Thalia se lewe was nog altyd, soos sy dit stel, 'n tipe 'low budget feelgood comedy.'
Dag in en dag uit, in die voorportaal van haar ouers se hotel met die interessanthede van mense om haar te vermaak. Skrywer, dinker, 'n bietjie skaam en baie nuus...
"Dit was skielik en skerp Hoe jy my hart kon vang. Nou's dae met jou kort En alleen nagte lank."
Toe die horison die son begin nadertrek, het ek nie mooi geweet hoe om te voel nie. Ek was opgewonde vir vannaand, maar ek wou nie oorboord gaan nie. So ek het besluit om swart skinny jeans, boots en en 'n gemaklike trui te dra. Ek wou ook nie te veel grimering aan sit nie, darem net aanvaarbaar lyk.
Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.
Net toe ek myself in die spieël met 'n tevrede glimlag goedkeurend gelukwens met my voorkoms, hoor ek die deurklokkie lui.
Shit. Hulle's hier.
Ek hoor my ouers se gewone gawe "Naand, julle!" en "Welkom! Kom in, asseblief!" klink vanaf die voordeur. Ek loop stadig na my toe kamerdeur toe en haal diep asemhaling voor ek die deurknop draai en my mooiste smile aanplak.
Die gang voel ekstra lank, en ek probeer oogkontak vermy totdat ek naby genoeg is vir 'n beleefde "Naand, Oom!" of "Hello, Tannie!". Ek vroetel aan my moue en trek my trui reg en toe ek weer opkyk, was die gang skielik weer hopeloos te kort, want hier staan die Moutons. En ek, amper op hulle!
Die groetslag is byna meganies - glad nie die koue, onpersoonlike soort nie, maar meer soos 'n mens ou vriende sou groet. Die grootmense begin klets en ek en Pierre neem stil deel deur na elke spreker te kyk en geïnteresseerd te lyk. Tussendeur sprekers kry ek darem kans om hom ook te bekyk: hy het 'n maroon-rooi top aan met vet, wit letters op - "HSW" - en swart soortvan-skinny jeans. Hy lyk regtig mooi, maar nogsteeds so gemaklik, as of hy weet dat hy likeable is in die nie-arrogantste manier moontlik.
Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.
"Kom ons gaan sit, Edene," sê my ma en lei vir tannie Edene na die glasdeure wat van die sitkamer na die buitedek lei. "Ons het sopas 'n vuurtjie aangesteek." "Kan ek vir jou iets te drinke skink, Jean?" vra my pa en beweeg na die drankkabinet. "Dit sal lekker wees, dankie, Louis." antwooord oom Jean en hulle begin dadelik gesels oor die rugby of 80's musiek of iets pa-erigs. En ek staan alleen langs Pierre. "Thalia," roep my pa net voor die stilstaan ons tot ongemaklike oogkontak dryf, "jy sal vir Piet sorg, né?" "Pierre, pappa," wys ek hom 'n bietjie te vinnig reg. Ek voel my wange begin gloei en waag nie opkyk na die seun langs my se reaksie nie. Wel, daar gaan my hele 'selfvertroue'-benadering vir die aand. Nice, Thalia. Gelukkig lyk my pa te haastig om by die vuur te sit en gaan kuier, om my verleentheid raak te sien. "Ekskuus, ja. Pierre! Jy is immers ons gas!" maak hy verskoning. My ouers weet altyd wat om te sê. Hulle is so goed-gemanierd. Ek het regtig gehoop sosiale grasie is oorerflik, maar, tot my byna 16 jaar se ontsteltenis, blykbaar nie. "Thalia?" vra hy weer. "Ja, Pappa," antwoord ek. Hy draai op sy hak en verdwyn, gevolg deur oom Jean, by die glasdeure uit.
"So..." Ek besef dat ek nou elke sosiale vaardigheid wat ek het sal moet afstof en draai uiteindelik na Pierre. Hy staan nogsteeds langs my, maar is besig om sy top se moue op te rol. "Mhmm?" antwoord hy sonder om op te kyk. "Wat doen jy?" En daar gebeur dit weer. Pierre Mouton glimlag. Breed. Ek sweer 'n mens word effens lighooftig elke keer wat hy daai wit tande flits. "Wat bedoel jy dan nou, Thali?" hy glimlag nog breer en skuur verby my, kombuis toe. "Daai chocolate mousse maak mos nie homself nie."
----------- Skrywersnota! :) Ek is sooo jammer! Ek weet ek het hierdie storie afgeskeep! So hier's 'n lekker lang hoofstuk. Dankie dat julle nogsteeds aanlees en belangstel in die storie. Ek waardeer dit vreeslik. En dis amper vakansie, so dan sal ek hopelik meer kan skryf! Het julle enige vrae? Kommentaar? Voorstelle? Of wil jy net vir iemand vertel van jou aaklige wiskundetoets? Comment of message my asseblief! Ek wil so graag meer met julle kommunikeer! A xxx
N.S. - jammer vir die swak kwaliteit, super tumblr foto's, maar ek wil graag ook ander media komponente inbring. Dalk later musiek? Of 'n cast?