Tolpad

33 3 0
                                    

Die tollenaar slaan op sy bors

Sy kreet getuig van kans vermors,

Oor menig' reisiger verkul

Wat leedvol hart met pyn vervul.


So spring tolhekke oral op

Ry onderdeur, of word gestop.

Betaal eers voor jy verder ry

Of rekening van e-tol kry.


Ek tol jou hier, e-tol jou daar

Spin soos 'n tol skoon deurmekaar.

Die fondse wat in put verdwyn

Laat slaggate oornag verskyn.


Daar tol 'n taxi om die hoek,

Die remme faal, die drywer vloek!

Dit rol en tol hoog deur die lug

Met passasiers in volle vlug!


Betaalpad gryns en eis sy tol

As motoris deur slaggat rol.

'n Eensaam kruis hier langs die teer

Wat slagoffer oplaas vereer.


Ons tol-en-aar bars in die kop

As ons die "Wol-oor-Oë" toets dop.

Die slagveld groei, sý tol is groot,

Nou loop ons almal met die poot!


GedigteDonde viven las historias. Descúbrelo ahora