Hoofstuk ²

65 6 0
                                    

Soos wat ons Graad 7 instap , sien my oë dadelik 'n nuwe vreemdeling , dit is asof elektriesiteit deur my skiet ,ek het nie net enige vreemdeling gesien nie , dit was 'n hy , hy is lank , diep blou oseaan oë , sy hare toffeebruin , hy het dadelik my hart gesteel.

Terwyl ons opgewonde in die rye staan om op gedeel te word in ons nuwe klasse , voel ek weer daardie elektriesiteit gevoel deur my skiet , hy het in die ry langs my gestaan , skuins agter my . Hy was so mooi , ek wou dadelik vir hom hello sê en my self voorstel , maar voor ek dit kon doen het die skoolhoof ons onderbreek met die mikrofoon .
"Goeie welkom aan al ons leerders . Ons hoop julle het die vakansie geniet . Dit is weer tyd om te fokus op skool " ,blah blah blah julle ken hoe onderwysers kan aangaan oor skool .

Ons het in spanning gewag . Hulle het begin by die graad 4's en geindig by die graad 7's .

By graad 6 het hulle die naam "Braam Koekemoer" geroep en die pragtige vreemdeling het 'n stap voorentoe gegee , my inner voice het "yes "gegil ek is seker my inner goddess het die moonwalk gedoen en haar hoed in die lug gegooi , net Soos wat Michael Jackson sou doen ! Ons ken nou darm al die vreemdeling se naam , maar dit klink beter as ons dit by vreemdeling hou.

Dit het my nie regtig gepla toe ek hoor hy is in graad 6 nie , Soos wat ek weet het my ma altyd gesê as jy van iemand hou , maak niks van lengte , ouderdom ens saak nie .

Ek was 'n lewendige stalker , soos 'n Facebook stalker  , maar net in persoon haha ,ekt gekyk waarvan daan hy gekom het , iets van Laerskool Bloemfontein ek dink , was redelik lank terug , ekt sy fotos deur gekyk en sy skoonheid bestudeer ,by myself gewonder hoekom hy nie illegal was nie ...

Ons het 'n paar keer gepraat en toe daarna was ek uitgenooi na sy verjaarsdag , ek was so opgewonde gewees ,my vriende was almal daar so dit sou darm nie so awkward wees nie .

Ek het daar aan gekom en ek was baie skaam aan die begin , almal was in bikinis en kort broeke terwyl ek in 'n lang jean en tommies gestaan het.

My vriendinne het my in 'n kamer ingetrek en ek het verander in my bikini in .
Die water was warm en het my dadelik beter laat voel , meer gemaklik ook ,later was ons almal saam in die swembad .

Ons het later die aand op die dak gaan le , jy moes op 'n muur loop om daar uit te kom en dan nog op Die dak klim , met die gewete dat ek daar kon afval het ek net op die muur bly sit terwyl die res op die dak was , Braam het kussings gaan haal om op te le en gesê ek moet opkom. Ek het  opegstaan , hom gevolg en voor ek dit weet was ek op die huis se dak ,nie net enige huis dak nie ,maar op die ou se huis dak wat so n vreemde gevoel deur my laat gaan as hy naby is .

Ons het gepraat oor alles , en net daar gelê ,'n kussing gedeel en opgekyk na die skitterende sterre bo ons .

Kort daarna het ek my ma se harde musiek gehoor en ek het my weg gevind van die dak af voor sy 'n aanval kry. Oppad uit die hek ; vergeet ek om my sak te kry met my klere en hardloop vinnig terug .
Net voor die hek oopgaan het Braam , my van agteraf 'n drukkie gegee en die woorde gevra wavoor ek gewag het ,"Rochelle , sal jy asseblief met my uitgaan?" Sy woorde was sag in my oor net soos sy hande om my toe gevou , die woord"Ja" het automaties uit my mond gegly .

Ek het alles gehad wat ek wou hê ,Liewe Jesus het my gebede gehoor en my geseën .

Kwartaal 3 , was ons toer kwartaal ,
Ek vir netbal en Braam vir rugby . Ons eerste "toer" saam .
My ma het eers nee gesê aan die begin , dit was belaglik duur vir net 3 dae ,maar op 'n manier kon ek haar oorreed en ek het op die toer gegaan saam hom , my vreemdeling wat my kerel geword het .

Op die bus , was dit stil aan die begin ,maar toe ons al nader aan die plek kom het ons meer gesels , hy het op my en my vriendin kom val , ekt gedink hy is stupid , maar ek is bly hy het , ek kon sy skoonheid bestudeer en net die oomblik wardeur .

Liefde is vir die voëlsWhere stories live. Discover now