Hoostuk 13

14 2 0
                                    

Nuwe man het aangedring om haar na die spreekkamers te bring, aangesien Michael nie in 'n toestand is om te bestuur nie.
"Pasop die trappies." Waarsku Nuwe man. Nic glimlag. As dít is hoe sy die res van haar lewe moet lei... sy skud haar kop liggies. Nuwe man stoot die deur van Malan se spreekkamers oop.
"Môre, Nic, meneer." Nadat Nic gaan sit het sê Nuwe man sag;
"Ek sal buite wag." Sy knik.
"Nic, ek het 'n oorsese kollega van my gevra om teenwoordig te wees met die ondersoek. Hy is hoogs gespesialiseerd in hierdie gebied. Is dit in orde?"
"Natuurlik." Terwyl hulle haar oë ondersoek, gesels hulle.
"Nic, jy het nie 'n enkele woord gehoor wat ek so pas gesê het nie." Daar is 'n geamuseerde toon in Malan se stem.
"Jammer, alles wat op die plaas gebeur het spook nog by my." Sy lag verleë. Malan glimlag.
"Dokter Terblanché is van mening dat ons 'n tweede operasie moet uitvoer. Hy was by twee vorige gevalle suksesvol met so 'n tweede operasie. Ons het net jou toestemming daarvoor nodig."
Mag daar dalk nog hoop wees, vra Nic haarself.
"Ek het niks om te verloor nie. Gaan gerus voort."
"Die probleem is net dat jy nou hier sal moet bly, want ek vlieg oormôre weer terug Engeland toe, juffrou."
"Ek is seker dit kan gereël word. As ek net eers winkel toe kan gaan en vir my die nodige koop, kan Nuwe man my terugbring."
"Dit klink orde. As julle my nou sal verskoon. Ek het nog 'n vergadering om by te woon."
Nuwe man is meer opgewonde as sy. Hulle is vinnig terug van die winkels af.
"Ek sal in een van die hotelle tuis gaan hier naby." Nuwe man sit die tas langs die bed neer.
"Nee, gaan eerder terug plaas toe. Jy's die enigste een wat na die plaas kan jy."
Nadat Nuwe man geloop het haal Nic haar sonbril af en maak haar oë toe.
Die volgende oggend vroeg word sy wakker gemaak en 'n uur later stoot hulle haar na die teater.
Johan sit die spuit op die toonbank neer.
"Hello, Gert. Hoe gaan dit hier?"
"Besigheid is maar stadig die tyd van die maand en daar by jou?"
"So, goed soos wat dit kan gaan. Jy het nie dalk vir Nic gesien een of ander tyd nie?"
"Nee, sy's dalk nog in Pretoria. Darem 'n tragiese ding wat haar getref het." Gert skud sy kop.
"Tragiese ding...?" Sê-vra Johan, hy voel hoe elke spier in sy lyf saamtrek van spanning
"Ja, na die oogoperasie het sy mos haar sig verloor. Dis jammer dat dit met so 'n pragtige mens moes gebeur."
"Hou die kleingeld." Johan stap hastig na sy bakkie. Hy het niks geweet van enige operasie nie. Dit verduidelik die 'teoretiese' vraag wat sy gestel het. Hy laai die spuit af en laat weet sy voorman dat hy 'n ruk weg gaan wees.
Nic word bewus van 'n tweede persoon in die vertrek.
"Wie is daar... suster?" Johan stap nader.
"Dis ek Nic... Johan."
"Johan! Wat maak jy hier?" Haar stem is hees
"Nic, ek..." Hy soek na die regte woorde en sug. "Ek moes net kom, Nic. Hoekom het jy my nie vertel van die probleem met jou oë nie? Dat jy 'n operasie moes ondergaan nie?"
"Wat sou jy gemaak het as ek jou vertel het? Jy sou my jammer gekry het en ek sou dit nie kon verdra om die simpatie in jou oë te sien nie."
"Nic..." Hy hurk voor haar en sit sy hande op hare. "Die dag by die lyn draad, toe jou hande bo die draad gehuiwer het..."
"Ja, ek kon vir 'n paar oomblikke nie sien nie."
"Die aand in die kombuis, by die skou... en jy moes dit alles alleen deurmaak...?" Sê-vra hy.
"Ek het darem vir Nuwe man gehad." Sê sy sag.
"Nic..." Hy laat sak sy kop op haar skoot en kyk weer op na 'n ruk. "Jy hoef nie alleen deur hierdie pyn te gaan nie. Ek het jou oneindig lief. Trou met my?"
Haar hart skree ja ja ja ... maar haar verstand weier om gehoor te gee. Sy is dalk nog steeds blind en dan sal sy net 'n las wees. Sy kan dit eenvoudig net nie aan hom doen nie.
"Ek is jammer, Johan, maar ek sien nie kans nie..." Sy haal haar hande versigtig onder syne uit en sug sag. "...miskien is dit beter as jy my nie weer kom besoek nie," Sê sy terwyl sy voel hoe haar eie hart aan flenters geskeur word. Johan het bleek geword en staan op.
"Die operasie... Dit is die tweede een... Het jy hoop dat dit geslaagd sal wees...?" Vra hy sag.
"Ek het alle hoop, totsiens Johan." Sê sy beslis. Sy wil nie sy simpatie hê as hy uitvind dat die operasie maar net 'n laaste poging was nie.
"As dit werklik is hoe jy voel...Indien jy ooit van mening verander, kom na my toe. Ek sal jou nie weer lastig val nie. Totsiens, Nic." Sy sluk en sluk om haar emosies onder beheer te kry en voel hoe trane in haar oë brand agter die verbande.
'n Week later is Nuwe man daar om by te wees wanneer die verbande afgehaal word.
"Jy ken die prosedure, Nic. Hier gaan die laaste stukkie verband en die kussingkies. Onthou die kamer is nie helder verlig nie. Maak nou asseblief jou oë oop." Nic maak haar oë stadig oop. Sy rol haar oë heen en weer. Haar hart klop vinniger.
"Ek sien bewegings, dof maar definitief." Roep sy hees uit.
"Dis bemoedigend. Wag, ons maak gou die kamer ligter." Sê hy en maak die gordyne wyer oop. "Hoe lyk dit nou?"
"Ek kan julle figure se buitelyne onderskei en die lig is nou helderder."
"Ek gaan weer vir jou oogdruppels saam gee, en jy gaan vir 'n tydperk weer jou sonbril moet dra.  Jou sig behoort elke dag te verbeter. Kom sien my weer oor drie weke."
"Dankie... Dankie, Malan." Sy sit haar bril op.
Malan was reg, besef Nic. Haar sig word elke dag beter en na vier dae het sy nie meer Lea se hulp nodig om oor die weg te kom nie.
Sy gebruik nog steeds die oog druppels en dra steeds die sonbril.
Michael het besluit hy gaan die kinders hou. Dis vir hom 'n vreugde om hulle in die huis te hê.
Vrydag deel sy Nuwe man mee dat sy die bakkie Maandag middag wil leen.
Voorgenome om vir Johan te gaan verduidelik hoekom sy so reageer het soos sy het, laai Nuwe man haar af.
"Sal jy reg kom?" Vra hy huiwerig.
"Ja, Nuwe man. Ry nou voor hy jou sien." Nuwe man glimlag en ry weg. Sy stap deur die wingerde en gaan staan.
"Ek sal hom nooit hier kry nie." Mompel sy en wil net terug draai toe sy hom in die verte sien aankom. Sy staan en wag vir hom. Haar hart klop benoud.
"Nic, hoe het jy hier gekom?"
"Ek het met die bakkie gekom."
"Ek sien nie 'n bakkie nie. Het Michael jou waaragtig net hier afgelaai en gery?" Sy wil nog iets sê toe hy haar in die rede val. "Toemaar, sê my nou, wat maak jy hier."
"Ek het kom verduidelik hoekom ek gereageer het soos ek het nou die dag." Sy huiwer. "Ek wou jou nie met 'n blinde vrou opsaal nie, dit sou 'n te groot las vir jou wees. Ek het jou té lief om dit aan jou te doen..."
"Het jy my regtig lief, Nic?" Hy staan 'n tree nader.
"Met my hele hart." Sê sy sag. Hy trek haar sag nader.
"Ek het jou lief. Oneindig lief. Moenie laat jou blindheid in ons pad kom nie, asseblief. Jy erken tog jy het my lief..." Hy is nog onder die indruk dat sy nog steeds blind is. 'n Fyn glimlaggie speel op haar lippe. Sy haal haar sonbril af.
"My dierbare Johan, my operasie was toe die keer geslaag. My sig is volkome herstel." Hy tel haar op en swaai haar in die rondte. Sy lag en toe hy haar weer neersit buk hy af en soen haar teer.
"Sal jy tevrede wees om saam met my te bly in hierdie bosveld paradys?" Sy draai na die dubbelverdieping huis en dan weer na hom.
"Ek dink ons kan dit maak werk." Hy lag en soen haar op haar voorkop.

Bosveld Paradys Where stories live. Discover now