Vertel my, hoe kan 'n week so lank wees? Veral die laaste een net voor die vakansie. Ek het soveel planne, ek kan nie meer wag nie! Ek en Elzaan, my beste, este vriendin, gaan die dorp neon pienk verf! Ons het al weke terug sit en beplan sodat ons die vakansie ten volle kan geniet.
Graad 11 is nou uiteindelik verby, nog darem net 'n jaar om te gaan... oh my word! Laat ons nie nou daaroor bekommer nie, dit wag alles in die toekoms, sowel as ons stoute planne:
1) Graffiti Ons Love Katniss op die supermark se muur.
2) Teken op Miandrea se gunsteling paar hakke.
3) Glitterize die sitplekke van Zane se kar.
Dink net hoe lekker dit gaan wees! Ons begin vanaand by Miandrea se partytjie, almal is uitgenooi- en met almal bedoel ek die skool se It-Boy, Zane.
"Annelien, skrik wakker!" hoor ek Elzaan sê. Ek kyk om my en kyk vas in die all-too-familiar poster van Pythagoras se stelling. Rerig? Net soos Meneer Wernand na my toe stap, lui die pouse-klok en hy is vertrap deur 'n trop leerders wat angstig is om mamma se famous cheese-and-ham snackwiches te verorber. Ek is een van hulle. Elzaan gryp my arm en trek my na ons boom toe, waar ons rustig sit en uitkyk vir wild dangers, soos Kendra Aberdeen. 'n Paar minute later kom sit Keenan langs ons. Hy, die grapgat van die skool, hou daarvan om oor die Kardashians te gesels, maar net met ons twee.
Na eindelose somme en vrae, stap ek en Elzaan na my huis toe om reg te maak vir vanaand. "So, wat dra jy?" vra sy nuuskierig soos ons verby ons buurman se huis stap. Ek antwoord haar nie sommer nie. Ek wag, alles wag. Ons stop voor die huis, asof dit aandring op stilte. Die gras is skaars daar, asof dit te bang is om uit te kom. Die vensters se gordyne is swart en toegetrek, asof iemand- iets- binne wegkruip. Dit is nog altyd so gewees, niks nuut of besonders, maar elke keer as jy voor die huis staan, gebeur iets met jou lyf. Jy vries. Tyd vries, sowel as die wêreld rondom jou.
Dan skrik jy weer wakker na 'n oomblik van stilte en gaan aan asof niks gebeur het nie.
"Ek weet nie, jy moet my help kies." antwoord ek uiteindelik soos ons by my voordeur uitkom. Ek glip die koue sleutel in die slot and draai. Die deur swaai stadig oop en ons word verwelkom deur die reuk van gebakte iets. Helena, ons bediende, bak elke dag iets nuut. Ek is baie lief vir haar, veral haar Kaapse-aksent. Ek maak my paadjie kombuis toe en kry Helena voor die stoof op haar 1784 Nokia. Ek wens sy wil tog net 'n nuwe foon aankoop, ek dink aan fone met knoppies dieselfde as wat ek dink aan fosielle- oud.
"En wat eet ons vandag, Helena?" vra ek soos ek buk om deur die oond se glas te loer. Helena ruk my op by my poniestert vol bruin krulle.
"Kyk alweer vir d'jou! Dis 'n Dr. Phil miracle dat jy nie soos daai bunnychow van Pitch Perfect lyk nie!"
"Jy bedoel seker Dr. Oz?" sê Elzaan al laggend. Glo my, ek weet self nie hoe ek nogsteeds 'OK' lyk nie. Ek is 'n meisie, eet is een van my belangstellings. Ek vermoed dit is seker die tennis na skool wat my gebalanseerd hou. Ek vermoed óók dat daar 'n heerlike pan vol sjokolade koekies in die oond wag.
Elzaan vat die pad na my kamer toe en ons begin om reg te maak vir wat 'n onvergeetlike aand gaan wees. In alle flieks en boeke, gebeur dit dat die aand gewoonlik op 'n hoë noot eindig. Ek wonder wat vir ons wag...
YOU ARE READING
Die Avonture van Annelien
Mystery / ThrillerHet jy al ooit gehoor van 'n horror wat met 'n Happy Meal begin het? Wel, Annelien Kruger s'n het. Dit het begin met 'n onskuldige rondte van Spin The Bottle. Annelien se beste, este vriendin, Elzaan, het haar gedare om uit te vind wat daardie bloed...