Hoofstuk 10

8 1 0
                                    


Nic klim van Arion af en maak hom aan die paal vas.
"Ek is nou terug, Arion." Sy stap hastig die koöperasie binne.
"Môre, Gert. Het jy die spuit wat ek bestel het?"
"Môre, ja. Dit het gistermiddag gekom." Hy glimlag en stap na die stoorkamer. Nic se vingers trommel ongeduldig op die toonbank. Gert kom uit die stoorkamer met 'n sakkie. Sy betaal en groet.
Sy pak die sakkie in die saal sak en klim op Arion. Sy ry vinnig na die blomme winkel. Anita wag vir haar in die deur.
"Jy's laat en ek moet jou iets vra."
"Is dit al? Ek is ook 'n mens. Gewoonlik begin 'n mens met; 'hello, hoe gaan dit?' maar duidelik lyk ek soos wikipedia." Anita glimlag.
"Môre."
"Ek moes 'n draai by die koöperasie maak. Wat wil jy weet?" Anita verduidelik en hulle begin deur die rye blomme stap.
"Ek verstaan nog steeds nie hoekom ek jou moet help besluit watter blomme gebruik moet word vir die troue nie. Ek is nie juis iemand wat ruikers ken nie." Anita glimlag en tel 'n wit angelier uit 'n vaas uit.
"Jy het 'n oog vir mooi blomme en jy is 'n perfeksionis."
"Wat het dit met die saak te maak? Ek erken ek hou van tuin maak maar dit beteken nie ek ken elke blom in my tuin se naam nie." Anita lag saggies. "Wat van hierdie pers, wat ook al dit is, blomme."
"Dis lavender, Michael is allergies vir lavender."
"Allergies se voet, mansmense is net vol fiemies."
"As jy eendag trou gaan jy dalk anders praat."
"Vir wat sal ek nou gaan staan en trou. Hulle is genoeg van 'n oorlas op 'n afstand, dink net ék, wat elke dag tussen skape en koring is, staan voor die stoof besig om kos te maak vir my man..."
"Moenie die kinders vergeet nie." Nic lag.
"Die stof besmeerde kinders wat nog kieskeurig is oor wat hulle eet. Nee dankie, ek gaan maar 'n ou jong nooi word. Mans is net ekstra bagasie." Anita lag. Hulle stap verby 'n bankie.
"Kom ons sit eers 'n rukkie ek is nou so moeg gestap." Anita lag. Nic draai na 'n vaas vol blomme. Hulle het skaars drie rye op geloop en Anita is klaar moeg.
"Nie 'n goeie teken nie." Mompel sy.
"Ekskuus?" Sy draai terug na Anita.
"Niks, praat maar net met myself." Sy glimlag. Anita rus 'n paar minute voordat hulle weer verder stap.
Nic gaan staan by 'n vaas vol geel en wit blomme.
"Wat van hierdie?"
"Ag, dis sommer net veld blommetjies." Nic knik en stap aan. Teenoor 'n roos lyk veld blommetjie eenvoudig.
"Al die bohaai oor 'n ruiker. Nee, veldblommetjies lyk vir my na die beste wed. En hulle is verniet." Sy glimlag. Anita lag.
Nic is so diep ingedagte Anita moet haar aan die skouer tik voordat sy registreer. Sy wys na 'n paar blomme. Nic luister met 'n halwe oor na wat Anita sê.
"Nic, ons kan maar gaan." Nic knik en stap na buite. By Anita se kar gaan staan hulle.
"Ek sal jou bel as ek jou weer nodig het." Hulle gesels nog 'n rukkie voordat Anita verskoning maak en ry. Nic stap tydsaam na Arion.
Nic klim op Arion en ry na die berg stroompie. Sy gaan sit op 'n groot klip 'n ent van die water af.
Die troue is oor 'n week en sy het nog nie vir Michael vertel van die operasie in Januarie nie. Sy sug en laat sal haar kop op haar hande.
" 'n Pennie vir jou gedagtes." Sy skud haar kop.
"Niks waarmee jy kan help nie, Van Rensburg." Mompel sy.
"Jy weet nooit, miskien kan ek tog help."
"Jy sal nie verstaan nie."
"Watter man verstaan hoe 'n vrou se kop werk?" Sy glimlag. "Haar hart nog minder."
"Dis darem nie so eenvoudig soos hart sake nie." Die hartseer trekkie op haar mond ontgaan Johan nie. Hy gaan sit langs haar. Nic staar niksseggend na die helder water.
"Kan ek jou iets vra?"
"Vra is vry." Nic huiwer 'n paar sekondes.
"As daar dalk eendag iets gebeur met my..." Hy frons.
"Hoe bedoel jy?"
"Dis 'n teoreties vraag, as daar dalk iets met my gebeur, sal jy vir Michael op die plaas uithelp?"
"As iets gebeur sal ek hom uithelp waar ek kan. Beplan jy om een of ander tyd iets oor te kom?" Nic antwoord nie die vraag nie, skud net haar kop liggies. Na 'n lang ruk staan Nic op.
"Verskoon my, ek moet gou iets gaan afhandel." Nic klim op Arion en druk haar hakke liggies in sy sye. Johan frons en skud sy kop liggies.
Nic saal Arion vinnig af en draf-stap na Michael se huis. Oom Jan sit gemaklik op die stoep.
"Is Michael hier, oom?"
"Ek dink hy's in die studeerkamer, kind." Nic stap deur die huis na die studeerkamer. Michael kyk op toe sy die deur agter haar toe maak.
"Middag Nic. Hoe kan ek help?" Nic gaan sit op die stoel oorkant hom. Sy begin onseker verduidelik.
Toe sy klaar verduidelik het is Michael stil. Hy is diep ingedagte toe Nic stil opstaan en buite toe stap. Sy loop verby die stalle, die dammetjie en die berg toe sy eindelik gaan staan, is haar voete moeg gestap. Sy is glad nie verbaas nie sy het al die pad tot by die lusern lande geloop. Sy gaan sit op 'n klip vir 'n ruk en stap dan na die stalle sy saal Arion vinnig op.
Nic druk haar hakke liggies in Arion se sye. Sy glimlag toe die wind haar hare deurmekaar waai. Nie ver van die lyn draad nie sit 'n paar mossies in 'n plas water en speel. Haar glimlag verdwyn toe dit dof word voor haar oë. Arion runnik maar voor sy kan uitvind wat dit beteken word sy uit die saal gegooi toe Arion skielik runnik en op sy agterpote gaan staan. Haar skouer tref iets hard toe sy op die grond land. Vir 'n ruk lê sy net so met haar oë toe totdat die pyn bedaar. Sy probeer regop kom maar 'n dowwe pyn skiet deur haar skouer.
"Donnerse oë." Mompel sy. Arion proes en kap sy poot teen die grond.
"Gaan maar huis toe, Arion. Ek is nou nou weer perd fris." Arion trippel rond en bly net waar hy is. Sy sug sag. Na 'n lang ruk probeer sy weer regop kom maar besluit dis beter om net stil te lê.
Na 'n ruk vee sy weer oor haar oë en hoor nie die aankomende voetstappe nie.
"Nic, aikona het die pêrre die nooi afgegooi?"
"Ag, Nuwe man Arion sal my nooit afgegooi kry nie, behalwe as ek nie kan sien nie en ongelukkig is dit die geval." Nuwe man hurk langs haar en skud sy kop.
"Kom ek help jou regop." Hy help haar op regop te sit en na 'n ruk staan sy op met sy hulp. Sy vryf oor haar seer skouer. "Jy moet nie weer alleen gaan ry nie. Dis gevaarlik kyk nou net wat het gebeur. As ek hoor jy het weer alleen gaan ry draai ek daai nekkie van jou om. Is dit baie seer?"
"Dit voel asof elke been in my liggaam gebreek is behalwe my nek, wat jy so graag wil omdraai." Nuwe man lag.
Arion runnik. "Ek het jou mos gesê jy moet huis toe gaan." Nic glimlag skeef.
"Dis as gevolg van Arion dat ek jou hier gekry het. As ek hom nie hier sien staan het nie sou ek nooit kon raai die nooi lê hier nie."
"En waar is hiér?"
"Naby die berg." Nic frons.
"Ons moet maar begin aanstap huis toe. Dis nou nou donker." Sy steek haar hand voor haar uit. Nuwe man lag.
"Ek sal Arion lei, ons moet jou net op hom kry." Na 'n gesukkel it Nic bo op Arion. Nuwe man vat die leisels en begin aanstap. Arion volg gehoorsaam.
Na 'n ruk se stilte begin Nic praat.
"Ek het vir Michael vertel Nuwe man." Nuwe man is 'n rukkie stil.
"En wat het hy gesê?"
"Hy het niks gesê nie net ingedagte voor hom uitgestaar.Ek sal seker môre of vannand van hom hoor." Nuwe man knik.
Na 'n lang ruk hou Arion stil. Nic klim stadig af.
"Pasop die trappies hier " Nic glimlag skeef. "En die pot plant hier so regs." So gaan Nuwe man aan totdat Nic op die bank in die sitkamer sit.
"Ek sal verder regkom Nuwe man."
"Is jy seker?" Nic knik net. "Nou goed, ek sal maar vir Arion stalle toe vat." Sy luister na die voetstappe totdat sy dit nie meer kan hoor nie. Sy weet nie hoe lank sy gesit het voordat sy weer kon sien nie, maar sy skat omtrent 'n half uur of meer.
Die troue kom al nader en Anita bel meer en meer vir hulp. Haar trou rok is gemaak, meeste van haar meubels is al oorgeskuif na die huis. Melinda se strooi meisie rok is gemaak.
Nic klop hard aan die deur.
"Anita, maak oop."
"Wat, wat's fout? Is dit iets te doen met die troue?" Nic lag en skud haar kop.
"Jy gaan nou gewillig saam met my kom of ek gaan geforseer word of jou te ontvoer."
"Ok, maar waarheen gaan ons?"
"Dis 'n verrassing. Nou kom, anders is ons laat." Nic glimlag en stap hastig na die bakkie. Sy haal 'n das uit die bakkie en bind dit om Anita se oë. "Pasop die trappie." Anita is bly sy kan nie sien hoe vinnig Nic ry nie.
"Moet ons nou net nie gaan staan en verongeluk nie. Ek trou oor twee dae en ek kan nie in die hospitaal gaan staan en trou nie." Nic lag net. Na twintig minute parkeer Nic die bakkie in die garage. Sy help Anita uit die bakkie en hulle stap na die agter deur.
Nic maak die agterdeur oop en lei Anita na die sitkamer. Sy haal die das van Anita se oë af.
"Welkom na jou henne party." Melinda glimlag.
"Dit gaan net ons drie wees en daar is genoeg vonkelwyn vir julle twee. Ek moet later weer gaan werk." Anita glimlag.
"Julle is dierbaar."
"Geen trane nie, nou kom ons het 'n fortuin betaal vir al die geskenke jy beter dit waardeer." Waarsku Melinda. Anita lag saam met hulle. Melinda sit die radio aan. Die middag gaan vinnig verby en toe Nic op haar horlosie kyk is dit al kwart voor twee.
"Ouens ek moet gaan, ek kan nie soos die res van julle hier sit nie."
"Die werk wag." Melinda lag. Nic glimlag net en stap na die stalle.

Bosveld Paradys Where stories live. Discover now