Tydsberekening

73 2 1
                                    

Tydsberekening

~ Cynel Gildenhuys, 2015

Dit gebeur teen wil en dank.
Die draad word kort geknip;
die lyding uitgerek, lank
vir die gelos in wind.

Na vonnis versnel die pas
om alles probeer inpas.
Tevergeefs – Die uurglas loop uit.

Bene begin beef
Trane trek, treur
Stiltes sidder, skeur
Weier om te weet:
Die skrif is aan die muur.

Geen verdediging, geen verskoning.
Net 'n mompel-knik.
Geen rede gelig van Dood.
Sy populasie is dan groot.

Soos 'n bliksemstraal,
'n flits 'n slag en weg.
Die aarde smeul, geskroei
oor gat in grond en gees.

Was kort na krip gesteel.
Het kind al geleef?
Behoorlik gelief?
Behoorlik geleed?

Wat is die lyf
sonder gees?
Oop oë sonder sig?
'n Ongesproke taal?

leeg

Vroeg gekom
Vroeg gegaan
Verstar
Verstom

Die Bakstene van my LewenspadTahanan ng mga kuwento. Tumuklas ngayon