Kinder Mishandeling

33 2 0
                                    


Die kamer is vol geluide. Al die geluide saam maak my kop seer. Die verre geluid van druppels wat val op die vloer. Die sole van skoene wat teen sement skuur. Lug wat neusholtes verlaat. Dis net te veel. En boonop is daar nog 3 mysteries wat vir my wag. Ons stop by die tafel en die vrou agter die tafel is duidelik sigbaar. Sy is defenitief in haar 50’s, het baie lanklaas haar hare gekleur, eet te veel KFC en trek soos ‘n Avenger aan. Die swart leer-baadjie trek styf om haar figuur. Dit kan wragtig nog net 5 sekondes wees voordat daai baadjie se zip meegee. Van nou af is dit my ambisie om n verhouding so sterk en duursaam soos daardie zip te he.

My oë fokus op haar gesig. Jip, plooie. Haar oë spring van Elzaan na my en dan na Zane en Keenan. Behalwe dat dit vir n rukkie langer op Zane bly. Ek wonder hoekom? Sy lyk geskok, seker omdat ons hier binne is. Dan praat sy.

“Ek dog ons het n deal gemaak?”

“Dit kon nie langer wag nie, Ma.” Ma? Ja, Annelien, M-A. Ma. Oh.

“Fine, ekt ook so begin dink. Maar hoekom nou? Jy weet dis amper middernag.” Sy lyk teleurgesteld. Die kluisenaar skud net sy kop en draai om na ons toe.

“Dis nie nuut vir ons om te hoor dat iets funny hier aan die gang is nie,” sê hy terwyl sy oë na elkeen se gesig spring, “ so, hier is hulle.”

Hy stap na die naaste hok en druk n knoppie aan die kant. My har klop vinniger n vinniger. Wat gaan onder die lig verskyn? Ek’s bang. Wat as die monster daar binne uit control raak as die lig aan gaan? Wat as… wat as dit is uit breek? Die lig gloei saggies en ‘n vonk skiet en dan, skielik, vloei die elektrisiteit daardeur. Ek is te bang om af te kyk. My oë volg die draad raam van die hok en soos dit amper op die grond is, sien ek n vrolike dogtertjie wat binne sit. Dit voel amper asof n tifoon my lyf tref. Wat op aarde? n Dogtertjie met n geborduurde pienk rokkie aan. Sy dra twee poniesterte aan beide kante van haar kop. Maar die snaakste ding is.. sy dra die vriendelikste glimlag. Waar begin ek? Al daardie nagte wat ek spandeer het aan die mystery geluide en van waar dit af gekom het- dit was alles verniet gewees. Keenan was eerste om te praat.

“Wat is die?” Die kluisenaar staar fronsend na hom.

“Wat bedoel jy? Hoe kan jy nie deur die act sien nie?”

“Watter act? Hierdie is kinder mishandeling!” sê Keenan, ontsteld.

“So jy dink hierdie is kinder mishandeling? Verduidelik dan die smile.”

Ons almal kyk verwagtend na Keenan.

“Wel, sy’s obviously bly om ons te sien!” Keenan loop na die volgende hok en skakel die lig aan. Ons oë vlieg vinning na die seuntjie wat ook binne sit. Dit lyk amper of die twee kinders n tweeling kan wees. Dan loop Keenan na die derde, laaste, hok.

Soos wat sy hand op die skakelaar val, sê die kluisenaar se ma iets saggies.

“Jy moes nie dit gedoen het nie.”

You've reached the end of published parts.

⏰ Last updated: Jan 31, 2017 ⏰

Add this story to your Library to get notified about new parts!

Die Avonture van AnnelienWhere stories live. Discover now