Die Meisie wat Teen Wolf indulge

48 2 4
                                    

Die staal deur swaai oop en n onbeskryflike gevoel kom oor my. Dis asof n duisend verlore siele om my gaan le. Hoendervleis klim oor my vel. Jip, Annelien Kruger, die meisie wat Teen Wolf indulge, is bang. Vrêk bang. Ek kan n flou lig aan die ander kant van die vertrek sien. Iets beweeg. Figure in die donker. Figure wat klink asof hulle n mens binne sekondes kan verskeur. Wel, dis te laat om om te draai. Ek staan agter my buurman wat heel voor staan. Die res is agter my. Bang. Wel, dit lyk asof Zane baie braaf is. Cool.

Die kluisenaar vat skielik aan my hand. Ek kyk na hom en dan los hy weer. Ek hoor hoe hy iets saggies se van beheer. Hy draai om en loop af met drie trappe. Lyk my drie is n besonderse nommer in hierdie huis. Gelukkig is dit nie drie keer ses nie. Phew! Ek volg hom en net sodra Elzaan, Keenan en Zane ook onder is, breek n aardige geluid uit. Ek voel die vibrasie in my voete. n Gil. Dis hard. Ek klap my ore toe, maar ek kan nogsteeds voel hoe die staal hokke ruk.

Ek was nog nooit so bang nie. Wat as iets gebeur? Wat as ons dood gaan? Wat as ons ons eie begrafnisse bywoon? Wat as iemand wit dra by my begrafnis? Ek wil nie eers daaran dink nie. Die geluid stop en dis doodstil. Die kluisenaar draai om. Hy lyk verskrik. No kidding. Dit was aaklig gewees! Maar n gedagte kom verby. Dit was die geluid wat ek elke aand hoor. Net baie, baie harder.

n Figuur by die lamp aan die ander kant beweeg. n Groot figuur. Ek kan effens uitmaak dat n kop na ons staar en weer terug gaan na wat ookal dit besig was om te doen. Ek voel n hand op my skouer. Elzaan. Ek vat haar hand en sy kom staan langs my. Die kluisenaar draai om en 'nod' sy kop na die lamp toe. Ons 'nod' terug en Elzaan ruk my vorentoe. Vorentoe as in teen aan die kluisenaar se rug. Ek kan voel hoe die hitte van sy lyf af vloei. Sonder om dit te bedoel, vryf my vingerpunte teen sy hemp. Ek kan voel hoe sy spiere styf trek, dan ontspan hy weer. Hy loop dan vorentoe met ek en Elzaan wat agterna hom sleep. Soos ons verby elke hok stap, hoor ek hoe die monster binne dit beweeg. Mens sal sweer dis vol maan. Dit is letterlik net 4 tieners wat Shakespeare met n passie haat. Niks meer en niks minder.

Binne sekondes is ons naby die tafel. Ek het probeer om in die middel van die pad te bly. Ek is bang een van daardie goed gryp een van my bene. Dit sou nie nice gewees het nie. Maar ek wonder nogsteeds waarvandaan hierdie goed kom. Ek het nog nooit in ander dinge geglo nie. Net God. Maar ons kan sekerlik nie alleen wees nie? Die gesig van die figuur agter die tafel kom in fokus. Baie plooie. Oud. Knorrig. n Tannie. n Tannie?

_______________________________________________________

HALO, HIER IS NOG N HOOFSTUK, EK HOOP JULLE WORD OPGEWONDE! DAAR IS NOG SO BAIE WAT GAAN GEBEUR!

VRAAG: MET WIE, DINK JY, GAAN ANNELIEN OPEINDIG?

COMMENT JULLE ANTWOORDE EN DIE VOLGENDE CHAPTER GAAN AAN JOU TOEGEKEN WORD! WIE WEET, MISKIEN KAN EK N KARAKTER VAN JOU KEUSE IN MY STORIE SIT?

✌peace out✌

_______________________NB:____________________________

Daar was n technical difficulty, so dit bedoel dat niemand al die regte eerste chapter gelees het nie. ek sal ook chapter 1 publiseer, so gaan check dit uit!

Die Avonture van AnnelienWhere stories live. Discover now