Voorwoord

221 4 0
                                    


Soos Freya, droom ek ook al jare lank om Ierland te besoek. Ek wou dus nog altyd 'n boek skryf wat in Ierland afspeel. Danksy hierdie feit en 'n U2-konsert is Freya en die Ierse Rockster Gebore!

Ierland is 'n land met 'n ongelooflike interessante geskiedenis en pragtige landskappe (wat ek hoop om in hierdie storie met julle te deel.)

Ek het baie lank oorweeg of ek nou met nog 'n storie moet begin, aangesien ek in Januarie weer volstoom begin swot (asof my voltydse werk nie genoeg van my tyd opneem nie!). Ek is nie 'n ou vir nuwejaarsvoornemens nie, maar het wel hierdie jaar 'n paar dinge neergepen wat ek in 2018 wil bereik. Een van hulle is om nog 'n boek te skryf.

Freya en die Ierse Rock-ster is dus een van my projekte wat ek beoog om in die volgende jaar voltooi te kry. Die storie sou nie die lig gesien het, as dit nie was vir almal se ondersteuning met my vorige boek, Suiderkruis in Australië, nie. Ek hoop dat julle hierdie boek net soveel sal geniet.

Voor julle wegspring en die nuwe storie begin lees is daar net 'n paar punte waarop julle asseblief moet let:

1. Die titel is 'n "work in progress" en mag dalk verander- laat weet asseblief wat julle daarvan dink?

2. Die boek, soos die vorige een is nie geproeflees nie en sal eers na dit voltooi is geproeflees word. Vergewe asseblief enige foute, maar as julle kan, lig my asseblief daarvan in, sodat ek dit kan regmaak.

3. Hierdie storie is 'n werk van fiksie en ooreenkomste met gebeure of karakters (lewend of dood) is bloot toevallig.

4. Om plagiaat te pleeg is 'n ernstige oortreding en indien jy hierdie storie, of enige deel daarvan kopieer, sal regstappe teen jou geneem word.

So ja! Noudat al die tegniese punte uit die weg geruim is, kan julle begin om Freya en die Ierse Rockster te lees!

Comment en stem asseblief as julle dit geniet of enige voorstelle het.

Groete

A.

xx


Freya en die Ierse Rock-sterWo Geschichten leben. Entdecke jetzt