Pa, lei ma aan desiprese?
Vra disleksies kind verwese.
Dit lyk vir eers of pa wil huil
Hoewel 'n glimlag iewers skuil.
Kom sit by my, dat ek vertel,
Depressie is 'n nare hel!
Dit druk jou vas in donker put
Jou lewe bleek en sonder nut.
Wat maak dat sy in put wil woon?
Dis koud en nat en glad nie skoon!
Ek wens sy wil weer dans en lag.
Hoe lank moet ons nog daarvoor wag?
Pa kyk gou weg, sy oë blink,
Gedempte snik, wat skaars weerklink.
Moet dogter óók afwesig wees?
Diep in gemoed, 'n vae vrees.
Neerslagtigheid, wie kan dit duld?
Hy voel self hulpeloos, vol skuld.
Sy vrou is besig om te kwyn
Haar rondings weg, skelet verskyn.
Die huis raak onheilspellend stil.
Al huilend windjie, koud en kil.
'n Knal ruk hulle uit dié droom
Laat trane teen elk wang afstroom!
Hy gryp die kind en storm uit,
Word eensklaps in sy spoor gestuit.
Sy dogter staar, sienloos na voor
Het stryd met hangtou, klaar verloor
---
Wat is die hartseer, leë gevoel?
Is dit ons straf of lewensdoel?
'n Nostalgie van tyd verby?
Depressie het albei bevry!!

YOU ARE READING
Gedigte
Poetry'n Versameling gedigte oor alledaagse gebeurtenisse in mense se lewens uit 'n ander hoek gesien.