Diané le roerloos. Geen beweging. Alles is donker om haar.
"Nee!" Skree Dana. Haar dogtertjie is dood. Die masjiene is af. Die wit kombersie trek oor Diane tot met bo haar kop om haar gesiggie toe te maak. "Diané!"
Dana skrik waker met n geruk.
Dit was net n droom. N aaklige droom.
"Dana." Herman hardloop na Dana wat daar toe ook na hom kyk. "Wat gaan aan?"
"Diané." Kom uit haar mond voor sy begin huil het.
"Dis oukei." Troos Herman en gaan sit langs haar op die bed.
"Ek het gedroom sy is dood." Huil Dana en sit haar hande voor haar gesig. "Haar hartjie het gestop. Hulle het n wit laken..."
"Dana, dit was net n nagmerry." Keer Herman haar en raak aan haar wang. "Dit was n aaklige droom oukei. Diané gaan oukei wees."
Dana knik en kyk na haar foon wat toe begin lei het.
"Hallo?" Antwoord sy rofweg. "Oh, hallo ma."
Sy gee n sug en kyk af na haar skoot.
"Ja hulle het vir haar n skenker gekry." Beantwoord Dana. "Herman...ja hy is by my op die oomblik..."
Sy kyk op na Herman met wye oe.
"Ma..." Gee sy n waarskuwende stem. "Goed."
Sy hou die foon uit na Herman wat haar n snaakse kyk gegee het.
"My ma wil met jou praat."
Hy vat die foon en neem dit na sy oor.
"Hallo." Groet hy oor die foon. "Gaan goed en met tanie?"
Hy gee Dana n wulpse glimlag en rus sy hand op haar bo arm.
"Nee tanie." Lag hy en knip vir Dana oog. "Ek maak so tanie. Lekker daggie daarso."
Hy gee die foon weer oor na Dana wat dit vat en na haar oor toe neem.
"Ja ma." Laat sy haar stem hoor. Sy kyk geskok na Herman en gryp haar mond. "Ma!"
Sy gee n simpel giggel en skud haar kop soos sy af kyk na haar skoot.
"Goed. Ek sien male een van die dae dan. Bye." Dana druk die foon dood en sit dit op haar bedkassie voordat sy kyk na Herman met n bloedrooi gesig. "Laat ek raai, sy het jou dieselfde preek gegee."
"Bed storie? Ja." Lag hy en skud sy kop.
YOU ARE READING
My hartjie (Afrikaans)
Mystery / ThrillerLekker kort afrikaanse storie *** Diane is Dana se enigste dogtertjie en is sommer vreeslik baie lief daarvoor om vriende te maak met almal. maar buitens dit ken sy nie n enkele woord oor haar pa nie. Dis nou al tien jaar en gepraat van die duiwel d...