HOOFSTUK EEN

89 4 0
                                    

Die trallie hekke van n droe tronk vlieg oop met n lawaai. N man met n woeste baard en langerige vuil olierige hare kyk op na n kleurling polisie vrou wat staan met haar wapen in haar hand wat op wag staan en na hom kyk.

"Meneer mag maar nou u goed vat en kom." Hoor hy haar aan spreek. Hy knik en staan op met sy boks met n paar van sy besittings in en stap agter die dame aan tot in die hoof kantoor in.

"Die dag het uiteindelik gekom." Het Kaptein Le Roux begin en hy haal Herman se arresterings bewyse uit.

"Ek kan dit selfs nie glo nie." Het Herman in gestem en kyk na hoe Kaptein Le Roux hom n snaakse kyk gee en die blaai reg sit.

"Wel goed dan." Kaptein Le Roux kyk af na die papiere en sertifiseer dit met oë wat terug op toer na Herman. "Jy is nou uiteindelik n vrye man."

"Baie dankie Kaptein Le Roux." Het Herman bedank en Kaptein Le Roux se hand geskud.

"Kyk mooi na jouself Herman." Sê Kaptein Le Roux toe hy opgestaan het en sy hand op Herman se skouer neer geplaas het.

"Ek maak so." Glimlag Herman en stap uit.

Aan die ander kant staan daar n mooi donker kop dame met die naam Dana besig om plantjies te plant met haar dogtertjie, Diané.

"Diané, gee my gou daai grafie aan aseblief." Diané knik haar hoof en gryp die grafie wat langs haar le.

"Hierso mamma." Sy sit die grafie in Dana se hande.

"Dankie hartjie." Dank Dana en gee n glimlag terwyl sy weer aangaan met tuin werk. Diané kyk af met n skaam gesiggie voor sy die stilte verbreuk.

"Mamma, wanneer gaan ons weer biblioteek toe? Juffrou Beets het gesê dat as ons weer gaan moet ek kyk vir die storie van die hasie en die skilpad." Dana kyk na die oulike vraende gesiggie wat asem vattend is.

"Ons kan more ogend gaan as jy kans sien. Dis amper drie uur die middag en die biblioteek maak nou enige tyd toe." Het Dana beantwoord. "Plus, mamma moet nog kos ook op sit."

"Wat eet ons vanaand?" Vra Diané en sien hoe Dana opstaan en na die tuin slang toe stap.

"Wat van hoender pastei?" Glimlag Dana en stap na die pasgeplante blommetjies. Sy draai die voorste stuk van die spryertjie en sien hoe die water liggies op die blommetjies stort.

"Klink baie lekker mamma." Stem Diané in en staan ook op.

Dana glimlag na die klein engeltjie se kant toe en maak toe die water.

"Ons is klaar vir vandag." Glimlag Dana en gryp Diané se hand en stap in die huis met die laaste woorde in haar mond. "Jy gaan nou n lekker warm bad vat terwyl ek aand ete solank reg kry."

My hartjie (Afrikaans)Where stories live. Discover now