Stoutigheid en Stiksienigheid

17 1 0
                                    

Daphne loop versigtig by 'n gang af terwyl sy teen die muur bly. Sy is seker daarvan dat die een wat sy soek in hierdie verlate deel is. Sy haal diep asem en gaan om die draai.

'n Haas sit alleen in 'n grot en kou aan reuse klawerblare.

Die Beskermer gluur vir die donkerbruin haas met die hoop dat dit sal verander in die bobbejaan wat sy gejaag het. Maar, natuurlik, gebeur dit nie.

'Wil jy hê?' vra die haas en hou van die blare na haar uit.

'Nee, dankie. Het jy enige bobbejane gesien?'

'Nie onlangs nie,' antwoord die haas voordat dit verder eet.

Daphne kners op haar tande en deursoek die grot. Daar is geen teken dat 'n bobbejaan ooit daar was nie en maak net dat haar donker bui erger word. Skadu's dans en sy beweeg versigtig nader.

Brandon staan in die tuin waar hulle altyd ontmoet. Hy dra 'n bitter-soet glimlag soos sy nader beweeg. Die spesery reuk van die vuur-lelies in volle blom is oorweldigend na die stowwerige gangetjies met klawer in die lug was sy agter gelaat het.

'Ek het nie gedink jy sal kom nie.'

Daphne hou hom deur vernoude oë dop. Iets was anders omtrent hom, maar sy kan nie teen die gevoel veg wat haar nader aan hom trek nie. Die kunsmatige laat middag son maak dat sy hare goud glim. Sy kan die geluide van 'n partytjie êrens hoor.

'Tog,' hy lag bitter, 'dis nie asof ek jou kon nooi nie.'

Sy voel skoon verward.

'Ek hoor jy het getrou? Hoe behandel die Groene Hof jou?'

Sy ignoreer sy vreemde woorde. 'Ek verstaan nie. Wat doen ons hier?'

'Ek moes jou net weer sien. Jy dra steeds jou hare vasgedraai in jou nek,' hy skud sy kop en glimlag. 'Alhoewel ek net die beste vir jou toewens, moes ek jou net weer een keer sien om te weet of jy dieselfde voel.'

'Ek wens dinge kon wees soos dit was toe ons jonk en onskuldig was,' sê Daphne met die tipe hoop wat sy altyd as laf sien en kyk af na 'n vuur-lelie wat braaf teen die oniks muur blom. Deur haar hare uit die pad te hou vir gevegte beteken ook dat sy geen wegkruip plek het nie.

'Vir my, is dit nie verby nie,' sê Brandon en gryp haar hande. Sy voel al die senuwees in haar liggaam wakker word.

'Dit moet wees,' antwoord sy saggies en onthou die dag toe hulle gegroet het na die Drake Vloek gebreek is. Die Hof, eer en plig kom voor enige persoonlike geluk. Sy trek haar hande uit syne.

'Ek het gehoop dat wanneer jy my sien dinge anders sou wees.'

'Ons het soveel herinneringe en goed wat ons berou. Dit sou 'n fout wees,' sê sy terwyl sy probeer om nie een van die naamlose emosies wat binne haar warrel te wys nie.

'Ek is jammer. Ek het gehoop met die jare wat verby is...' hy haal sy skouers op. 'Ek dink noudat ek dertig word verloor ek my verstand so 'n bietjie.'

Daphne kyk skerp op. Hy het nou net twintig geword. Dit... Sy klem haar kake. Om deur die gapinge in die sluier van tyd te loop is a rare, maar welbekende, ding in die Labirint.

'Jy moet gaan, Brandon. Vergeet dat jy my vandag gesien het.'

Hy knik, gee haar 'n laaste bitter-soet glimlag en loop weg.

Haar liggaam bewe van pyn. Sy maak haar oë toe om die trane binne te hou. Die reuke en geluide verdwyn en sy maak haar oë weer oop. Als was weg. Dit was maar net 'n hersenskim. As sy werklik deur 'n gaping in die sluier geloop het, sou sy weer daardeur moes gaan om terug na haar tyd te gaan. Sy sou nie sommer net weer in die grot gewees het was sy deursoek het voordat sy vir Brandon gesien het nie.

Verhale van die Oniks LabirintWhere stories live. Discover now