"Good evening, can I please take your order?" vra die stem oor die interkom by Mc Donald's. Ja, Mc Donald's.
"Can I please have six Mc Flurry's and a Happy Meal?" sê Zane met 'n opgewonde stem. Kendra sit in die passesiersitplek terwyl ek op Elzaan se skoot sit en Miandrea langs Keenan. Ek kan nie glo ek sit in Zane se BMW nie! Ek sit net agter hom so hy kan my gesig sien as hy in die spieëltjie bo hom kyk. Partykeer vang hy my as ek vir hom sit en staar, dan gee hy net 'n glimlag en sing saam met die radio. Kendra het darem nog niks agter gekom nie. Wie weet wat sy sal aanvang? Sy sal seker op een van sy bene gaan sit. Sy is soos daardie klein stoep-hondjies wat heeltyd onder 'n mens se voete is en as jy per ongeluk op een van hul pote trap, is dit sommer jou skuld. Asseblief!
Ons laai die Mc Flurry's en die Happy Meal op. Om eerlik te wees, weet ek nie vir wie die Happy Meal is nie, ons sal moet wag en kyk. Zane bêre die Happy Meal boksie by sy voete en ons is oppad na my huis toe.
"Regs of links?" vra hy soos ons stilhou by die stopstraat. Hy kyk my reguit in die oë deur die spieëltjie en my brein vries. Alweer voel ek die klop aan my ribbes.
"Regs." sê ek vinning voordat hy iets agterkom. As of hy nie al klaar weet nie.
Ons ry in by my straat. Zane kyk rond asof hy al voorheen hier was.
"Nommer?" Sy oë groet myne.
"Twaalf." sê ek voordat Elzaan weer aan my raak. Ons ry stadig deur die lang straat. Soos ons ry, loer Zane vir my. My wange raak 3410˚C warm en ek kan nie help maar glimlag vir hom nie. Ons stop voor my huis. Ma is weg met besigheid vir 'n paar dae, so ek het die huis vir myself. Glo my, ma het amper nee gesê.
Almal klim uit met hul Mc Flurry's in die hande. Ek los myne liewer in die kar.
"Is jy reg vir die ding, Annelien?" vra Keenan met 'n stoute gesig.
"Nee. Ek sal nooit wees nie." antwoord ek met 'n stem wat meters hoog spring. Elzaan staan by die hekkie tussen ons die twee huise. Ek weet nie hoekom ek hierdie doen nie, ek bedoel, hierdie is dieselfde huis waaruit monster-geluide kom! Wat as daar demone is, of weerwolwe? My knieë begin stadig te vibreer onder my. Kom aan, Annelien, jy's dan nog nie eers in die huis nie! Ek gaan staan by die hekkie en kom agter dit is te hoog vir my bene om te klim. Ertjiepit! Zane het seker gesien dat ek twyfel, want hy stap nader en gaan staan reg langs my. Sy linkerbeen sak tot op die gras en sy ander been buig uit sodat ek daarop kan staan.
Versigtig trap ek op sy bo-been. Sy hande land op my kuit en ek gril van die plesier. Dit voel of ek alles kan oorkom as Zane by my sy is. Ek voel hoe brand Kendra en Miandrea se oë gate deur my liggaam.
Een...
Twee..
Drie!
My hande land op die bokant van die hek en my voete tussen die relings. Ek lig my bene een vir een oor en spring af aan die anderkant. My hande is vasgegom aan die hek se relings. die klein, koue druppels onder my hande meng met die sweet en die druppels rol af teen die ysterstawe.
"As jy my hulp nodig het, skree net en ek is daar," fluister Zane vir my, "En vat hierdie saam met jou." Hy gee vir my die Happy Meal boksie aan. Wat?
"Is dit nou vir as ek gevang word? Dan nooi ek my buurman vir ete?" vra ek dat my woorde lek met sarkasme.
"Ja," sê Zane met 'n glimlag, "Dit is presies wat jy moet doen." Dink hy dit is snaaks? Wat is fout met hierdie mense? Whatever.
"Wel, baie dankie! Ek is seker hy gaan dit geniet." sê ek vir een laaste keer en vaar die donkerte in. Ek haal my foon uit en aktiveer die flitslig om te sien waar ek gaan. Sjoe, hierdie tuin- oerwoud- het werk nodig. Baie werk. Ek loop tot anderkant die huis en sien 'n venster wat oop staan. Ek stap stadig nader en sien dat daar geen diwering is nie. Dis snaaks. Wel, dit maak eintlik sin. Niemand sit hul voete ooit hier nie. Ek plaas my hand op die vensterbank en my kop klop met verskillende idees. Annelien,wat as jy gevang word? Wat gaan jou trotse ma sê? Seker iets soos, wat het jou besiel om so iets aan te vang?
'n Soen van Zane. Annelien, dink net! Onder die helder maan soos Ed Sheeran se 'Photograph' in die agtergrond saggies speel. Ek sal enigeïets doen om dit te kan beleef! Kom ons doen dit. Ek sit die Happy Meal boksie langs my neer en klim op die vensterbank. Skielik, hoor ek een van daardie geluide. Dit kan net net Monster #3 wees.
Monster #1: 'n meisie se gil wat vir 'n paar sekondes aanhou voordat dit onderbreek word. Deur wat, weet ek nie.
Monster #2: Dit klink soos 'n guerilla wat doodhonger is.
Monster #3: Die aakligste van almal. 'n Wolf se huil wat verander na 'n mengsel van geluide. Vanaf die wind wat huil na 'n elektriese boor.
Ek klim so bietjie verder en ek is binne. Sjoe. Die sweet tap by my af, dit is 'n besonderse warm aand. Die huis is doodstil en al die ligte is af, behalwe vir 'n lampie aan die anderkant van die gang. Daar is 'n lang fluweel mat wat oor die houtvloer strek. Ek vat 'n tree vorentoe en die plank onder my kraak.
Wag, wat doen ek? Elzaan het gesê dat ek moet inbreek, maar hoe weet sy wat ek doen? Sy is dan aan die voorkant van die huis. Dit beteken dat ek nou kan omdraai en gou terugstap! Yes! Ek draai om en steek my been uit die venster, wat vervolg word deur my arm. Net soos ek my kop wil uitsteek, gryp 'n koue hand my bo-arm en trek my terug in die huis in.
YOU ARE READING
Die Avonture van Annelien
Mystery / ThrillerHet jy al ooit gehoor van 'n horror wat met 'n Happy Meal begin het? Wel, Annelien Kruger s'n het. Dit het begin met 'n onskuldige rondte van Spin The Bottle. Annelien se beste, este vriendin, Elzaan, het haar gedare om uit te vind wat daardie bloed...