Die strate is donker en die briesie buite is ysig koud. Daar is niemand nie en ek staan net weer van voor af alleen!
My hartklop in my bors. My asem jaag ek probeer hardloop maar my voete weier eenvoudig om te beweeg.
Dit is al vyf maande dat Cara weg is en niemand het haar gekry nie. Nogsteeds opsoek maar hulle begin al moed verloor. In almal se gedagtes is "...sy is vermoor"Cara se pa het twee jaar terug in n hart aanval gesterf en nou is Cara se ma alleen in n groot huis wat haar totaal en al bang maak. Mev Coetzee wens net haar dogter was by haar nadat sy verdwyn het was alles net verskriklik deurmekaar!
Cara
Ek snak na my asem. Waar is ek? Verbeel ek my of is ek in n geslote kamer! Ek word bewus van sleutels wat teen mekaar klap maar my ore doof die klank uit. My deur klap oop en ek kyk verskrik op...
"... Cara Coetzee is dit werklik jy? Ek het gedink ek n verkeerde persoon vas gevang." Praat die vreemdeling in die deur met my.
"Wie is jy? Waar is ek? Wat soek jy met my? Hoe ken jy my naam en my van? Jy is n vark om mense wat onskuldig is te ontvoer" sê ek woedend en rooi in my gesig
"Hahaha kan jy my nie onthou nie skatebol? Ons het ses jaar laas kontak gehad en toe verlang ek teveel. Daarna het ek n soektog begin om jou op tespoor!" Terwyl hy na my toe loop word ek net meer kwaad vir die mansmens.
"Los my uit! Los my uit? Ek ken jou nie. Gaan weg loop voor ek skreeu! Loop net." Skreeu ek vir die vreemde man.
"Hang af hoe jy jou gedra dan sal ek jou laat gaan oor n week! Jy moet saam werk." Sê hy en druk sy lippe teen myne. Eeew hoekom moet dit gebeur? Hy probeer my...Word vervolg!!! Ek is soo naskierig om te weet wat hy beplan... Maar wie is hy?
BINABASA MO ANG
My eie Fantasie
RomanceHoekom staan sy nie op vir haarself nie? Daar is soveel dinge wat op haar hart is maar sy praat met niemand nie! Sy haat die lewe en het opgegee op alles. Sy wonder hoe kan sy aangaan en die verlede agter telaat. Somtyds net somtyds kry n mens n nuw...