Doringkrans
~ Cynel Gildenhuys, 17/11/2016Ek is
dorings
op 'n roos.ek is so amper (deel) van die agtergrond
maar ek staan uit
teen die front
ek is so amper (deel) van die kroon
maar ek is onder
vir toon
ek is die onewe-rede-gheid op die stingel
ek is die een uit
wat bewe-ging stuitEk is
dorings
op 'n roos.ek is so klein
so fyn misien
ek is groen opgedos
glad buig-baar
tog trek tik tik
tyd maak my hard
strak ek steek
en ook d(u/i)s
word brosEk is
dorings
op 'n roos.ek haak vas
ek haak my virlede
skeur dit nader
bring dit bebloed bepyns
skeurr na ha/ak aan
die geroofde hedeEk is
dorings
op 'n roos.
ek stop geen snoei
mes
ek stop geen hand geen slag
tand
ek mors krag
is 'n klein <knop>
wat geen doel dien nieWaarom kry rose
dorings
Dorings word af
geknip
ŞİMDİ OKUDUĞUN
Die Bakstene van my Lewenspad
ŞiirGedigte is my uitlaatklep. Ek verwerk die emosies en strawwe slae van my lewe deur woorde. Saam met die ink van my pen loop die struwelinge in my siel uit. Ek hoop ek skryf nooit genoeg gedigte vir 'n bundel nie - want elke gedig is 'n bewysstuk van...