Hoofstuk 4

156 6 5
                                    

****************************************************

Hi almal!

Jammer dat ek so stadig update, maar soos ek voorheen genoem het: My studies en my werk hou my verskriklik besig.    Ek wil regtig probeer om van nou af, meer gereeld op te dateer.

Comment asseblief op die hoofstuk en laat weet my asseblief wat julle hiervan (en van die storie in geheel) dink?  Ek is nog nie heeltemaal seker oor die hoofstuk nie en mag dalk later aan dit verander.

Soos gewoonlik:  "Vote" asseblief as julle hiervan hou en deel met julle vriende wat dit dalk ook sal geniet.

Groete

A.

**********************************************************************************************

Dit is Saterdagoggend en Freya het Kieran nog nie weer met 'n oog gesien na hul uitval van nou die aand nie. Sy besluit om die boek wat Kieran vir haar gegee het te bestudeer end an haar woonstel skoon te maak voordat sy later sal gereedmaak vir die rugbywedstryd van daardie middag. Hierdie naweek sal sy nog in die dorp bly, maar haar volgende afnaweek is sy van plan om Dublin te besoek.

Na sy tevrede is haar plekkie is netjies skoon, gaan staan sy voor haar klerekas. Wat trek 'n mens nou na 'n rugbywedstryd aan? Sy was nog nooit eens by 'n Suid-Afrikaanse een nie, wat nog te sê 'n Ierse een. Sy weet darem danksy haar nuwe vriend, Patrick, dat die klub waarvoor sy veronderstel is om te skree se kleure blou is. Die winter is vinnig besig om nader te kom en dis koel buite so dit sal iets warms moet wees. Na 'n lang stort gaan staan sy voor haar klerekas en evalueer die kledingstukke voor haar. Sy het vir Patrick saamgenooi en wil graag mooi lyk. Sy besluit op 'n denim en 'n sagte ligblou trui. Saam met dit trek sy 'n paar waterdigte stewels aan wat sy 'n jaar gelede gekoop het, spesifiek met Ierland ingedagte. Sy wil eers haar hare soos gewoonlik in 'n poniestert vasmaak, maar besluit daarteen en laat dit sag oor haar skouers val.

Later stap sy oor na die groot huis. Eoghan het aangebied dat sy saam met hom en Aoife ry en Patrick sal sommer direk van die hospitaal af soontoe gaan aangesien hy nog 'n skof gewerk het vanoggend. Sy kry vir Wilhelm en Hannalore in die sitkamer waar hulle op Eoghan en Aoife wag en Hannalore kan nie uitgepraat raak oor hoe mooi Freya lyk nie. Sy self lyk pragtig met haar koringgoue hare en donkerblou bloes.

'n Paar minute later kom Eoghan en Aoife die sitkamer binne en Freya kan die twee amper nie herken nie. Hulle gesigte is wit en blou geverf en elk is gewapen met 'n blou vlag wat die span se embleem bevat. Freya het nie geweet hulle is só ernstig oor rugby nie. Sy wéét sommer dat hierdie dag vol pret gaan wees. Die beste van alles is- dit lyk nie of Kieran saamkom nie.

Die vyf van hulle sit reeds langs die veld toe Patrick daar aankom. Hannalore skuif automaties op van haar sitplek langs Freya en hy gaan sit glimlaggend langs haar. Dit is die eerste keer wat sy vir Patrick in iets anders as 'n wit jas of toeknoop hemp sien en sy moet erken dat hy baie aantreklik daaruit sien met sy blou ondersteuners-trui en windverwaaide blonde krulle.

Die wedstryd het net afgeskop toe Freya bewus word van 'n figuur wat in die sitplek aan haar ander kant inskuif. Sy hoef nie eens in daardie rigting te kyk om te weet wie dit is nie. Dis asof sy 'n sesde sintuig het wat Kieran betref. Vir 'n ruk lank ignoreer sy hom, maar dan probeer sy ongemerk uit die hoek van haar oog na hom kyk. Hy dra 'n keps en sonbril en het 'n dagoue stoppelbaard. Hy probeer homself natuurlik vermom, dink sy. Aan die ligte glimlag wat aan sy mondhoeke pluk kan sy sien dat hy bewus is van haar starende oë. Freya weet nie hoe dit moontlik is dat iemand hom nie sal herken nie. Daardie dimpels is 'n "dead giveaway".

You've reached the end of published parts.

⏰ Last updated: Mar 07, 2018 ⏰

Add this story to your Library to get notified about new parts!

Freya en die Ierse Rock-sterWhere stories live. Discover now