Hoofstuk 3

96 6 0
                                    

"Moenie so op die dekselse stoel ry nie, Sersant, dis net ʼn stuk plastiek met ʼn pyp aangeskroef; jy gaan dit breek," sê Le Roux aan die jong sersant wat pas by die speurdiens aangesluit het.
"Jammer meneer, ek sal nie weer nie," antwoord Pieter en plons met sy stoel terug op die agterpote.
"Meneer? Jy weet nie eens wat my rang is nie. Luister boetman, as jy eendag in ʼn regte stoel wil sit, in my stoel wil sit, beter jy jou vinger uit jou sinusholtes trek en begin werk."
"Jammer, uhm Hoofinspekteur. Ek't sommer net sit en dink aan my ma wat oorlede is."
"Sy's die vrou wat in die ambulans geskiet is, nie waar nie?" vra Le Roux, nou kalmer.
"Sy is, en ek het al bewysstuk wat daar was verloor. Dit was ʼn vet koper koeël gewees met so ʼn rande punt. Een of ander handgeweer as ek moet raai."
"Dit klink soos ʼn .45 kaliber. Rewolwer dalk," Le Roux bly vir ʼn oomblik stil terwyl hy dink. "Verloor sê jy? Hoe verloor ʼn mens iets wat so belangrik is?"
"Ek weet nie, dit moes uit my broeksak uitgeval het toe ek in die kar geklim het."
"Wat!" skree Le Roux. "Jy het die belangrikste bewysstuk van ʼn moordsaak in jou sak rondgedra?" Hy gee nie vir Pieter kans om te antwoord nie. "Dis erg wat met jou ma gebeur het, maar nou moet jy oor dit kom. Daar's net twee maniere hoe jy in my stoel kan sit eendag; jy word of gevra, of aanbeveel. En op hierdie stadium sal ek jou nie eens aanbeveel om die vangwaens se vensters te was nie. Jy moet jou sokkies optrek jong. Jy is nou ʼn sersant en ʼn speurder, wys my dat jy verdien om ʼn speurder te wees toe."
"Ek sal so maak Hoofinspekteur, jammer Hoofinspekteur."

"Ons visums het vandag gekom," sê Leroux se vrou waar sy langs hom op die stoep sit. "In so ʼn geel koevert nogal ewe. En ek weet mooi niks daarvan af nie, wanneer was jy van plan om my te vertel?"
"Die visums? Waar is hulle?" vra Le Roux en staan op om binne toe te loop.
"Nee kom sit nou eers dan vertel jy my waarvoor jy die Australiese visums uitgeneem het," beveel sy vrou en hy gaan sit.
"Kyk, my vrou, ek wil jou nie bang maak nie, maar ons moet uit die land uitkom. Daar is ʼn gevaarlike man agter my aan."
"Ag maar van wanneer af skrik jy vir so iets? Daar was tog al ʼn paar sulke gevalle."
"Dit is waar, maar dié man weet alles van my af, van jou af en van ons kinders. Hy weet waar ons bly, ons is nie veilig hier nie, of enige plek in hierdie land nie, ons moet uit."
"Nou goed, ek het seker nie regtig ʼn keuse nie, as jy dink dit is die regte ding om te doen, moet ons dit seker maar doen. Wanneer het jy gedink om te gaan?"
"Teen die naweek, niks later nie. Ek gaan môre bedank."
"Dis so skielik," sê sy vrou en staan ongemaklik op.
"Ek weet, Madelein, maar dis ons kinders. Dis vir hulle veiligheid. Ons moet dit doen." Skielik is daar ʼn helse slag soos ʼn bord wat op die grond stukkend wal en splinter.
"Wat was dit?" vra Madelein.
"Ek gaan kyk." Sê Le Roux en staan op. Net dan kom hulle jongste seun deur die stoepdeur te voorskyn. Teen sy slaap druk ʼn rewolwer se loop sy vel op ʼn plooi. Agter hom stap ʼn donkerkop vrou met haar linkerarm om sy bors en die geweer in haar regterhand.
"Sit, Leroux," beveel sy. "Hoe lief het jy jou seuntjie? Seker nie baie nie, want daar binne op die kombuistafel lê ʼn koevert met visums vir Australië. Ons het jou hierteen gewaarsku, meneer Le Roux. Gewaarsku dat jy nie van ons kan ontsnap nie en ook nie moet probeer nie. Jy, wou egter nie hoor nie en nou sal ek jou wys wat die prys vir jou verraad is. Sy trek die sneller en die hamer klik hol teen die staal van die rewolwer; die magasyn was leeg. Le Roux vlieg op en mik met sy regtervuis ʼn hou teen haar slaap, maar sy ontduik die aanval en slaan hom met die kolf van die geweer teen die kant van sy kop. Alles word grys. "Dit was jou laaste waarskuwing, Johan, volgende keer skiet ek regtig," dan word alles swart.

EenslagWhere stories live. Discover now