Dana sit langs Diane en kyk na die deur toe Herman in gekom het. N bietjie verlig om haar waker te sien. He loop na haar toe en gaan sit langs haar.
"Wat makeur?" Wil hy weet. Sy vermy oog kontak en kyk net na haar prinsessie.
"Jy weet, ek het altyd vir Diane belowe dat ek haar sal beskerm." Hoor hy haar se. Sy kyk na hom met trane in haar oe. "Nie eens my hartsake sou my keer nie. Maar kyk nou net. Kyk in watse gemors ons is."
"Dana, ek is regtig onsettend baie jammer. Hoe kan ek opmaak?" Wil hy weet soos hy saggies aan haar rug raak.
Sy kyk na haar dogtertjie en dink vir n oomblik.
Wat sou Diane graag wou he van haar papa af?
Liefde?
Ondersteuning?
N verhouding?
Sy vriendskap?
Sy vaderskap?
Al bogenoemdes?"Jy kan die pa wees wat jy veronderstel is om te wees of jy kan maar pad vat." Stel sy voor. Sy kan amper sien hoe hy van blydskap omplof maar Diané se geval keer hom dadelik.
"Baie dankie Dana." Dank hy en le sy hand op Dana s'n wat gerus was op Diané se hand.
"Is sy nie pragtig nie?" Hoor hy haar wat van sy hand af gekyk het na die popgesiggie voor haar.
"Sy lyk nes jy." Gee hy n effense glimlag met n sug. "Ek wou net...ek het nie bedoel om die man dood te maak nie. Ek wou julle net beskerm."
Dana kyk na hom en stuur hom n klein glimlaggie.
"Ek weet." Reageer sy en le haar ander hand op syne. "Dis oukei Herman."
"Ek het julle so baie verlang." Voeg hy by en kyk na Diané. "Dis my skuld dat sy is waar sy vandag is. Ek sal opmaak. Ek belowe."
Dana gee n effense glimlag en kyk weer voor haar na die Diane wat roerloos daar le en slaap.
"Daar wys n goeie vliek vanaand op televisie as jy dalk wou...kom draai maak." Verbaas Dana hom. Sy kyk na hom wat geskok daar sit. "Ek kan mos nie veraltyd kwaad wees vir jou nie."
"Goed. Ek sal kom draai maak vanaand." Reageer hy.
Albei is tjoepstil op dieselfde bank voor die televisie en kyk vliek. Dana kou aan haar duim se nael met Herman wat langs haar sit.
Hy kyk na haar en besef dat sy glad nie eens die vliek volg nie.
"Jy lyk diep in gedagte." Kry hy haar aandag.
"Ek dink net aan Diané en my hart. My hart is nie meer reg nie, maar Diane is my hartjie. As sy moet gaan is dit die einde vir my. Sy is die rede dat ek nog nie opgegee het nie." Reageer Dana en rus haar kop agter toe. "Sys die rede dat ek jou n twe... Ek kan haar nie nou verloor nie Herman."
"Dis hoekom jy sterk moet wees. Vir haar. Wees sterk vir haar." Beantwoord Herman en haal diep asem. "Sy sal oukei wees. Ons kan na haar konserte toe gaan en beurte maak met wie die tandmeis kan wees as sy weer by ons is."
"Of ons kan altwee die tandmeis wees." Hoor hy vir Dana. Hy gee haar n glimlag en hou sy hand uit vir haar.
Sy vat sy hand en sien hoe hy haar optrek van die bank af. Sy staan voor hom en voel sy arms om haar lyf. Met die liedjie van die einde van die vliek begin hulle stadig dans.
Sy rus haar hande op sy bors en grawe haar gesig in sy nek.
"Bly." Fluister sy en kyk op na hom. "Bly."
Hy le n soen op haar voorkop en trek haar in om stil te raak.
YOU ARE READING
My hartjie (Afrikaans)
Mystery / ThrillerLekker kort afrikaanse storie *** Diane is Dana se enigste dogtertjie en is sommer vreeslik baie lief daarvoor om vriende te maak met almal. maar buitens dit ken sy nie n enkele woord oor haar pa nie. Dis nou al tien jaar en gepraat van die duiwel d...