Hoofstuk 9

10 1 0
                                    


Nic klim langs Nuwe man in.
"Nou kan ons maar gaan."
"Uiteindelik." Mompel Nuwe man glimlaggend.
"Pretoria hier kom ons." Hulle lag. Die rit na Pretoria voel vir Nic korter as twee ure. Toe hulle eindelik voor 'n groot gebou stil staan word Nic se geluk gedemp.
"Ek sal jou bel as ek hier klaar is, jy moet maar iets kry om die tyd om te kry." Hy knik en ry eers weg toe die deure agter Nic toe gaan. Nic stap na die sekretaresse.
"Nic Pieterse. Ek het 'n afspraak met dokter Scheffer."
"U sal 'n paar minute moet wag." Sy glimlag en knik. Sy gaan sit op die naaste stoel. Die volgende tien minute voel soos 'n ewigheid. Die sekretaresse moet twee keer praat voordat sy luister.
"U kan maar deurgaan, juffrou Pieterse." Sy staan op en maak die deur agter haar toe.
"Nic, lank laas gesien. Hoe gaan dit?"
"Hello, Malan. Dit gaan goed."
"Kom sit en vertel my wat is die probleem."
Sy vertel hom van die episode by die skou. Hy ondersoek haar oë vlugtig en skryf iets op 'n papier neer. Hy gaan sit weer op die punt van die lessenaar.
"Nic, ek het nie goeie nuus nie." Hy sug swaar. 'n Paar minute later kyk hy hoe Nic, met haar skouers geboë, die spreekkamer uitstap.
Nic stap na die naaste kaffee en bestel 'n sterk koppie koffie. Sy staar by die venster uit terwyl sy die koffie tydsaam drink. Sy betaal en verlaat die kaffee. Sy gaan sit op 'n bankie in die park oorkant die spreekkamers en haal haar foon uit haar sak uit.
"Nuwe man... Ja jy kan my maar kom haal...Ek sal jou later vertel." Tien minute later hou die bakkie voor die spreekkamers stil. Nuwe man sien die klein figuur op die bankie in die park en stap nader. Hy gaan sit langs haar. Hy praat nie, hy vra nie uit nie. Hy sit net daar, met sy hand op haar skouer.
"Ons moet seker ry." Mompel sy en staan op. Nuwe man staan op en stap stil langs haar na die bakkie. Hulle ry in stilte terug. Telkens draai hy sy kop na die klein figuur wat styf teen die deur sit. Hy kry haar jammer maar sy is 'n sterk, onafhanklike mens sy gaan geen simpatie duld nie.
Hy laai haar by haar huis af en trek die bakkie in die garage in. Hy sit die sleutels op die kas neer en stap na sy huis.
Nic staan op die stoep en kyk Nuwe man agterna totdat sy hom nie meer kan sien nie. Sy stap tydsaam na die berg en begin klim. Sy klim totdat sy aan die bopunt van die berg kom. Sy kyk 'n lang ruk oor die plaas voordat sy die enkele traan wat oor haar wang loop, afvee. Sy begin afklim en gaan staan 'n ruk by die swem gat voordat sy verder afklim. Die res van die dag gaan soos 'n droom verby. Sy eet wanneer sy honger is en sy gaan slaap wanneer sy moeg is. Die volgende oggend lê sy 'n lang ruk in die bed en staar na die plafon voordat sy na die bril langs haar bed reik. Sy stap stadig na die badkamer. Sy stort, sy trek aan en maak vir haar iets om te eet. Sy gaan staan 'n ruk op die stoep en kyk hoe die son opkom. Net voor sewe stap sy na die stalle. Sy huiwer 'n ruk by Arion se stal voordat sy hom opsaal. Sy ry op 'n vinnige gallop na die kantoor waar 'n paar werkers reeds wag. Na nog 'n paar minute is al die werkers daar. Sy onthou nie eers wat sy alles gepraat het nie. Nuwe man het net geknik en hulle het aan die werk gespring. Net na tee tyd, ry sy en Nuwe man na die lusern lande waar een van Johan se beeste deur gebreek het. Nuwe man jaag die bees terug en Nic begin outomaties die lyn draad herstel. Sy kom nie eers agter Johan skuins voor haar gaan staan nie sy hand op hare rus. Sy kyk op in sy oë.
"Wat's fout?" Van haar ou geesdrif kom terug.
"Dit het niks met jou te make nie, Van Rensburg." Sy skud sy hand van hare af en staan op. "Ons kan maar gaan Nuwe man." Sy draai om en stap na Arion. Sy ry weg en weet nie eers waar sy is voordat Arion by die bergstoom stil hou nie. Sy klim af en leun teen Arion. Sy ignoreer die perde pote. 
Nic..." Sy skud haar kop liggies. Nuwe man gaan staan langs haar. Sy draai na hom.
"Wil jy my maar nie vertel nie?" Na 'n lang ruk antwoord Nic sag.
"Hulle wil opereer, Nuwe man."
"Wanneer?"
"So gou as moontlik. Die spesialis kom einde Desember. Net na baas Michael en Anita se troue gaan ek Pretoria toe." Nuwe man sit sy arm om haar skouer. "Jy was 'n dierbare vriend die laaste paar dae, Nuwe man."
"Nooi sal my weer sien. Dis nie die einde nie."
"Daar is 'n een uit 'n honderd persent kans dat ek jou weer sal sien, Nuwe man."
"Dan moet ons maar net bid en aan daai een persent glo." Hy glimlag en sy glimlag terug en vir die eerste keer in agt maande sien Nuwe man trane in Nic se oë.
Die volgende paar dae gaan vinnig verby. Nic probeer vrolik wees maar slaag nie altyd daarin nie. Sy gaan eet somtyds nog by Michael hulle maar nie meer so baie as gewoonlik nie. As sy daar gaan eet los sy die bril by die huis of sy sit dit in haar sak. More oggend ry Anita en die kinders weer.
Nic sluit die deur en begin aanstap na Michael se huis. Dis ou kers aand en Anita en Maria het 'n spesiale ete gereël vir hulle.
Op die stoep sit sy die bril in haar sak voordat sy na die sitkamer stap waar hulle gewoonlik is. Dis 'n vrolike klompie wat in die sitkamer sit en gesels. Oom Jan is besig om 'n paar ou plate uit die kas uit te haal en Michael is besig om die koffie tafel eenkant toe te skuif en die banke word ook agter toe geskuif. Nic staan 'n ruk in die deur na die vrolike klomp en kyk. Oom Jan kry uiteindelik wat hy soek en sit die plaat aan. Vrolike musiek vul die vertrek. Michael steek sy hand na Anita uit. Hulle begin dans. Nic hoor die voordeur oopgaan maar steur haar nie daaraan nie. "Dis iets wat jy nie elke dag sien nie." Johan glimlag. Nic knik net. "Wil jy dans?" Hy hou sy hand na haar uit. Hy sien hoe sy huiwer en vat haar hand. "Ek vat nie nee vir 'n antwoord nie." Sy glimlag en hulle begin dans. Hulle dans verby Michael en Anita wat net oë vir mekaar het. Oom Jan glimlag toe hy haar sien. Nic geniet die paar minute, wat sy saam met Johan dans, veel meer as wat sy aan haarself wil erken.
"Ek het nie geweet jy kan so goed dans nie." Merk Johan op toe die musiek eindig.
"Jy dans ook glad nie te sleg nie, Van Rensburg." Hulle lag saggies.
Na dat hulle nog drie keer gedans het, stap hulle na die eetkamer. Johan gaan sit oorkant haar en telkens rus sy oë op haar. Nadat hulle geëet het drink hulle koffie in die sitkamer. Hulle dans nog 'n paar keer en toe die tweeling begin gaap wil Anita opstaan om hulle bed toe te vat maar Nic keer.
"Dans jy en Michael maar ek sal hulle bed toe vat." Anita glimlag dankbaar. Dirk en Dawie stap saam met haar na die stoep kamer. Nadat hulle slaapklere aangetrek het en tande geborsel het klim hulle in die bed.
"Nag, tannie Nic." Mompel hulle vaak.
"Lekker slaap, seuns." Sy glimlag en druk 'n piksoen op hulle voorkoppe. Sy staan op en kyk af op die tweeling wat vas aan die slaap is. Toe sy omdraai staan Johan in die deur. Sy beduie dat hy moet stil bly. Hy glimlag net. Sy sit die lig af en maak die deur toe.
"Jy sal eendag 'n goeie ma wees."
"Ek het daai een al gehoor." Hy glimlag. Hulle stap terug sitkamer toe. Melinda staan op en wens elkeen 'n goeie nagrus toe en stap na die stoep kamer. Die laaste week slaap sy al in die stoep kamer. Later maak Oom Jan en Anita ook verskoning. 'n Paar minute later staan Nic ook op om te loop. Op die stoep sit sy eers haar bril aan voordat sy rustig aanstap. 'n Ent van die huis af hoor sy haastige voetstappe. Johan val langs haar in. Nic frons.
"Wat doen jy?"
"Ek stap saam met jou huis toe."
"Hoekom?"
"Want dis donker en onveilig." Sy glimlag, draai om en begin na sy bakkie stap.
"Wat maak jy?"
"Ek stap saam met jou na jou bakkie. Jy is duidelik bang vir die donker." Hy lag saggies.
Hulle stap in stilte na sy bakkie hy gaan staan by die deur.
"Wat nou?" Hy glimlag.
"Ek wag."
"Vir wat?"
"Vir 'n nag soentjie." Sy lag en leun nader en fluister in sy oor.
"Jy gaan lank wag."
"Ek sal vir altyd wag."
"Vir altyd is 'n lang tyd." Waarsku sy.
"Nie as ek vir jou wag nie." Hy glimlag.
"Ek dink jy het te veel gedans." Sy glimlag en hou die bakkie se deur vir hom oop. Hy skud sy kop glimlaggend en klim in. Voor hy die deur toe maak kyk hy vir 'n lang ruk na haar en haal iets uit sy sak uit. Hy sit dit in haar hand.
"Vir wat is dit?"
"Dis ou kers aand Nic. Ek het nie 'n rede om dit vir jou te gee nie. Lekker slaap, Nic."
"Jy ook, Johan en... dankie." Hy glimlag. Sy kyk die bakkie agterna. Toe sy by die huis kom gaan sit sy by die kombuis tafel. Sy staar lank na die dosie voordat sy dit versigtig oopmaak. Sy trek haar asem sag in en haal die pragtige halssnoer uit met die enkele silwer pendant aan die dun silwer toutjie.Sy staar lank daarna voordat sy dit versigtig in haar juweel boksie sit en in die bed klim. Sy lê lank wakker voordat sy eindelik aan die slaap raak.
Die volgende paar weke gaan vinnig verby. Nic is die volgende paar dae vroliker maar sy werk harder party middae werk sy selfs deur middagete.
Nic maak die deur agter haar toe en sit die sleutels op die kas neer. Sy kan nie onthou wanneer laas sy so moeg gevoel het nie. Haar oog val op die papierwerk op die tafel en sy sug. Sy maak vir haar 'n koppie koffie en gaan sit by die kombuis tafel. Dis nog vroeg, sy sal teen agt uur klaar wees, hopelik.
Iemand skud haar liggies aan haar skouer en sy maak haar oë lui oop en gaap voordat sy weer op haar arms terugsak. Sy hoor vaagweg Johan se stem.
"Jy kan nie op die tafel aan die slaap raak nie, Nic."
"So...moeg..." Prewel sy.
"Ek weet, skat. Daarom moet jy op die lekker sagte bed gaan lê. Jy gaan more oggend 'n kopseer hê as jy op die tafel slaap." Hy tel haar versigtig op en stap na die kamer. Hy skuif die laken opsy en lê haar versigtig neer voordat hy die laken oor haar trek. Hy druk 'n soen op haar voorkop en stap dan na die sitkamer. Hy sit die sitkamer lig af en skakel Michael se nommer. Hy praat 'n paar minute lank met hom voordat hy af lui. Nadat hy die deur gesluit het en al die ligte afgesit het gaan sit hy in die sitkamer.
Toe Nic die volgende oggend wakker word stap sy kombuis toe. Terwyl sy vir die ketel wag om te kook staar sy by die venster uit. Sy kon sweer Johan was gisteraand hier maar sy kan nie presies onthou hoekom nie.
"Blady kopseer." Mompel sy. In die sitkamer gaan staan sy. Sy skud haar kop liggies en stap na haar kamer. Sy haal 'n kombers uit die kas en stap weer terug sitkamer toe. Sy gooi die kombers oor Johan en gaan sit in die leunstoel. Sy drink haar koffie tydsaam voordat sy opstaan om te gaan aantrek. Toe sy in die kombuis kom staan Johan voor die ketel besig om koffie te maak.
"Môre, jy's vroeg op?"
"Nie eintlik nie, ek begin sewe uur werk." Sy maak haar skoen veter vlugtig vas.
"Jy gaan nie vandag werk toe nie."
"Ekskuus?"
"Ek het met Michael gereël, jy gaan vandag die hele dag rus. Jy is doodmoeg, enige aap kan dit sien. Jy haan nie stry nie." Hy hou 'n koppie na haar uit. Sy skud haar kop liggies en vat dan die koppie koffie.
"Mansmense." Mompel sy en begin sitkamer toe stap.

Bosveld Paradys Where stories live. Discover now