Hoofstuk 7

2 0 0
                                    

Vir die bemanning op die Dark Orca kon dit nie beter gaan nie. Hulle het die afgelope paar weke twee Engelse skepe, een Spaanse skip, en vier Italiaanse skepe beroof. Alles met die hulp van Celestina, die spookvrou. Die manne was in die begin nie te gelukkig oor die feit dat hulle die skepe nie moes sink nie. Maar later het hulle besef dat hulle dit met 'n doel doen, sodat hulle weer die skepe kan besteel. Celestina was in haar kajuit toe iemand aan haar deur klop. "Kom binne." 'n Jong seerower kom binne en sê vir haar dat die kaptein met haar wil praat. Dadelik dank sy hom en hy gaan weer terug na die dek.

"Ek kan nie glo dat jy so vinnig so 'n goeie seerower geword het nie, Victoria," het kaptein Lukas kommentaar gelewer. "Dankie kaptein, ek is net bly dat u die potensiaal binne-in my gesien het." Kaptein glimlag, maar dan word sy gelaat ernstig. Hy nooi haar om te kom sit en sy gehoorsaam hom. "Jy het nie net aan my nie, maar aan die hele skip, bewys dat jy 'n goeie kaptein sal wees." Celestina het eers gedink sy het hom verkeerd gehoor, maar sy het dadelik besef dat hy regtig haar 'n kaptein genoem het. "Wat... Wat bedoel kaptein met dit?" Kaptein Lukas glimlag weer en sug dan moeg: "Ek het nie baie tyd oor nie, Victoria. My liggaam is besig om in te gee en ek is lankal te oud om 'n kaptein te wees." Celestina kyk hom verbaas aan, maar sê nie 'n woord nie totdat hy klaar gepraat het. "Seerowers is nie veronderstel om so oud soos ek te word nie. Dis hoekom ons na 'n opvolger soek om ons skepe oor te neem wanneer ons nie meer hier is nie."

"So dan het u my gekies as u opvolger? Maar hoekom dan vir my?" vra Celestina verbaas. "Want jy is talentvol en waardig om kaptein van die Dark Orca te wees. Belowe my, meisiekind, belowe my dat jy die Dark Orca die bekendste seerowerskip sal maak." Celestina kyk die ou man verstom aan, trane van blydskap rol oor haar wange. Sy wou dit nie aan haarself erken nie, maar die afgelope maande saam met die seerowers was die gelukkigste wat sy nog was. Sy het gevoel asof sy hiér, tussen 'n klomp see wolwe, hoort. "Ek belowe, kaptein Lukas. Ek is geëerd om jou opvolger te wees." Kaptein Lukas glimlag ingenome. Maar dan hoor hulle die wag op die kraaines skree. "Hooo-laaa! Vyande op die horison!"

Verskrik kom die kaptein en Celestina op na die dek. Met 'n verkyker bekyk die kaptein die twee skepe wat in hulle rigting afpyl, en dan vloek hy en gryp Celestina aan die arm. Met mag sleep hy haar na die bootjies. "Laat sak hierdie bootjie, nou!" Vinnig laat sak die manne die bootjie en kaptein Lukas gooi haar amper daarin. "Wat doen jy, Kaptein?!" vra sy benoud toe sy besef dat niemand anders saam met haar in die bootjie is nie. Met verbasende oë kyk sy na die kaptein wat haar met 'n fyn glimlag dophou. "Roei so vinnig as wat jy kan na die eiland, Victoria. En moet nie terug kyk nie." Eers kyk sy hom vraend aan, maar dan verander die verwarring in kommer. "Maar wat van julle?" Met hartseer oë kyk hy en die bemanning vir oulaas na haar en dan laat sak hulle die bootjie heeltemal in die water. Celestina wou dadelik protesteer, maar die kyk wat kaptein Lukas haar gegee het, het gemaak dat sy hom gehoorsaam.

Kaptein Lukas glimlag gelukkig toe hy sien dat sy al amper by die eiland is, dan word sy gelaat ernstig en hy beveel die bemanning om die skip om te draai. Dit is boekanierskepe daardie, en hy weet presies wat hulle soek. Hy weet ook dat die Dark Orca hierdie geveg nie gaan wen nie, daarom het hy vir Celestina na die eiland toe gestuur. Hy en die res van die bemanning het regtig lief vir Celestina geword, dus sal hulle vandag tot die dood vir haar baklei. Die boekaniers gaan haar nié vandag kry nie!

Toe Celestina eindelik op die eiland kom, kan sy nie help om terug te kyk nie. Maar sy wens liewer dat sy dit nie gedoen het nie. Wat sy gesien het, het haar hart in stukke gebreek. Sy sien hoe die Dark Orca, saam met al die mense wat daarop is, deur die see ingesluk word. Met al die mag wat sy oor het, vlug sy die eiland in, want sy weet dat as hulle haar op 'n manier raaksien, dan was die Dark Orca se opoffering verniet. Tot haar verligting sien sy hoe die twee Engelse skepe wegvaar van die eiland. En minute later is hulle glad nie meer in sig nie.

Eers treur sy oor die dood van die hele bemanning van die Dark Orca. Hulle het vir haar soos die familie gevoel wat sy nog nooit gehad het nie. Maar dan onthou sy die belofte wat sy aan Lukas gemaak het. Belowe my. Kan dit wees dat hy geweet het dat dit sy tyd was? Skielik voel Clestina hoe woede in haar opkom; sy voel meteens of sy alles verloor het. Nou is sy vasbesloet om wraak te neem op almal wat aan haar verkeerd gedoen het. Aan haar ouers wat haar geen liefde gegee het nie, aan Marko wat haar bedrieg en verraai het. En aan die skepe wat haar familie na die dieptes van die see toe gestuur het!

"Maar wat het volgende gebeur, kaptein?" vra William desperaat toe sy kaptein klaar gepraat het. Kaptein Victoria kyk hom vraend aan: "Wat bedoel jy, William? Ek het jou mos vertel van alles, het ek nie?" William skud sy kop, "Nee, kaptein. Hoe het jy van die eiland afgekom? En hoe het jy die kaptein van die Sea Wolf geword? Hoekom word kaptein as die seerower koningin beskou?" Victoria glimlag en skud haar kop, duidelik weet sy hoe om 'n verhaal te vertel. "Wel, William, as jy moet weet wat verder gebeur het. Celestina het daardie dag saam met die skip gesink, maar Victoria het ontsnap en van hulle buit in die grot gevat, en na die swart markte op seerower eiland gegaan. Daar het sy 'n nuwe skip gekry, nuwe manne gewerf, en heel eerste wraak geneem op die boekaniers. Hoewel elke seerower onafhanklik werk, is daar altyd 'n leier. En sonder dat sy self wou of sonder dat dit formeel so besluit was, het Victoria die erkende leier van die seerowers in hierdie water geword. Dus het ék, kaptein Victoria, die seerower koningin geword."

William kyk haar nou verward aan, iets is duidelik nie reg hier nie. "Maar is Celestina Mariano en kaptein Victoria dan nie dieselfde mens nie?" Eers toe hy die vraag vra, click dit in hom wat sy bedoel het. Celestina en Victoria is nou wel dieselfde persoon, maar elkeen het 'n ander lewe gehad. Celestina was 'n hertog se tweede dogter, 'n mooi gesiggie vir die wêreld om te bekyk. Sy was dalk nou nie letterlik 'n spook op die Dark Orca nie, maar figuurlik was Celestina daar besig om te sterwe. En toe die skip sink, het sy saam met daai skip onder die water gegaan. En Victoria is daardie dag vir die eerste keer gebore!

"Nou verstaan ek kaptein!" sê William opgewonde en Victoria glimlag ingenome. "Ek is bly jy verstaan dit, William..." Die kaptein wou nog verder praat, maar skielik het iemand vinnig aan die kapteinskajuit se deur begin klop. "Binne," beveel Victoria en 'n wag kom binne gestorm. "Micheal, wat is dit?" Die seerower is skoon uit asem, maar slaag darem daarin om 'n woord uit te kry. "Die wag op die strand het nounet woord gegee dat die jolly sailor oppad hierheen is. Maar dit klink egter of sy kaptein iets wil kom onderhandel." Victoria kyk hom met 'n leë uitdrukking aan: "Maak seker hy sien nie die hawe nie. Bring sy kaptein op 'n bootjie na die grot toe." Die wag knik sy kop en verlaat die kamer. William kyk sy kaptein met vraende oë aan: "Wat dink kaptein soek die jolly sailor hier?" Victoria skud haar kop, onseker hoe om hom te antwoord. Die jolly sailor is ook 'n seerower skip; een van die min skepe wat weet waar die seerower koningin se hoofkwartier is. En die twee skepe het gewoonlik baie met mekaar te doen, meestal wil die jolly sailor die Sea Wolf net gebruik om hulle te help om buit van ander skepe af te besteel. Maar dan verdeel die kapteine die buit regverdig tussen mekaar. Maar sal hierdie weer dieselfde storie wees? Of is daar miskien moeilikheid?

Die Seerower KoninginDonde viven las historias. Descúbrelo ahora