Met rasse skrede, saamgesleur
'n Oomblik vliet, tydsamig deur
Gedagtes waar tyd stil gaan staan
Laat lewens sinneloos begaan.
Meer haas verskaf ons minder spoed
Ratte knars huiw,rend, rem gemoed
Die son sy baan, 'n kurwe spoor
Deur eeue, geen sekond verloor.
Waar jaag ons heen, om nog 'n hoek?
As vader Tyd ons aandag soek?
En moeder Aarde wentel mank
Haar kreupel kroos, noodkreet verklank.
Selfs Chronos lag al in sy mou
As hy gejaagdheid moet aanskou.
Om tyd te wen, wat langer duur,
Klaar afgemeet, geen ekstra uur.
Só eindig alles met 'n kruis
Op grafsteen, met datums, inkluis.
Wat tydperk aandui van gejaag
Ons kan dié toets van tyd nie slaag!
YOU ARE READING
Gedigte
Poetry'n Versameling gedigte oor alledaagse gebeurtenisse in mense se lewens uit 'n ander hoek gesien.