Hoofstuk 5

8 0 0
                                    

Vir arme Celestina, wat haar hele lewe lank gewoond is aan die beskerming van haar vader se naam, is dit soos 'n nagmerrie om haar skielik in die middel van 'n ruwe, genadelose seerower geveg te vind. Dis 'n kanongebulder, 'n geskree en 'n gevloek om haar. Dis 'n ruwe en vinnige beweging van die skip soos dit uit die pad van die vyandelike koeëls gedwing word, en dan weer terug moet skiet. Een wete staan bo alle ander dinge uit: dis ek of jy. Geen genade word verwag nie en geen genade word betoon nie.

Celestina veg met al haar mag teen die vyand, en sy vorder baie goed om haar self lewendig te hou. Maar terwyl sy besig was met 'n swaard geveg het die mus van haar kop af gegly en haar vlegsel het los geval. Dit het baie van die seerowers se aandag getrek, selfs die kaptein wat haar nog die heeltyd met beïndrukte oë aangekyk het vanaf die veiligheid van sy eie skip. Hy was gefassineer deur die klein gestaltetjie wat so goed kon swaard veg, maar nou maak dit sin vir hom. Hierdie klein en vormlose wese was toe al die tyd 'n vrou!

Dis eers toe meer as die helfde van die bemanning op die Orchestra stil lê in massas bloed, dat Marko besef dat hulle die geveg verloor het. Met 'n harde sluk laat sak hy sy swaard en val op sy knieë. Celestina sien hoe haar verloofde grond toe sak en vermoed toe die ergste, met die agterkant van haar swaard kap sy die seerower voor hom. "Marko! O Marko, is jy beseer!?" Marko kyk eindelik in haar oë, maar sy eie lyk soos dié van die dooies. "Ons het verloor..." Celestina kyk hom met ongeloof aan, hoe kan hy dan so maklik opgee. Daar is nog 'n kans! "Jy kan nie tou opgee nie, Marko! Die manne het jou nog nodig!" Sy probeer hom op help, maar met 'n geweld stoot hy haar weg. "Dis verby Celestina!"

Celestina voel hoe haar maag 'n nare draai gee as sy dink aan wat van hulle gaan word; wat van haár gaan word. Skielik is die vrees weg en word dit vervang met woede. Woede teenoor Marko. "Jy is selfsugtig, Marko Bandoni! Die manne van die skip is baie lojaal teenoor hul kaptein, en diś hoe hul kaptein voel oor hul?! Is dit hoe jy voel oor my lewe, oor ons lewens saam!?" Al wat sy wil hê is dat hy haar reguit in die oë kyk, maar hy kan nie eens dit doen nie. Hy staar net reguit voor hom met 'n leë uitdrukking op sy gesig. Die gelag van die seerower agter haar maak dat Celetina vererg omdraai. "Arme meisie kind, hoekom het jy dan 'n man só selfsugtig gekies?" vra die kaptein terwyl hy kliphard staan en lag. Celestina se gesig word rooi en sy wys haar swaard se skerp punt in sy rigting. "Jy is een om te praat! Jý, wat net daar staan terwyl jou manne namens jou baklei!" Dan glimlag sy en kyk hom uitdagend aan, "Wat van jy kom hier en veg soos 'n ware seerower, kaptein!?"

Die man kyk haar eers aan asof sy haar kop verloor het, maar dan lag hy weer hardop en kom dan oor na hulle skip. Celestina kyk om haar rond, nét om te sien dat hulle hele skip geroof is. Tog lyk dit of die kaptein nog iets soek, en die manier hoe na haar kyk, gee vir haar n goeie idee na wat hy soek. 'n Rilling gaan deur Celestina toe sy sien hoe hy sy gebarste lippe lek, maar sy besluit om beslis haar man te staan teen hierdie gedrog voor haar. "Ek weet nie wat jy wil hê nie. Julle het alles gevat wat waardevol was op hierdie skip." Die man kyk haar opsommend aan: "Daaroor sal ek self oordeel. Gooi neer daardie swaard."

"Ek weier! My swaard gooi ek eers neer as jy my gewen het." Die seerowerkaptein lag haar skel uit. Sulke domastrantheid het hy nog nooit teëgekom nie. Dink sy werklik hy sal haar nie met een swaai van sy kapmes kan onthoof nie? Hy frons egter toe hy sien hoe sy hom uitdagend aangluur, ontblode swaard in die hand. "Jy... jý daag mý uit?" Haar stem klink baie dapper, self spottend toe sy antwoord, "Ja, en jy moet liewer nie so gerus wees nie. Ek is meer as in staat om jou arm af te sny." Al klink haar stem baie braaf, weet Marko dat sy 'n valse front voorhou. Sy hou herself baie grootman, maar die waarheid is dat sy net 'n doodbang vrou is. En die seerowerkaptein weet dit, hy het al baie vrouens teëgekom. Elkeen het op hul knieë gaan staan en smeek vir genade, maar hierdie een was anders. So iets het hy werklik nog nooit teegekom gekom nie.

Die Seerower KoninginDonde viven las historias. Descúbrelo ahora