Gedigte is nie nét gedigte

26 0 0
                                    

Gedigte is lankal nie meer nét gedigte
dit is iets wat emosies uitbeeld
iets wat jou laat vergeet van die pyn berigte
iets wat dít verbeter, jou selfbeeld

Gedigte is emosies op papier
emosies wat vir jou gluur
want papier oordeel nie jou
en penne luister net vir jou

Gedigte is iets wat jou vrees ontneem
iets wat goed nie net aanneem
want siele maak jou seer
met woorde wat jy nie kan beheer

Gedigte is lankal nie meer nét gedigte
dit is iets wat emosies uitbeeld.

GedigteWhere stories live. Discover now