Hoofstuk 7

10 2 0
                                    


Melinda kyk vir die soveelste keer op haar horlosie. Nic en Dirk is al 'n lang ruk daar bo. Sy sug verlig toe sy Dirk se stem hoor. Haar oë rek amper toe sy hulle sien. Nic stap langs een van die aantreklikste mans wat sy nog ooit gesien het en Dirk sit gemaklik op sy skouers. Dirk en die vreemde man kom duidelik goed oor die weg aangesien Dirk meeste van die tyd glimlag. Nic stap vinnig nader.
"Dirk het in 'n erdvark gat getrap toe verstuit hy sy voet." Melinda glimlag.
"Dis sy verdiende loon as hy nie kyk waar hy loop nie. Ons moet seker huis toe gaan. Baie dankie, meneer..."
"Johan." Hy glimlag.
"Dankie, Johan. Die perde is net hier onder, ons..."
"Ek sal hom tot onder vir julle dra." Melinda glimlag, half verlig. Nic draai om en begin die piekniek goed oppak. Nadat sy alles opgepak het begin hulle afklim. Hulle gesels nie veel nie en twintig minute later is hulle by die berg stroompie aan die onderpunt van die berg. Die perde staan nog steeds, vasgemaak, by die boom. Nic klim op Arion en Johan sit Dirk voor haar op die perd. Melinda wil weer 'n keer vir Johan bedank toe Nic haar in die rede val.
"Dankie, Van Rensburg." Nic druk haar hakke liggies in Arion se sye en ry met 'n spoed weg.
"Totsiens." Roep Melinda oor haar skouer.
Johan glimlag en stap weg.
Melinda gaan staan langs Nic op die stoep.
"Nic, kan ek saam met jou werk toe gaan more."
"Die geselskap sal welkom wees. Hoekom?"
"Ek begin meer en meer van die plaas hou en ek sal graag bietjie wil leer, jy weet..." Nic knik.
"More oggend, ses uur. Jy moet maar vroeg gaan slaap vanaand." Melinda glimlag.
Nic sit die koppie koffie op die koffie tafel neer. Die wekker gaan af langs die bank. Melinda draai op haar ander sy. Nic glimlag.
"Rise and shine, sleeping beauty. Ons het 'n besige dag wat voorlê." Melinda gaap en sit meteens regop. Sy kyk om haar rond en onthou waar sy is.
"O, hel. Hoe laat is dit?" Melinda draf stap hastig na die bad kamer om aan te trek. Nic lag en skud haar kop. Melinda kom by die badkamer uit en drink die koppie koffie vinnig klaar.
"Ek is reg."
Teen die einde van die dag is Melinda moeg en haar lyf styf en seer. Na 'n lang bad gaan sit sy op die bank. Nic sit by die kombuis tafel met 'n klomp papierwerk.
"Ek gaan nog 'n ruk besig wees. Ek sal op die bank slaap."
"Dis nie nodig..."
"Die lig gaan jou net pla. Buitendien, jou lyf gaan more stywer wees as jy op die bank slaap." Melinda wil nog stry maar gaan klim tog in die bed.
Nic spoor Arion vinniger aan. In die verte sien sy die beeste in die lusern lande wei. Johan en een van sy werkers probeer die beeste terug jaag en slaag amper daarin. Nic klim van Arion af en vergeet vir 'n paar oomblikke van Melinda wat ook nou van haar perd afklim. Johan glimlag spotted.
"Middag, Nic." Nic frons, hy vind dit waaragtig snaaks.
"Hierdie is nie 'n restaurant nie. Jou verdompde beeste gaan volgende keer steak word as hulle dit nie in hulle koppe kry nie, Van Rensburg."
"Dit gaan die lekkerste steak wees wat jy nog ooit geëet het."
"Hmm." Sy glimlag smalend en draai na die lusern lande. Danny het meeste van die beeste terug gejaag.
"Middag, Danny." Hy knik en tik die punt van sy hoed. Sy hurk by die lyn draad en begin dit herstel.
"Jy weet jy hoef nie elke keer die lyn draad te herstel nie."
"Wie anders gaan dit doen?"
"Ek en Danny kan die draad herstel. Net so goed soos jy, selfs beter."
"Ouch." Mompel Melinda wat nog steeds eenkant staan. Nic staan op.
"Ekskuus? Herhaal gou weer wat jy gesê het. Ek kon sweer jy het gesê jy kan 'n draad beter herstel as ek." Nic glimlag asof sy dit nie kan glo nie. "Ek sien jou oor 'n maand by die skou, Van Rensburg." Haar stem is koud en haar oë lyk soos twee groen vure. Sy draai om en klim op Arion. Sy draai na Melinda.
"Kom jy Melinda?" Melinda glimlag skeef en klim op haar perd.
Johan glimlag en skud sy kop. Hy begin die draad herstel.
"Jy het hom lekker op sy plek gesit, Nic." Lag Melinda. Nic knik net. Sy gaan hom nog wys. Oor bietjie meer as 'n maand gaan sy hom wys van watter staal sy gemaak is. Verbeel jou, hy kan kamtig 'n draad beter herstel as sy. Sy lag en Melinda kyk haar vraend aan.
Die dae gaan vinnig verby. Sy leer die tweeling perd ry en Johan en Anita gaan gereeld piekniek hou saam met die kinders. Nic spandeer haar naweke saam met die kinders en as hulle besig is ry sy en Arion lang ente.
Nic is net besig om Arion te roskam toe Michael nader gestap kom. Sy wag hom in.
"Is jy reg vir more?"
"Dis 'n skou Michael, nie 'n skool konsert nie." Sy glimlag.
"Jy's seker reg."
"Ek's altyd reg." Michael lag.
"As jy so sê." Nic glimlag. Hulle stap in die rigting van die berg. Nic frons ingedagte en draai dan na Michael.
"Sê my gou, wie se idee was dit om lusern aan die weste kant van die plaas te plant?"
"Aanvanklik was dit een van die werkers sin, later het ek die idee laat posvat. Hoekom?"
"No offense maar, jy was 'n blady idioot."
"Ehh... uhm..."
"Dis nie nou tyd vir oerwoud geluidjies nie. Dis amper tyd vir aandete jy moet by die huis kom."
"En jy?"
"Ek het 'n berg om te klim en papierwerk wag vir my by die huis. Sê vir Melinda ek gaan laat wees. Sy sal weet wat om te doen."
"Sien jou dan more." Sy knik en kyk hom agterna terwyl hy wegstap. Dan draai sy weer na die berg en begin klim. Sy klim tot heel bo en kyk hoe die son die horison verkleur voordat sy weer af klim. Teen die tyd wat sy onder is, is dit al skemer. Sy stap rustig huis toe. Op die stoep haal sy die sleutel uit die blom pot uit en sluit die deur oop. Sy stap na die kamer en merk dat Melinda al slaap. Sy trek die deur toe en sit die kombuis lig aan. Sy maak vir haar 'n koppie koffie en gaan sit by die tafel waar die papierwerk nog net so lê soos wat sy dit vanmiddag gelos het.
Nic word wakker, met 'n kop seer, toe iemand haar aan haar skouer skud. Sy gaap en kyk om haar rond.
"Jy het alweer by die tafel aan die slaap geraak." Michael glimlag en hou die koppie koffie en aspirien na haar.
"Net wat ek nodig het." Sy kyk op haar horlosie. "Dis al ses uur."
"Wat daarvan?" Melinda kom die kombuis ingestap.
"Sy staan vroeër op. Sy laat nie toe dat die son haar in die bed vang nie." Michael glimlag en skud sy kop liggies.
"Nou toe, jy moet nog aantrek, eet en seker maak Arion is gemaklik in die trailer."
"En ek moet gaan kyk dat my spog ram gereed is en ek moet..."
"Ok, ek kry die idee jy het baie goed om te doen voor agt uur." Hy glimlag. Nic staan op en stap na haar kamer. Sy kyk twee keer deur haar klerekas voordat sy op een van haar groen tank tops besluit en 'n blou jean. Sy loop deur na die badkamer en stort vinnig. Nadat sy aangetrek het gaan staan sy voor die spieël met die skêr in haar hand. Na 'n paar sekondes girts girts die skêr toe sy begin sny. Sy stap met haar skoene in haar hand sitkamer toe. Michael staan voor die stoof, besig om mieliepap te maak. Melinda kom van die stoep af ingestap.
"Jy lyk..."
"Soos ek elke dag lyk." Val Nic haar in die rede met 'n glimlag.
"Nee, daar's net 'n iets wat ek nog nie by jou opgemerk het nie. Ek's net nie seker wat nie. Michael, stem jy nie saam nie?" Michael kom staan langs Melinda.
"Ja, dis asof jy meer kompeterend lyk. Dit straal letterlik uit jou uit."
"Nou is julle verspot. Altwee van julle, gaan bemoei jy jou met die mieliepap," sy beduie na Michael en draai dan na Melinda, "en jy..."
"Ek het dit. Dis die kuif, die kuif laat jou oë straal." Melinda glimlag.
"Jy lyk blady aantreklik so..." Roep Michael van die kombuis af.
"Jy het 'n verloofde Michael."
"Dis nie 'n kompliment nie, ek praat net die waarheid. Jou swart jean pas beter."
"Is jy nou 'n fashion guru?" Mompel sy, sy gaan trek in elk geval die swart jean aan. Sy kyk in die vol lengte spieël in die badkamer en glimlag ingenome.
Michael is reg, die swart jean pas beter en die kuif pas my. Sy stap terug kombuis toe waar Melinda besig is om vir hulle in te skep. Michael eet sy pap vinnig klaar en staan dan op.
"Ek sal julle later sien." Hulle groet en dan is hulle alleen. Nic drink nog 'n koppie koffie en stap dan vinnig na waar die trailer staan.
Nuwe man staan en wag vir haar.
"Môre, Nuwe man."
"Môre, nooi. Amper alles is reg. Ons moet net die nooi se pêrre laai en die ram regkry."
"Dis goed so, Nuwe man."
'n Half uur later is amper alles op Nic se lys afgehandel. Sy draai na Nuwe man.
"Nou moet ons net vir Arion laai en dan moet ons gou die lyn drade gaan ondersoek."
"Samson het klaar die lyn drade gaan ondersoek nooi. Hy sal nou enige oomblik hier wees." Sy knik.
"Ek gaan nou na die baas se huis stap. As julle my soek sal ek daar wees." Nuwe man knik en sy stap hastig weg. Dis al klaar tien oor sewe. Hulle ry half agt. Kwart oor sewe kom sy by die huis aan. Sy stap deur die huis na die kombuis waar Michael, Anita en oom Jan staan en gesels. Oom Jan staan dadelik nader.
"Môre, Nicky-kind. Ons het nou net gewonder waar jy is." Anita groet vriendelik.
"Ons moet seker in die pad val." Merk Michael, tien minute later, op.
"Ja." Stem oom Jan saam.
"Ek moet gou gaan kyk hoe dit met Arion gaan, ek ry sommer saam met Nuwe man." Hulle knik en groet. Nic draf-stap na die stalle. Nuwe man was net oppad om in die bakkie in te klim toe sy langs die bakkie gaan staan.
"Ek ry sommer saam, Nuwe man." 'n Paar minute later val hulle in die pad. Nic staar by die venster uit diep ingedagte toe die bakkie gaan staan.
Sy sug sag en klim uit. Sy maak die enjinkap oop na 'n ruk draai sy na Nuwe man wat sy ou hoed tussen sy hande hou.
"Ek weet waar die probleem lê, maar dit gaan 'n ruk vat om reg te maak." Sy haal haar pet af en vee oor haar voorkop. Dis vroeg warm. "Nuwe man, ek gaan maar vir Arion opsaal en na die skou gronde ry. Jy moet maar vir my beduie."
Terwyl sy Arion opsaal probeer Nuwe man sou goed as moontlik beskryf waar die skou gronde is. Teen die tyd wat Arion opgesaal is het Nuwe man vir haar 'n pad kaart uit die bakkie gaan haal en beduie waar die skou gronde is. Sy knik en druk die padkaart in haar broek sak.
"Maak maar seker daai verdomde beeste vreet nie weer my lusern op nie. Nou ja, sien jou dan later Nuwe man." Hy knik. Nic klim op Arion en ry weg.
Michael hou die pad bekommerd dop. Dis nou al na agt en daar is nog geen teken van Nic of die trailer nie. Anita haak by hom in.
"Sy sal nou hier wees." Michael knik. Anton praat iewers agter hom.
"Michael, wat moet ek van oom Jan hoor." Michael glimlag en draai om.
"Hi, Anton. Wanneer het jy terug gekom van vakansie?"
" 'n Week of twee terug. Wat hoor ek, jy is verloof?"
"Ja. Anita dis Anton Le Roux."
"Aangename kennis, Anton." Anita glimlag vriendelik.
"Inderdaad."
"En daai rooi koppie van jou."
"Sy werk nog al die tyd vir my."
"Dis 'n verrassing. Skewe doring het baie werk. Nuwe man is nie die beste persoon om vir meer as drie jaar na die plaas om te sien nie." Michael praat nog 'n ruk met Anton en 'n paar ander mense voordat hy na oom Jan stap.
"Hulle moes al lankal hier gewees het, oom Jan."
"Ja, die bakkie gee seker moeilikheid. Ek het jou al lankal gesê daai bakkie moet voertsek van die plaas af." Michael glimlag en skud sy kop. Hy gaan staan langs Anita wat ook nou die pad bekommerd dop hou. Sy haak by hom in en leun teen hom. 'n Stof wolkie slaan in die pad op.
"Is dit..."
"Nic op Arion. Natuurlik." Michael glimlag skeef.

Bosveld Paradys Where stories live. Discover now