verlammende pyn en
verpletterende teleurstelling
woel soos lemme in my maag
kwetsende woorde
en gevoellose verskonings
vertel van 'n tyd
toe lewe beter was
afsydige glimlagte en
kortaf antwoorde
vertel van 'n verlede
wat buite bereik is
waar ons nie meer verstrengel is nie
maar alleen
heeltemal alleen
ek voel van die wêreld afgesonder
en van realiteit uitgesny
![](https://img.wattpad.com/cover/167003162-288-k774671.jpg)
JE LEEST
Klein Dinge
Poëzie[Updated 2023] "Ons is klein dinge, maar jy is steeds groot vir my." Gedagtes vanuit die siel. Klein Dinge is ook bekend as "Sinnelose Dae" vanaf my ander profiel by @SofiaSeSkat