**************
Jammer julle moes so lank wag, maar my studies hou my baie besig!
Dankie vir julle ondersteuning sovêr. Ek waardeer dit regtig!
Vir die van julle wat dalk nie weet hoe 'n Ierse aksent klink nie (soos in SA verskil dit maar van streek tot streek, maar hierdie is die een wat ek ingedagte het.) gaan kyk gerus hierdie kort video van Colin Farrel ('n gebore Ier).
Soos gewoonlik vra ek julle asseblief om kommentaar te los en my te vertel wat julle dink van die hoofstuk?
Groete
A
N.s. Hierdie hoofstuk is (soos die ander) nie geproeflees nie en sal eers as die storie klaar is geproeflees word. Vergewe asseblief enige taalfoute.
****************
Freya gaan val met 'n sug op haar dubbelbed neer. Sy moes na haar kop geluister het!
Sy kan haarself skop dat sy so vining vir 'n paar mooi dimpels, groen oë en sjokolade stem geval het. Dit is glad nie in haar aard nie. Tenminste is hierdie simple verliefdheid van haar in die kiem gesmoor voor dit in iets ernstiger kon ontaard.
Al probeer sy hoe hard om die skuld net voor Kieran se deur te lê, weet sy dit is nie regverdig nie. Dis nie sy skuld dat sy onder 'n klip geleef het vir die afgelope paar jaar nie. Sy moes geraai het dat die man bekend is. Met daardie stem en sulke looks, was sy pad na roem waarksynlik geteer.
Kieran O'Brady... Hoe meer sy aan die naam dink, hoe meer oortuig raak sy dat sy al 'n liedjie of twee van hom op die radio gehoor het. Nie dat sy juis ander radio geluister het as dit wat op die kampus uitgesaai is nie. Buitendien is sy nie mal oor rock musiek nie. Sy was nog altyd meer van 'n jazz en pop fan.
Nuuskierig besluit Freya om 'n Google soektog op hom te doen. Sy voel skuldig, maar besluit om voor te gaan. Hy is 'n publieke figuur. Talle mense Google hom elke dag. Sy het niks om oor skuldig te voel nie. Buitendien is dit beter dat sy presies uitvind wie en wat Kieran O'Brady is. Daar is blaaie en blaaie vol inligting oor sy persoonlike lewe, sy musiek en selfs die liefdadigheidsprojekte waarby hy betrokke is.
Hy is internasionaal bekend en is die meeste van die tyd in Amerika woonagtig. Hy was al op toer op elke kontinent behalwe Antarktika en was selfs drie jaar terug in Suid-Afrika. Oor sy liefdeslewe is daar ook baie te sê, maar Freya is verbaas om te sien dat hy nie so baie meisies gehad het as wat sy gedink het nie. Daar word maar van drie ander buiten Taryn Scott gepraat. Sy moet erken dat hy en Taryn 'n mooi paartjie gemaak het.
Sy kom op 'n webwerf af wat 'n lys van liefdadigheidsprojekte waarmee hy betrokke is, bevat. Daar is selfs 'n foto van hom, waar hy besig is om met groot gebare iets aan 'n groep kinders te vertel, terwyl hulle hom met glimlaggende gesiggies aankyk. Kieran O'Brady tydens 'n besoek aan Dublin Kinderhuis, waarvan hy die beskermheer is, sê die byskrif. Daar en dan besluit Freya: Kieran O'Brady is nie sleg nie, hy's net sleg vir haar.
Die volgende more staan sy met 'n yslike kopseer op- waarskynlik omdat sy niks geëet het die vorige aand nie, dink sy. Sy voel skuldig toe sy dink aan die moeite wat Aoife aangaan om vir hulle almal kos te maak en nou het sy nie eers gisteraand gaan eet nie. Eensklaps besluit sy dat sy vanoggend vir almal sal kosmaak. Gelukkig is sy vandag af en is dit vir haar moontlik om dit te doen. Sy stort vinnig en trek gemaklik aan. Sy sal regtig 'n plan moet maak om vir haar klere te koop. Met die dat sy so hard geld gespaar het vir 'n vliegtuigkaartjie hierheen, het sy nie juis geld uitgegee op klere nie. Die grootste deel van haar klerekas bestaan nog uit klere wat sy in die kinderhuis gedra het, met net hier en daar 'n paar nuwe kledingstukke. Sodra sy haar eerste salaris ontvang het, sal sy die winkels invaar.
ESTÁS LEYENDO
Freya en die Ierse Rock-ster
RomanceFreya is 'n weeskind met net twee drome in die lewe: Om Ierland te besoek en om 'n Verpleegkundige te word. Na jare se harde werk word beide haar drome bewaarheid en kry sy werk as 'n verpleegkundige in 'n Ierse hospital. Tydens haar eerste aan...