Een van daai JBay surfers

42 1 0
                                    

Ek maak dadelik my mond oop om te gil, maar nog 'n hand hou dit toe. Wat maak ek nou? Annelien, vinnig dink! Ek gryp 'n staal kersstaander van die vensterbank en kap dit teen die persoon se arm.

"Jou klein..!" begin hy om te mompel. Ek besef ek gaan nie genoeg tyd hê om deur die venster te klim nie. Ek moet 'n ander manier vind. Ek draai vinnig om en gebruik al my krag om die kluisenaar grond toe te stamp. Hy val langs my neer en voordat hy aan my kan raak, is ek af met die gang. Dit is so donker! Paniek groei teen 'n dramatiese spoed binne my. Wat as ek nie kan uit nie? Wat as hy my vermoor? Wat as hy my polisie toe vat? Dit kan nie gebeur nie! Ek vat 'n gang aan my regterkant en ek sien 'n deur heel aan die punt. 'n Deur van staal. Ek sal veilig wees daar binne. Ek hardloop na die deur toe en ruk die handvatsel sodat hy kan oop. Dit wil nie. Ek hoor die man agter my, sy stem raak alhoe harder en sy voete stamp teen die planke van die vloer. Ek is seker daarvan dat my hart op enige oomblik regdeur my bors gaan spring en voor my op die vloer gaan land. Is dit ooit moontlik? Ek moet dit gaan Google. Annelien, nie nou nie!

Ek ruk verder aan die deur maar dit is hopeloos. Ek is vasgevang in 'n Monster House. Wel, darem het die matte my nog nie ingesluk nie! Skielik sien ek die man se silouette aan die ander punt van die gang. Daar is net klein lampies wat in 'n ry teen die muur hang. Praat van dramaties! Die man stap al hoe nader.

"Asseblief, moet niks aan my doen nie. Ek sal nooit weer terugkom nie! Laat my net gaan! Asseblief!" smeek ek. My rug brand van die koue staal van die reusagtige deur. Hy stap nader, maar los 'n paar treë tussen ons. Ek hoor hoe swaar my asemhaling is. Die adrenalien swem deur my are. Dit is 'n gevoel van nooit tevore.

"Wat soek jy hier?" fluister hy. Sy stem is sag, asof hy nie aggresief wil voorkom nie.

"Ek weet self nie. My vriende het my gedare om in jou huis in te breek. Ek wou omdraai toe ek besef dat hulle nie kan sien wat ek doen nie, maar toe is dit te laat. Ek belowe om nooit weer terug te kom nie. Nooit weer nie." sê ek met 'n haastige stem. Ek wil net hier weg. Hy vat een tree nader. Nou kan ek die kant van sy gesig duidelik sien. Wow. Sy vel is toe nou nie soos 'n vampier s'n nie. Dit is blas met 'n tipe gloei daaraan. Sy oë is 'n goue bruin wat óók gloei. Sy lippe is pienk en perfek. Alles aan hom is perfek. Hy is baie aantreklik. Sy vorm is hoog en hy lyk soos een van daardie J-Bay branderplankryers. Pragtig en sun-kissed.

"Ek verstaan. Maar dink jy nie dit is 'n bietjie té laat nie?" Hy kyk my aan asof ek hierdie meester van 'n antwoord vir hom het.

"Wat bedoel jy?" vra ek nogal skepties. Hy stap nóg nader en fluister in my oor.

"Jy weet van die monsters, nê? Daardie geluide wat jou wakker maak saans. Ek het al gesien hoe staan jy by jou venster as jy nie kan slaap nie. Jy weet van hulle." Sy woorde laat my gril. My ruggraat bewe en ek kry oral hoendervleis. Ek kan nie vir hom lieg nie. Hy sal weet.

"Jy's reg. Ek weet daar's drie van hulle. Wat hulle is, weet ek nie," hy staan terug maar blok nogsteeds my pad, "kyk, laat my net gaan."

"En wat van jou vriende? Wat gaan jy vir hulle sê? Wat maak daardie geluide?" vra hy met 'n laggie. Hierdie is nie snaaks nie, maar hy is reg. Wat gaan ek vir Elzaan sê? Wat maak daardie geluide?

"Ek weet nie." sê ek teleurgesteld. My kop sak en my oë is vasgegom aan my skoene. Rooi Tommy's.

"Kom saam met my." sê hy en vat my arm met meer krag as wat nodig is. Ek loop agter hom aan en probeer om my arm weg te ruk. Natuurlik help dit niks nie. Ek wonder wat hy gaan doen. Wat sou ek gedoen het? Ek sou seker vir die Happy Meal gevra het en vir die persoon weggejaag het. Die Happy Meal! Ons loop weer verby die venster waar ek ingekom het. Ek sien die Happy Meal boksie wat op die vloer lê. Die boksie is geskeur en party van die skyfies lê op verskillende plekke, verstrooi. Die hamburger in sy geel omhulsel sit nog veilig in die boks. Ertjiepit! Ek het nogal uitgesien na aandete...

Die branderplankryer/ kluisenaar gooi my neer op die bank. Hy is woedend. Hy gaan sit oorkant my, op die koffietafel se oppervlak. Ek sit stadig regop en vermy sy oë. Hy is vreeslik intimideerend.

"Gaan haal jou vriende." sê hy met 'n sug. Ek kan nie agterkom of hy 'n grap maak of ernstig is nie. Ek beweeg nie.

Hy steek sy hand in een van sy broeksakke en haal 'n bos sleutels uit.

"Hier. Gaan deur die die voordeur, nie die venster nie. Moet ook nie probeer weghardloop nie, ek weet waar jy bly." Hy gee die bos sleutels oor aan my en ek vat dit stadig. Hy sit en kyk vir my soos ek opstaan en my pad deur toe maak.

Is hy ernstig? Wat wil hy met my vriende maak? Vriende. Ja, right! As hy net geweet het. Ek- die nerd, Elzaan- die prinses, Keenan- ons Trevor Noah, Zane- die tweede Channing Tatum, Kendra- die mooi straathond en Miandrea- die Paris Fashion House model. Gegee ons situasie, is dit eintlik snaaks. Ek sien die deur raak en stap vinniger as gewoonlik. ''n Pad uit!' skree my kop. Ek soek die sleutel uit wat wat is sy naam? laaste vasgehou het. Ek sluit die deur oop in rekord spoed en trane van vreugde loop by my wange af. Dáár staan al vyf skarminkels. Elzaan is eerste om by my uit te kom.

"Vriendin!" is al wat sy uitkry. Ek hou haar styf vas en draai na die ander.

"Julle moet saam met my kom," sê ek senuweeägtig, "My buurman wil met ons praat oor... oor iets." Almal se gesigte wys skok en Kendra lyk sommer doodbang. Ek stap terug na die deur en die res volg. Sodra die laaste een binne is, sluit ek die deur. Elzaan kyk my aan asof ek mal is. Sy het duidelik nie 'n idee wat vir haar wag nie. Ek maak my pad terug na die sitkamer en gee 'n kans vir die branderplankryer/kluisenaar om instruksies uit te deel.

"Julle kan maar sit. Ek het ongelukkig nie drank nie. Dit is mos wat julle klomp drink in die aande, nê?" vra hy met 'n skewe glimlag soos hy loer vir ons. Niemand sê 'n woord nie. Ons almal gaan sit langs mekaar op die bank. Ek is seker hierdie is 'n 3-seater maar ons ses is gevul met vrees. Die lug is koel en die huis is koud.

"Hierdie is my vriende. Elzaan, Keenan, Zane, Kendra en Miandrea. Soos jy weet, het hulle my gedare." sê ek saggies, want niemand anders gaan nie. Dadelik hoor ek hoe stry die klomp met mekaar. Hier en daar hoor jy 'n ek het nie, dit was Elzaan! en dit is alles jou skuld! Dit lyk of my buurman dit behoorlik geniet. Hy begin amper te lag! Hy moet seker verveeld wees, so alleen. Siestog.

"Ek is seker," begin hy en die res raak stil, "julle het al geluide gehoor wat van my huis af kom." Ons skud almal ons koppe stadig en luister verder. "Ek vermoed dat ek dit nie langer 'n geheim kan hou nie, al probeer ek my beste. Ek is nie in volle beheer oor hulle nie." sê hy versigtig.

"Hulle?" vra Zane.

"Ja, hulle. Ek dink dis beter as ek net vir julle self wys," sê hy optimisties, "volg my."

Die Avonture van AnnelienWhere stories live. Discover now