Inferno

11 1 0
                                    

Gebeure van lank, lank gelede begin die Oniks Labirint te affekteer. Die Kommandant van die Beskermers en die Heler is die oudste Feë daar – en hulle is net vyf-en-dertig. Steeds was die Drake Hof besig om te strek, die mag van die ander Howe te toets lank voor die vyftig jaar van vrede eindelik verby gaan wees.

Dis die groot rede hoekom die Hof wat in die Oniks Labirint met 'n ander moet bande smee. Dis hoekom Brandon, Hertog van die Hof, verloof is aan 'n prinses van die Eggo Labirint.

Daphne weet al die redes hoekom sy nie met die man wat sy lief het kan wees nie – hy is 'n ridder op 'n wit perd wat die prinses van die draak moet red – maar dit beteken nie dat dit nie seer maak nie.

Sy haat sy gesiglose verloofde van die oomblik toe dit aangekondig is dat hy gaan trou. Sy het nie eens gaan kyk hoe die vrou lyk die aand van die verlowingspartytjie nie, sy't eerder haar diens as Beskermer gedoen om die Oniks Labirint veilig te hou.

Maar nou...

Daphne kon nie weg kyk van die wulpse klein blondinetjie langs Brandon nie. Sy dra 'n pienk aandrok in 'n skakering wat haar volwasse en vroulik, onskuldig en jonk alles op een slag laat lyk. Dit was 'n oulike, sagte voorkoms wat Daphne net nooit kan reg kry nie. Sy sal net ongemaklik wees in al daardie lae chiffon.

In elk geval hou sy daarvan om 'n gevaarlike Beskermer te wees wat meesal net leer klere dra wat haar warm hou en sterk genoeg is om die harde werk van gevegte te weerstaan. Daar is nie eens plek vir 'n versteekte wapen in die prinses se rok nie...

'Gerugte het die rondte gemaak,' sê haar kommandant deur hul verstand-skakel. 'Dis hoekom Prinses Calliope nou hier woon. Niemand wil die ooreenkoms sien deurval nie.'

Daphne hoef nie te vra waaroor die gerugte is nie – almal weet teen nou dat Leanne 'n Muse Feë is en dat net die soen van iemand wat werklik die Hertog lief het – en vir wie hy lief is – hom kon red.

Almal spekuleer hieroor. Ten minste het Ruhan vir Henri uit die Oniks Labirint gevat – of sy het sy skinderende tong uitgesny.

'As een van die min vroulike Beskermers is jy gekies om die Prinses te bewaak,' gaan haar kommandant voort deur die verstand-skakel.

Daphne krimp amper ineen. Sy knik kortaf en hou haar gesig neutraal.

Sy is dankbaar dat haar kommandant haar net een keer bejammerend aankyk voordat sy vertrek.

Partykeer is dit maar aaklig om 'n Beskermer te wees.


Daphne word bewend wakker, 'n dun sweet laag orals op haar. Haar beddegoed is deurtrek met sweet.

Gelukkig is sy alleen in haar kamer. Die Elfies het dit klankdig gemaak – selfs vir die verstand – nadat sy ontslae geraak het van die Muse Fee wat hulle vir hul bloed vermoor het.

Die koorsdrome word al hoe erger. So-ook die Koors. Beelde van Brandon flikker nog voor haar.

Sedert sy uitgevind het dat sy en Brandon aan die Lewensmaat Koors ly, is dit net 'n vloek.

O, dit word gesê dat die Koors jou presies vertel met wie jy bestem is om mee te wees en dus word troues blitsig gehou. Dit was 'n seën.

Tensy jy deur die Koors – en liefde – aan iemand gebind word waarmee jy geen besigheid het om eers om eerstenaam basis te wees nie. As enigiemand – behalwe die wat reeds weet en nie omgee solank dit nie die Hof in gevaar bring nie – uitvind, sal sy vir verraad verbrand word.

Selfs die gedagte aan so 'n afskuwelike einde is nie genoeg om haar af te koel nie.

Daphne sluk swaar.

Verhale van die Oniks LabirintWhere stories live. Discover now