Daphne word met 'n skok wakker in grys donkerte. Haar hart dawer teen haar bors, reg om die hut in die woud te verlaat of Daphne al reg is of nie.
Versigtig trek sy haar leer uitrusting, mantel, masker en stewels aan. Sy versteek die wapens wat die Groen Beskermer vir haar gegee het in haar uitrusting. Sy gebruik die donkerte tot haar voordeel. Sy weet nie hoekom nie, maar sy weet sommer net dat die Grys Groep uitgewerk het waar sy is.
Miskien was dit nie so 'n goeie idee om na Veilige Hawe te gaan nie. Alhoewel net 'n paar Beskermers – soos haar vriend wat daarvan hou om in groen rond te hardloop – van hierdie plek weet, moes sy maar eerder nie soontoe gegaan het nie.
Maar... toe die Groen Beskermer haar gevind het, was sy heeltemal uitgeput. Sy vlug van die Grys Groep – en ander Beskermers wat met hulle saamstem dat sy 'n verraaier is – al vir weke. Selfs die Groen Beskermer het die silwer vloeistof gedrink sodat hy kan vergeet dat hy haar gesien het. Almal vrees die Grys Groep. Selfs die feë wat haar beskerm.
Daphne loop vinnig by 'n paadjie af, skaars sigbaar in die grys donkerte, na die donkerste deel van die woud. Die ongediertes van die Labirint – die feetjie katte wat weier om skobbejakke te wees, elfies wat nie knegte wil wees nie, vuil-vos-kabouters wat wegkruip vir die Howe en ander – woon in harmonie in Veilige Hawe in die dieptes van die Groene Hof. Sy hoop dat hulle veilig sal bly van die Grys Groep.
Sy ignoreer haar ingebore vrees vir plante – die Oniks Labirint waar sy vandaan kom het skaars enige – en beweeg deur die digte plantegroei in die rigting van die versteekte tonnel wat haar woud vriend haar gewys het voordat hy gegaan het.
Die grond verander skielik voor haar en sy val amper. Sy kyk af en sien dat groumolle verantwoordelik is. Sy tree oor hulle en beweeg aan. Die manier waarop haar hart klop weet sy dat sy besig is om uit tyd uit te hardloop.
Die woud is lewendig. En dit wil haar nie daar hê nie. Sy verstaan: sy is van die Oniks Labirint, nie dié een nie. Die woud kon dit voel.
Bosse krap, druk, trek en stamp haar uit een tonnel gemaak van gedraaide bome en plante na die volgende. Die bome bewe. Sy kan skaars asemhaal. Al die vreemde plante maak haar bang op 'n manier wat die res van die Labirint nog nooit kon reg kry nie.
Die woud het 'n fee natuur en geniet haar vrees. Sy is nie seker dat sy dit kan waardeer nie. Sy ruk haarself reg en draf in die rigting wat sy dink sy in moet gaan en druk die vrees wat Beskermers nie moet voel nie weg.
Eindelik kan sy die rots formasie sien wat die geheime tonnel versteek. Al is dit baie soos die grotte wat sy in die res van die Labirint al gevind het, het dit 'n dak en mure gemaak van plante.
Sy haal diep asem en vind die spesiale krui om die tonnel oop te maak. Dit het 'n vreemde reuk. Sy wag nie om te wonder oor hoekom dit bekend ruik nie, sy druk dit dadelik aan die basis van die rots formasie en 'n opening verskyn. Sy druk die krui in haar sak en gaan die gitswart tonnel binne.
Haar hart hou op om so wild te klop en sy vat versigtige treë. Die tonnel ruik soos nat rots en was baie verwelkomend. Sy kon nie meer die grys groep voel nie. Maar dit kon net die toorkrag van die Labirint wees...
Die geluid van druisende water êrens voor haar maak dat sy stop na vyf duisend treë. Daphne was verlore. Die Groen Beskermer het niks soos dit genoem nie.
Van êrens vêr weg, tog veels te naby, kan sy haar agtervolgers voel.
Sy onderdruk alle vrees en gaan voort. Twee duisend treë later breek 'n biejtie lig deur die donkerte. 'n Rivier ruis verby die opening van die tonnel. Die water lyk meer soos gesmelte silwer as drinkbare water.
YOU ARE READING
Verhale van die Oniks Labirint
FantasyIn 'n wrede wêreld waar dit die uitsondering is om tot dertig te oorleef, moet 'n jong Feë vrou die gevolge dra van haar verhouding met 'n man bo haar stand. Daphne is lief vir Brandon. Die Hertog van die Feë Hof wat woon in die Oniks Labirint is be...