Hoofstuk 6

8 0 0
                                    

Die volgende vier weke was alles behalwe vreedsaam vir Celestina. Die manne van die seerower skip, wat sy nou ken as die Dark Orca, was glad nie so verwelkomend soos hul kaptein nie. Hulle het sterk geglo aan die engelse spreekwoord: It's bad luck to have a woman onboard a ship. Hulle het alles probeer om hul kaptein te oorreed om haar oorboord te gooi, maar kaptein Lukas wou niks weet nie. Hy was vasbeslote om haar een van sy beste seerowers te maak, maar duidelik moes sy eers aan die res van die bemanning wys dat sy ook hier op die skip hoort.

En daardie geleentheid het gouer gekom as wat sy verwag het. Die Dark Orca het een nag langs 'n verlate eiland gaan skuil, want 'n storm was duidelik in aantog in hul rigting, en die eiland naby sou die skip beskut teen die woeste weer.

Die storm woed twee dae lank. Die kaptein en die bemanning kan niks anders doen as om te wag dat die natuurelement hulself uitwoed nie. Maar sonder dat die bemanning dit agterkom, anders as Kaptein Lukas, ondersoek Celestina die pitite ou eiland wat geen teken van lewe het nie. Dis nie 'n groot eiland nie, soos die kaptein haar gesê toe hul die eerste keer hier aangekom het, maar dan kom Celestina per ongeluk op 'n natuurlike hawetjie af. Die eiland vorm 'n punt soos 'n wysvinger wat gebuig is, en van die seekant af is dit glad nie so sigbaar nie en sal dit lyk asof die landlyn egalig inmekaar loop.

"As 'n mens jou boot hier kan inkry, sal niemand jou ooit gewaar nie," laat kaptein Lukas hoor toe hy en Celestina dit staan en bekyk. Hulle klim teen die rotse af om van onder af te gaan kyk, en onder die helder oppervlak van die water kan hulle duidelik ondersese grotte sien.

"Dit lyk na die opening van 'n grot daardie," merk Lukas op en sy knik haar kop. "Dis reg... en dis boonop ook 'n baie groot grot." Die kaptein sug dan: "Maar dit beteken ongelukkig niks. Met hoogwater word hullle met water gevul, anders sou hierdie ideale wegsteek plekke gewees het." Dan spreek hy haar weer aan, "Goed gedoen Victoria, indien dit moontlik is, moet ons die Dark Orca in hierdie hawetjie inkry. Ons is nie regtig in gevaar nie, maar ek sal dit verkies as ons nie nou ontdek word nie." Dit lyk of Celestina nog iets wil sê, maar dan besluit sy om dit liewer te los.

Maar toe sy en die kaptein by die skip terugkom, heers daar groot opgewondenheid en ook onsteltenis. Hulle word meegedeel dat een van die wagte 'n skip baie naby aan die kus gewaar het.

"Hy het hier kom skuil teen die storm," laat kaptein Lukas hoor terwyl hy met sy verkyker die vreemde skip bekyk. "Dit lyk soos 'n boekanier skip." Sommer dadelik is daar 'n opgewonde geheers tussen die manne, maar Celestina kyk die klomp met verdwaasde oë aan. "Hoekom is almal dan nou so opgewonde?" wil sy weet en die manne kyk haar meteens aan asof sy 'n tweede kop gegroei het.

"Want die boekaniers beroof gewoonlik die Spaanse skepe, en ons kan maklike buit kry as ons hulle vanaand beroof," antwoord die stuurman haar uiteindelik.

"Ons val hulle nie aan nie." sê die kaptein kalm en die bemanning kyk met verbaaste oë na hul kaptein in ongeloof oor wat hy pas gesê het. "Maar hoekom dan nou nie, kaptein?" Kaptein Lukas kyk hulle uitdrukkingloos aan: "Omdat ons 'n tekort aan wapens het, danksy die storm kon ons nie by die swart markte uitkom om voorraad te kry nie. Ons is heeltemal vasgekeer as ons hier ontdek word." Die hele skip is stil toe hy klaar is; almal is nou bekommerd om gevind te word, maar meestal is hulle dikmond omdat hulle nie die boekaniers skip kan aanval nie.

'n Ruk later beskou Celestina die vyandelike skip deur die verkyker. Soos die kaptein gesê het is dit 'n Engelse skip, en duidelik swaar gelaai te oordeel aan die diepte wat dit in die water lê. Natuurlik het hulle een van Spanje se skepe beroof. En dan noem hulle hulself boekaniers! Hmpff! Hulle is net doodgewone seerowers wat, soos seerowers, ander skepe beroof.

Haar oë trek skielik saam. Hoekom... Haar oë vernou verder. Hoekom nie?

"Kaptein?"

"Ja, Victoria?" Celestina moet hard probeer om nie haar oë te rol vir daai simpel naam nie. Sy weet nie wat die man se obsessie met hierdié naam is nie. Maar in elk geval...

Die Seerower KoninginTempat cerita menjadi hidup. Temukan sekarang