Vuur in die Donkerte

18 1 0
                                    

Blaze trek haar kappie mooi op soos sy die koue tonnels binne tree wat dieper in die Labirint in lei. Partykeer dagdroom sy oor hoe dit moet wees om êrens te woon wat oop is en nie onder die oppervlakte van die aarde is nie.

Sy sug soos die bedompige lug haar omvou. Die reuk van swael verwelkom haar tuis.

Blaze loop vinnig deur die tonnels gevul met feë met koper hare. Party – soos sy – lyk gesond genoeg. Ander is vol brandmerke – die terugslag van die vloek. Sy ignoreer hulle en die verhongerde draak feë. Die ooreenkoms wat sy gemaak het met die Oniks Labirint sal hul oorlewing verseker.

'Vader,' groet sy toe sy die troonkamer binnetree.

Lawa borrel in die fontein en gooi oranje lig in die steen vertrek.

'Blaze. Ek hoop jy het goeie nuus.'

'Ek het.'

Hy lig sy wenkbroue ongeduldig.

'Die Onik Labrint en die Eggo Labirint bied on kos, knegte en goeie gesondheid aan in ruil vir vrede.'

'Ek sien niks nie.'

'Dit sal binne die week hier wees.'

'Goed so. Hulle bied baie aan.'

'Wel, hulle moes. Ek het die Hertog van die Oniks Labirint van die vloek verlos. Hy en sy verloofde, een van die prinsesse van die Eggo Labirint, was baie dankbaar.'

'Jy het wát gedoen?'

'Die vloek gelig. Dis die ongesproke deel van die ooreenkoms, volgens legende. Die vloek versprei. Ek het gesien –'

'Hoe durf jy?'

Blaze hou hom versigtig dop.

'Elke keer as iemand inmeng met die vloek word ons feë gestraf. Toe ons nog in drake kon verander...

Blaze probeer baie hard om kalm te bly soos haar pa weer aangaan oor wat hulle verloor het. Dit is baie eeue nou dat niemand van die Drake Hof in drake kan verander nie, tog is daar steeds diegene wat gegrief voel oor wat hulle verloor het. Soos haar pa.

'Die Howe vrees ons nie meer soos hulle eens gedoen het nie. En as jy nog rondhardloop en die vloek lig word ons net swakker.'

Hy kyk na haar met die afgryse wat sy aan gewoond is. Hy sou veel eerder 'n seun as 'n saggeaarde dogter wou gehad het. Sy het dit al soveel keer tevore gehoor...

Haar refleksie in een van die goue borde wat op die grond lê vang haar aandag. Meeste draak nimfe het goue or rooi vel. Maar nee, ek moet net spesiaal wees met my onaardige pienk ondertoon, dink sy en kners haar tande. Ek is nie swak nie.

'Die Howe vrees ons steeds,' sê sy hardop en staar na haar pa met vernoude oë. 'Dis hoekom hulle bereid is om vir vrede te onderhandel sonder om van die vloek te weet. Ons moet dit lig wanneer dit toe val: ons eer is op die spel.'

'Ek sou dink die brandmerk op jou gesig sou jou leer hoe gevaarlik die vloek is. Duidelik nie.'

'Daar moet 'n manier wees om die vloek te vernietig.'

'Dan is jy verban. Totdat jy die vloek vernietig het, is jy nie meer 'n prinses van die Drake Hof nie.'

Dit voel asof sy in die maag geslaan is. Sy sou in twee gevou het in pyn as dit nie as swakheid sou voorkom nie.

'Vaarwel, dogter.'


Dis weke sedert sy verban is en sy kon nog nie die tonnels vind wat uit die Labirint lei nie. Sy het oor die hele Labirint gereis, selfs die Groene Hof, maar die geheime tonnels bly buite haar bereik.

Verhale van die Oniks LabirintWhere stories live. Discover now