Ons was eens op 'n tyd kinders wat geglo het
ons was dies wat altyd luister
maar weet net
daardie kinders het sag gefluisterDie rustelose dae het verander in slapelose nagte
ons was altyd in gedagte
maar dit het als verander op n tyd
in die kinders wat net pleitKinders wat in sprokiesverhale leef
daardie kinders is ontneem van realiteit
maar hulle is vergeef
want realiteit bytDaardie kinders het verdwyn
hulle was later altyd in pyn
dit het geëindig
en dít, dít was hulle einde.
YOU ARE READING
Gedigte
PoetryGedigte wat ek self geskryf het. Meeste van my gedigte is Afrikaans maar daar is ook n paar Engels !