Dit als begin toe my ma, my pa ontmoet het, hulle het verlief geraak en hulle het vir my gekry. Hi ek's Karla en my lewe dit is noggals 'n gemors.
Ek het groot geword in 'n dorpie met die naam Worcester. Ek so pas Matriek klaar gemaak en my Vriende het geding dit sal cool wees as ons na ''Die Parkie'' toe gaan. Die dinge wat ek nie geweet het nie was dat die parkie spook. En dan ook nog ek nie geweet dit sal my laaste dag van lewe wees.
Lang storie kort toe die son besig was om te sak maak ek reg om saam my vriende te gaan. Net soos wat ek by die huis wil uit stap vrae my ouers my waareen gaan ek. Al wat ek gese het is ons gaan loep uithang. Ek se vir hulle baai en dat ek is lief vir hulle.
By die tyd wat ons by die parkie kom kry ek die gevoel dat ons moet om draai. Maar so nuuskierig soos wat ek is wil ek weet wat daar binne is. So, ek agter volg hulle.
Maar net soos wat ek by die parkie in stap kry ek die gevoel iemand kyk vir my. Snaakse ding is, soos wat ek om my kyk sien ek niemand behalwe my vriende.
Soos wat ons die parkie ondersoek dink my vriende dis snaaks genoeg om my daar alleen te los. Ja ek was bang, maar wat is avontuur sonder banggyt.
Maar dit was nie lank voordat ek begin gegiggels hoor. Ek bly soek vir die gegiggels maar ek kry niks. Toe uit die bloute hoor ek 'n ou kraak, soos die kraak van ou metaal wat draai.
Uit my nuuskierigheid uit wou ek weet wat die geluid maak, net soos wat ek om die boom loop sien ek 'n ou rondomtalie. En julle sal nie glo, die gegiggels kom van die ding.
Soos wat ek nader stap kry ek die gevoel van ek moet terug gaan en op die selfde tyd kry ek weer gevoel iemand hou my dop maar die keer kyk hulle dwars deur my.
Net soos wat ek wou om draai en weg loop, gryp iets my en dit sleep my reguit na die rondomtalie, ek skreeu vir help,ek gryp aan als wat ek kan om net myself te maak stop beweeg, maar net soos wat ek onder die rondomtalie getrek word raak als swart.
Die volgende oggend, toe word ek wakker langs die rondomtalie. Ek het geweet ek het genoeg gehad van die plek en ek mis my ouers. Soos wat ek by die parkie uit stap, kry ek die gevoel ek moet bly want dit is waar ek behoort en ook dat iets gaan gebeur.
Maar soos julle my al ken ek warri nie ek wil net huis toe gaan. Oppad huis toe, ry daar klomp polisie karre verby my oppad na die parkie, die snaakse ding is, ek was nou net daar en niks het verkeerd gelyk.
net soos wat ek by ons hek instap besef ek eers die polisie kar wat voor ons huis staan. Soos wat ek na die voordeur stap staan dit effens oop. Net soos wat ek die deur wil weier oop maak hoor ek my ma gil en huil, soos wat ek vinnig in loop is altwee van my ouers op die vloer op hulle kniee, my pa het sy eie trane in sy oe.
Ek was geskok my pa huil nie sommer net nie, behalwe as dit ek is of oor my gaan. Toe sien ek my ma hou iets vas. Dis al my goed wat ek gister op my gehad het. Ek probeer so hard om hulle aandag te kry maar dis asof hulle my nie kan sien of hoor.
Maar toe tref als my soos 'n bom, my vriende wat gedink het dit was snaaks om my daar alleen te los, die gegiggel en die ou rondomtalie.
Toe hoor ek iemand my roep maar ek kani verstaan wie dit is, want dit was nie my ouers nie. Uit die bloute verskyndaar 'n lig lanks my en dit beteken net een ding ek was dood. Nou weet ek hoekom al daardie polisie karre oppad parkie toe gejaag het.
Ek het trane van my eie want, wat van my ouers. Ek wou nie my ouers so verlaat maar die lig het gese dit is tyd en dat ek hulle weer sal sien eendag. En ek het die stem geglo.
Soos wat ek die lig binne 'n groter lig volg,sien ek iets wat ek nooit gedink het ek sal sien. Dis net lig, lig oorals waar jy kyk, nie een donkerte nie.
En net soos wat ek verder wou gaan, hoor ek die stem weer en soos wat ek om draai sien ek 'n man met vlerke. Hy het my rond gewys en julle sal nie glo wat ek die meeste van gehou het nie, hulle noem dit die 'Dam van Familie'. Jy kan letterlik jou in dit sien, maar ek weet ek sal my tyd weer saam my familie kry.
Die engel se laaste woorde aan my was: 'Dat hier is waar ek behoort'. Ek dink terug waar het ek daai woorde van tevore al gehoor...
YOU ARE READING
The Book of Horrors
HorrorDie boek gaan oor kort Horror stories so ek hoop julle geniet./This book goes about short horror storys so hope you enjoy. Die stories is my eie en foto's sal van die internet af wees wanneer dit inkom, dit is my eerste probeerslag so asseblief geen...