Hoofstuk 2

164 8 4
                                    

Dankie aan almal wat sover die moeite gedoen het om hierdie storie te lees!  Ek waardeer julle!

Soos met my vorige storie, weet ek ook nie waarheen Freya en die Ierse Rock-ster my gaan lei nie.  Ek begin elke hoofstuk sonder 'n idee van hoe om te begin, waarmee om te eindig en wat in die middle gaan gebeur, so as dit 'n bietjie rof is, vergewe my asseblief!

Ek hoop julle geniet hoofstuk 2.

Laat weet my asseblief wat julle sover dink en of julle 'n toekoms vir hierdie storie sien?

Groete

A.

________________________________________________________________

Freya het reeds voor haar vertrek besluit dat sy 'n totaal nuwe blaadjie in Ierland gaan omslaan. Hier is sy net Freya, nie Freya die arme weeskind nie. Hier kan sy wees wie sy wíl wees en sy wil nie meer die skaam, teruggetrokke jong vrou wees wat soos 'n eiland leef nie. In Suid-Afrika was dit 'n oorlewingsstrategie, maar hier is dit nie meer nodig nie.

Daarom sit sy nou gesellig met Kieran in die koffiewinkel met sy antieke meubels en kuier. Hulle gesels oor die lys van plekke wat Freya wil besigtig terwyl sy in Ierland is. Aangesien Ierland relatief klein is, sal sy gedurende haar afnaweke die land kan verken.

"As jy 'n toergids wil hê of meer van die geskiedenis van die plekke wil weet, kan jy gerus met my ma gesels." Sê Kieran. "Sy was tot 'n paar jaar gelede nog 'n geskiedenisprofessor aan die Universiteit van Galway en ken elke klein detail. Sy is baie passievol daaroor dat ons geskiedenis en stories oorgedra moet word om dit vir volgende geslagte te bewaar. Ek het grootgeword met stories oor "Die Kinders van Lir" en "Dagda se Harp". As ek vriende oorgenooi het was hulle altyd meer geinteresseerd in my ma se stories as om saam met my te speel." Sê hy laggend.

"Ek gaan beslis met haar gesels! Dit sal vir my heerlik wees om al die stories te hoor. Praat jy ook Gallies, soos jou ma-hulle?" vra Freya geinteresseerd. "Ek het hulle gisteraand met mekaar in die taal hoor praat en was verbaas. Volgens die boeke is daar min mense wat nog die Ierse taal praat. Dit was 'n aangename verrassing."

"My hele familie praat nog die ou taal. Weereens, is dit een van daardie dinge wat ons glo belangrik is om oorgedra te word aan die volgende geslagte. Die taal is sterk oppad om uit te sterf en as ons nie iets daaraan gaan doen nie, gaan die volgende generasies ontneem word van iets wat so eg aan hul herkoms is." Freya kan sien hoe trots uit hom straal. Hy is 'n Ier, in hart en siel.

Die twee sit nog lank en gesels. Freya kan nie onthou wanneer laas, en of sy ooit, so 'n lang gesprek met iemand van haar eie ouderdom gehad het nie. Op skool was sy altyd opsy geskuif en naderhand het sy ophou moeite doen om vriende te maak. Sy het haarself pouses besig gehou met 'n storieboek of huiswerk. Teen die tyd wat sy op Universiteit was, het sy nie eers meer geweet hóé om vriende te maak nie. Sy is bly sy het besluit om saam met Kieran te kom. Sy hou van die man en sy dink hy hou van haar ook.

Heelwat later die middag, stap hulle die koffiewinkel uit en die winkeleienaar, 'n man met 'n klein ronde bril en deurmekaar grys hare, waai vriendelik vir hulle. Freya vra of hulle vinnig by 'n kruidenierswinkel kan stop, sodat sy net 'n paar basiese noodsaaklikhede kan koop. Daarna stap hulle rustig terug huistoe, terwyl hulle deur al wat winkelvenster is, kyk. Freya se eerste instink is om weg te ruk toe Kieran haar hand in syne neem, maar dan keer sy haarself vinnig en laat hom begaan. Hulle is net besig om die besige deel van die dorp te verlaat, toe 'n lang, skraal vrou met 'n bos goudblonde hare op hulle afpyl.

"Kieran!" skril haar stem. "Wat 'n verrassing om jou hier raak te loop" sê sy en gooi haar arms om sy gespierde liggaam. Freya kan nie help om geiriteerd te wees met die vrou nie. Dis duidelik dat sy haar wat Freya is se teenwoordigheid doelbewus ignoreer. "Jy't toe nooit vir my kom kuier nie." pruil die vrou. "Maar toemaar, my uitnodiging van nou die aand staan nogteeds." Sê sy en knip oog. Aan die stroperige manier waarop sy dit sê kan Freya net dink watter uitnodiging dit moes wees.

Freya en die Ierse Rock-sterDonde viven las historias. Descúbrelo ahora