ai djai jai

46 3 1
                                    

(seker my slegste gedig, maar hier is dit in elk geval:)

ai djai jai
~ Cynel Gildenhuys, 2016

êkke kyk
êkke watchie mense
êkke oog trapie bjeeld
van himoesappeins
met shoeviel breins
virie raap na gjeeld
na mag en beheer
na seks sonner sjiel

breins wattie self dinkie
djulle blêddie shkapies
shkapies wat hand volg wat
smullpjaap swiets offer
vrekkit darrie herder se witvoetjie
issie triek vanne wolf wat wol aantrek

djulle spesie is soesie branners
djulle leiers hulles ontop
maar sien djulle nie
hullesie skuim djeksels man
net boe van vuilgeit
die sout vannie aarde issie hoogie
djulle vershuip hulle innie djiep water
maar djulle like it so
nes soesie djulle bjier

êkke praat en preach
maar djulle luister nie
djulle kortie die ore vannie hontie
êkke skrou dan en spring
maar djulle hoor njêt
njêt wat djulle wil

En as djou oge in myne rigting kyke
knippe djou ogenlede war êkke staan
want êkke staan kaalvoet
en my geshigt is vuil
maar djulle kyke nie
myne hart is skoon
êkke stain nie myne hanne mettie bloetie
net myne hart
mettie bloed van myne Hero
myne woorde issie hoogie
myne self image okkie
mar flippit die bjoodskap is suiwer
soes allie gedjagtes vannie Jere
ek perbeer net Syne opdrag doen
mar djulle breine djink nie
djulle djink Hy sal stuurie fancie korpoerat

êkke huil
êkke treur
van woede
Die Messias hy sallie die spies dra nie
djy wat skyn so Gjod kjen
kan djy nie syne seun herken nie magtag man
Hy het waarlik opgestaan!

êkkes skieper sonner vangs
êkke gooi lyn enne gooi nette
maar djulle is te fancy om te beit
maar tjoema
as djulle willie djink nie
enne djulle willie sien nie
sal djulle mar moet voel

brand djulle wat te groot is vir klein
nettie kjinners van Hom gaan binne

Die Bakstene van my LewenspadWhere stories live. Discover now