Vier.

173 18 4
                                    

"Jy kyk toe na my
en ek kyk toe terug.
In jou oë was jou siel,
my rotsvaste toevlug."

4:42.
Ek was wakker en het die plafon bestudeer. My ouers sou vir 'n halfuur nog slaap. Dit was asof enige piepgeluid of fluister die rustigheid sou versteur, so ek het net doodstil gelê en dink.

Vandag is Donderdag. 13 Desember. Nog net 2 dae tot ek 16 word! Maar, wag, eers die reëlings vir vandag:
Ek moet vanoggend tot 11-uur by ontvangs werk, dan kan ek in die kombuis vir Chef Vega gaan help. Die Moutons sal seker eers aand se kant kom, so ek sal voor die tyd 'n chocolate mousse vir nagereg maak.

Toe ek tevrede was met my lysie, draai ek weer my kop na my wakker. 4:46. Wow. Ek het traag opgestaan en kombuis toe gestrompel. Dit was duidelik dat slaap my nie weer sou kom haal nie. 'n Koppie koffie en 'n brokkie van een of ander natuurdokumentêr later, besluit ek dat die fris oggendlug my sou wakker maak. Ek trek vinnig 'n jean en t-hemp aan en gryp 'n hoodie op pad deur toe.

Dit was net na 5 en net voor dagbreek toe ek by die Poel aankom. Die Poel was oorspronklik 'n groterige visdam, maar na die hotel se hoofingang geskuif het, het niemand ooit meer daar gekom nie. Niemand het meer die dam onderhou nie, omdat dit ontaard het in sy eie klein ekosisteem met riete en paddas en alles. My pa het perongeluk die naam uitgedink. Hy het gesê dit was net 'n dooie poel en dat dit toegestoot moes word totdat ek vir hom die voëls wat in die riete gaan nesmaak het gaan wys het. Nou praat ons maar van die Poel. Ek kom gereeld na die Poel om net te luister. Die hotel se geskarrel word totaal uitgedoof deur die diertjies wat doodluiters voortkwaak en -kriek, onbewus van enige gevaar of bedreiging. Als was so rustig en kalm en reg daar.

Ek het myself naby die water gaan tuismaak en met afwagting na die pienk-pers lug gestaar, wagtend op die son se môregroet. My asemhaling en die paddas se geselsery was al geluide in die lug. Kort daarna het die voëls uit die hoogtes begin saamgesels. Dankie tog dat Höchsberg nie te hoog in die berg was nie. Ek sou die leemte van die klein diertjies se teenwoordigheid stil-stil rou. My kalmte was egter ontbind deur die onbekende klank van vinnige voetstappe. Mense het nooit hierdie vleuel van die tuin besoek nie. Ek het my kop in die rigting van die geluide gedraai, na die indringer, maar die stem wat my tegemoet gekom het was vriendelik en verbasend bekend.

"Thali!"
Thali.

'n Effens-uitasem Pierre het sy drafsessie gestaak en langs my op die gras neergesak.
"Hey."
"Wat maak jy so vroeg hier buite?"
"Kon nie verder slaap nie. Toe kom kry ek maar 'n biejie vars lug."
"Oh," Hy het rondgekyk in stilte. "En 'n nice view."
"Ja. Niemand kom eintlik hier nie. Dis die agterkant van die tuin, maar dis vir my die mooiste."
"Wel, dan moet ek dit seker waardeer." Hy het vir my geglimlag.

Skielik het ek selfbewus gevoel. Pierre moes dink ek is so simpel om so baie van 'n ou dam en 'n bietjie-te-lang grasperk te dink. Hier sit ék, met ongekamde hare, langs hóm, effens natgesweet en in sy oefenklere, en hy lyk steeds so gemaklik en selfversekerd. Hy was net cool. En ek nie. Ek het besef dat my droom om vriende te word dalk nie sou uitwerk nie. Ek het omtrent net 2 vriende in die skool gehad en ek en Pierre was so verskillend. Ek het nie geweet of ons enige belangstellings gedeel het nie.

"So..." Die stilte was te lank. "Julle kom braai vannaand by ons, nè?"
"Ja, ja, ons doen." Hy het weer geglimlag. "Dankie vir die uitnodiging, by the way. My ma-hulle is behoorlik opgewonde om vriende te maak. Ek ook."

Wag, hy wil vriende word? Met my?
"Ons ook." Dis al waaraan ek kon dink. Blykbaar was ons awkward silences nie vir hom awkward nie.

"Maar sê my eers," Hy het na my toe gedraai. "Jou ma sê jy maak kos," Hy het baie ernstig gelyk. "So, ek móét weet: wat is vir poeding?"
Ek moes net lag vir sy vraag. "Regtig?" Ek het opgestaan en my klere afgestof.
"Hei, ek is 'n kos-entoesias!" Hy het sy hande in verdediging gelig en saamgelag. "'n Man moet weet!"
Ek het net my kop geskud en omgedraai. Oor my skouer vra ek: "Wat van chocolate mousse?"
"Dis my favourite!" roep Pierre langs my. Ek wip soos ek skrik en ons albei lag weer. Dis seker nie so snaaks nie, maar as ons lag hoef ons nie te praat nie. Dan is dit gemaklik en lig.

Saam loop ons terug na die hotel en gesels oor niks. By die voordeur, sê hy: "Wel, ek moet seker draf. Anders gaan daai mousse net skade aan rig! Sien jou vannaand, Thali."
Ek waai net terug toe hy wegdraf en oor sy skouer vir my waai.

Hy was regtig nice met my. Hy het nie my ongekamde hare veroordeel nie. Hy het opgewonde geklink oor die kuier. Dalk was Pierre 'n uitsondering op die reël dat mooi ouens almal douche bags was. Hy het opreg en oulik gelyk.

Op die trappe, op pad huis toe, het ek gehoop dat hy was wie hy voorgegee het om te wees. 'n Vriend soos Pierre Mouton sou perfek in my lewe pas. Al hoe ek hom sou leer ken, was om eerlik en opreg teenoor hom op te tree. 'Hy sal jou nie judge nie, Thalia,' het die stemmetjie in my kop my verseker. 'Wees net jouself!'

En dis presies wat ek sou doen. As Pierre dan nie van my hou nie, so be it. Maar iewers moes ek uit my comfort zone uitbreek en vreesloos begin lewe. Pierre Mouton kon my daarmee help. En dit als sou uiteindelik gebeur by die braai.

--------------------------------

*SKRYWERSNOTA*

Hey almal! Net om julle in kennis te stel, dis nou 2:08 in die oggend, maar dis vakansie en die kreatiwiteit was hier, so... Ek hoop julle geniet die hoofstuk! Dankie aan elkeen wat lees/vote/comment!

Laat weet asseblief wat julle dink van die storie/hoofstuk/karaters sover of as julle enige vrae het.

xx anniemotions

TranetrekkerWhere stories live. Discover now