en die Desember vakansie begin het .
YOU ARE READING
Liefde is vir die voëls
Romancehierdie volgende storie handel oor 'n meisie wat smoor verlief is op 'n ou en kon omtrent niks daaraan doen nie . En op het 'n dag het die ou uiteindelik die meisie raak gesien en het besef hy kry gevoelens vir haar . Die meisie was 'n jaar ouer as...