Nic kyk na die omgewing om haar en glimlag skeef.
"Amper daar ou nooi." Gesels sy met die bakkie. Sy kyk na die pad kaart op die sitplek langs haar. Nog net 'n uur of so dan is sy op Skewe doring. Sy glimlag toe sy haar broer, Nathan, se reaksie onthou toe sy gesê het sy het werk gekry. Sy lag saggies, sy uitdrukking was kostelik. Die bakkie ruk tot stilstand. Haar lag verstil. Sy leun terug teen die sitplek.
"Ek het te vinnig gepraat." Sy klim uit en loop om die bakkie. Die wiele is defnitief nie pap nie. Sy maak die enjinkap oop. Sy sug en skuif onder die bakkie in en begin werskaf.
"... as ek jou eendag sien gaan ek jou nek omdraai dit verseker ek jou. Vandag het ek nie tyd vir jou of jou stroke one..." Sy raas verder en hoor nie die bakkie wat stil hou nie. Iemand lag langs die bakkie en sy bly stil. Sy vee die hare uit haar gesig en skuif onder die bakkie uit. Sy ignoreer die hand wat na haar uitgesteek word en staan op. Die vreemdeling lag weer saggies.
"Middag, kan ek help met iets?"
"Middag, nee dankie." Hy trek sy wenkbrou op en kruip onder die bakkie in. Nic frons. "Dis nie nodig nie..."
"Wel, ek kan jou nie eintlik alleen in die pad los met 'n gebreekte bakkie nie, kan ek?" Sê-vra die vreemdeling glimlaggend. Na 'n ruk sê hy :
"Sluit gou die enjin aan..." Nic draai die sleutel en die bakkie kry weer lewe.
"Ek gaan jou aan jou stertjie hang as jy so aangaan..." Mompel sy. "Dankie, meneer..."
"Anton." Sy knik en steek haar hand uit.
"Nic."
"Weereens dankie. Ek moet nou regtig gaan." Sy glimlag en klim in. Anton glimlag en kyk die bakkie agterna. Hy draai na sy bakkie. Hy moet nog by Michael 'n draai maak.
Nic kyk weer na die padkaart. Sy het 'n paar draaie gevat wat sy nie moes nie. Sy frons en gooi die padkaart neer.
"Ek waardeer nie jou duiwelstreke nie..." Mompel sy terwyl sy weer na die padkaart.
. . .
Michael stap saam met Anton na sy bakkie. Oom Jan volg kort op hull hakke.
In die verte hoor hulle naderende perde pote. In die vlou lig kan Michael 'n gestalte op 'n perd uitmaak.
"Nou, wie de joos..." Begin oom Jan mompel.
"Michael, jy het mos nou die dag iets gepraat van 'n voorman wat jy vandag verwag. Miskien is dit hy." Die perd ry met 'n spoed nader en hou 'n ent van hulle af stil. Iemand klim af en stap na hulle.
"Is hierdie Skewe doring?" Nic gaan staan voor hulle.
"Nic?"
"Hello, Anton."
"Wat maak jy op Skewe doring?"
"Ek werk hier, wel ek begin more eers werk." Oom Jan maak keel skoon.
"Nic, hierdie is oom Jan en Michael. Michael is die-"
"...eienaar van Skewe doring." Val sy Anton in die rede. Sy steek haar hand na hom uit.
Michael frons. Hy het 'n voorman verwag nie 'n voorvrou nie.
"Ekskuus juffrou, maar is u seker ek het u aangestel?" Nic sug ongeduldig en haal 'n koevert uit haar rugsak. Michael lees dit vlugtig.
"Ekskuus juffrou maar ek kan ongelukkig nie toelaat dat u hier werk nie. Ons kan u huisves vir die nag en more die bakkie regmaak..." Sy val hom, bitsig, in die rede.
"Ongelukkig het ons 'n kontrak meneer Viljoen." Anton maak keel skoon agter hulle.
"Ek ry nou maar eers. Sien jou Nic, Michael. Totsiens oom Jan." Hy klim in die bakkie en ry weg. Michael skud sy kop.
"Nou goed juffrou. Ek verwag dat u more oggend 7 uur gereed moet wees om te begin werk." Hy glimlag vir oom Jan.
"Verskoon my oom Jan. Ek het nog briewe om te skryf." Hy knik in haar rigting en stap na die huis.
"Mansmense." Mompel Nic. Oom Jan lag.
"Nic, ek wil jou net waarsku. Hierdie plaas het baie werk nodig. Dit het die laaste drie jaar leeg gestaan met net die werkers om alles bymekaar te hou. Jy gaan hard werk." Nic lag.
"Ek het mos gekom om te werk oom, nie om rond te sit en niks doen nie." Oom Jan glimlag.
"Nou toe, ek neem jou na jou kamer. Ek sal jou more middag die arbeiders huisie gaan wys. Dis nogal gerieflik al is dit bietjie klein..." Oom Jan gesels verder.
Net voor sonop is Nic wakker. Sy stap saggies na die kombuis waar Maria, die bediende, besig is om kos te maak.
"Môre klein nooi."
"Môre Maria." Sy maak vir haar 'n koppie koffie en drink dit by die kombuis tafel.
Nadat sy vinnig iets geëet het stap sy na die stoep. Sy kyk op haar horlosie, 06:45. Sy kyk oor die verwaarloosde plaas. Dit het baie werk nodig maar na so twee, drie jaar sal dit een van die netjieste plase in die omgewing wees. Sy glimlag en sien 'n paar werkers in die verte. Sy trek haar skouers op en stap agter hulle aan. Sy sien nou eers die klein gebou wat daar eenkant staan. Seker die kantoor waarvan oom Jan gepraat. Sy haal 'n klomp sleutels uit haar sak uit. Sy loop om hulle en sluit die deur oop. Sy stap na die lessenaar en haal 'n leër uit die laai uit. Oom Jan het gesê sy moet in die blou leër kyk. Sy glimlag skeef. Sy sit die leër neer en maak die deur agter haar toe.
"Nuwe man," roep sy. 'n Werker stap nader. Sy draai na hom.
"Ja, nooi?"
"Wie skeer gewoonlik die skape?"
"Ronald, Richard, Samson, Marius en ek."
"Goed, kry die skape in die kraal." Sy glimlag skeef.
Nic staan op van waar sy gesit het en stap na die kraal. Hulle het beurte gemaak om die skape te skeer. Nou is dit haar, Marius en Ronald se beurt. Na die vierde skaap maak iemand keel skoon agter haar. Sy jaag die ooi in die kraal in en draai na Michael.
"Môre, Michael." Hy knik.
"Dit lyk asof dit goed gaan hier?" Vra hy huiwerig en beduie na die skape.
"Ja, ons kan teen 2 uur klaar wees met die hele kamp. Die ander werkers is besig by die koring." Sy kyk na die vier werkers en die skape en glimlag.
"Ek is eintlik verbaas jy het nog nie jou tasse gepak en gewaai nie."
"Hoekom? Omdat dit harde werk is óf omdat ek 'n vrou is?" Michael is stil en Nic knik. "Wel, as jy my verskoon daar is nog baie werk." Sy draai om.
"Juffrou, ek het net bedoel..."
"Ek het 'n naam." Roep sy oor haar skouer. Sy spring weer aan die werk en ignoreer Michael wat 'n ent van haar af staan. Hulle werk reg deur middagete. Net na twee is hulle klaar. Nic staan trots na die geskeerde skape en kyk. Sy glimlag skeef en draai na die werkers. Hulle het op die grond gaan sit.
"Julle kan nou maar middagete gaan geniet. Drie uur gaan ons aan met die boonste kampe." Hulle knik en stap na hulle huise. Nic stap hastig na die huis. Oom Jan sit op die stoep. Sy sak uitgeput op die stoel langs hom neer.
"Hard gewerk?" Hy glimlag skeef.
"Die hele onderste kamp se skape is geskeer." Oom Jan staar haar verbaas aan.
"Maar kind, dan is jy seker moeg?" Sy lag.
"Net deksels honger." Oom Jan glimlag.
"Maria het jou kos in die lou oond gebêre. Lekker sosaties met braai aartappels en rys..."
"My mond water al klaar." Sy lag en stap hastig kombuis toe en hoor oom Jan lag. Sy eet vinnig klaar en stap weer na die stoep.
"Oom Jan, hier is seker perde?"
"Ja, kind. Jy moet vir jou een gaan uitsoek. Jy gaan jou voete vol blase loop as jy die plaas vol moet loop." Sy knik. Oom Jan beduie in 'n rigting. Sy stap na die stalle. 'n Werker is besig om die perde te versorg. Hy knik en gaan aan met sy werk. Nic gaan staan by die laaste stal. 'n Donker grys hings trippel rond in sy stal. Sy glimlag en steek sy hand na hom uit. Sy vryf sy nek saggies en maak die stal deur stadig oop. Sy saal hom vinnig op en lei hom by die stalle uit. Sy klim op en ry na die klein kantoor waar die werkers stadig besig is om bymekaar te kom. Sy glimlag en spoor Arion aan om vinniger te hardloop.
YOU ARE READING
Bosveld Paradys
RomanceSy gesig is net sentimeters van hare. Hy huiwer en leun dan weer onseker nader. 'n asemlose oomblik lank kyk hulle in mekaar se oë en dan voel Nic sy mond teer op hare... Minute na hy haar gesoen het berou Nic die soen. As haar operasie nie more'...