Hoofstuk 2

17 1 6
                                    

"Celestina, jou terroris, kom terug hier!"

Celestina Mariano, die ses jarige dogtertjie, hardloop met 'n gegiggel weg terwyl haar skoolmaat woedend agter haar aan hardloop. Sy het hom nou net 'n poets gebak met kraalmis. Hulle was besig om wegkruipertjie te speel toe sy hom van agter af met 'n harde stuk misbolletjie tussen sy blaaie gooi. Hy het dit egter nie so snaaks soos sy gevind nie en hardloop nou agter haar aan met 'n groter stuk mis. "Riccardo, wees asseblief genadig. Dit was net 'n grappie!" Maar Riccardo wil niks weet van genade nie, hy is vasbeslote om haar terug te kry. "O nee, Celestina Mariano, hiervoor gaan jy boet! Staan nou stil sodat ek jou kan raak gooi!" Met 'n goeie swaai van die arm trek die mis koek deur die lug, die teiken gerig na Celestina se agterkop.

Celestina voel hoe die mis met 'n blitsvinnige spoed op haar afpyl en duik net betyds grond toe, maar die stuk mis het nie gestop nie. Chiara, Celestina se oudste suster, wat oppad buiten toe was, word toe met 'n harde stuk miskoek haar teen die bors geklop. Eers lyk dit of sy die proses probeer verstaan, maar dan gee sy 'n benoude gil wat die twee moeilikheid makers se aandag trek. Maar toe die twee sesjariges die toneel voor hulle sien, bars hul uit van die lag. Op Chiara se splinter nuwe pofferige maroen rok, sit daar 'n groot misklont net mooi tussen haar buuste.

Die twee kinders staan en lag hulself amper dood vir arme Chiara, wat nou met 'n seer hart die skade aan haar kosbare rok ondersoek. Toe Chiara mettertyd van die skok herstel, hoor sy die laggende stemme en haar oë skiet pyle vuur reguit na die skuldiges wat haar staan en uitlag; meer na haar bloedlyn suster. "Celestina! Wat het jy gedoen?" Meetens bedaar die twee en kyk nou met benoude uitdrukkings na die oudste wat hulle met moord staan en aangluur.

"Dit was Celestina wat daarmee begin het!" probeer Riccardo dadelik al die skuld op Celestina plaas, maar Celestina kom onmiddelik tot haar eie verdediging. "Maar dis nie ek wat daardie stuk mis gegooi het nie, dit was álles Riccardo!" En net so begin die twee woorde wissel oor wie se skuld dit eintlik was, maar Chiara kon op daardie oomblik minder omgee. Vir haar was altwee skuldig vir die skade wat aan haar rok aangerig is. "Ek gee nie om wie hierdie ontlasting na my toe gegooi het nie, maar julle sal altwee hiervoor boet!" Chiara se woorde was skaars koud, toe kom sy soos 'n pyl uit 'n boog uit na hulle toe, 'n moordadige uitdrukking in haar oë.

Die twee sesjariges hardloop soos een man weg terwyl 'n woedende Chiara hulle agterna sit. Dis deur genade dat hulle dit maak tot by die varkkraal voordat Chiara hulle altwee onderste bo duik op die snot-glad modder waarin die varke gewoonlik rol. "Chiara asseblief... los my! Haal gerus jou woede op Celestina uit, maar spaar my lewe!" smeek Riccardo toe Chiara hom om die nek gryp en bo op hom gaan sit. Gelukkig vir hom gly Celestina toe sy probeer ontsnap en val Chiara om. Die twee meisies takel mekaar terwyl Riccardo soos 'n lafard die hase pad vat. Hy seil deur die modder soos 'n slang totdat hy weer op die gras kom, dan maak hy seker dat hy daar wegkom voordat Chiara klaar is met Celestina.

Dié het gesien dat haar vennoot in misdaad haar gelos het om alleen teen die vyand te veg. "Verraaier!" skree sy oor haar skouer voordat Chiara haar weer grond toe ruk.

Die twee meisies stoei vir 'n volledige halfuur voordat hul moeder hul kom haal. Maar toe sy die twee se klere gewaar, kry sy amper 'n hartaanval. Chiara se maroen meesterstuk van 'n rok lyk of 'n wilde dier dit opgeskeur het en dit toe met ontlasting bedek het. En Celestina se ligte blou rokkie is ook nie iets om uit te laat nie. Die twee dames lyk soos egte plaaskinders, en die Mariano-gesin is beslis nie plaasmense nie. Hulle kom van jare se koninklike bloed af en klou baie trots vas daaraan. Toe die hertogin weer herstel van die skok, lyk sy erger soos Chiara toe sý woedend was. "Chiara, Celestina... Wat het julle gemotiveer om die te doen?! Kyk net hoe lyk julle! Dit is opregte fluweel rokke wat julle soppas in 'n kombinasie van modder en vark mis gevorm het. Kom onmiddelik huistoe voordat enige iemand julle gewaar!"

Die Seerower KoninginDonde viven las historias. Descúbrelo ahora