Hoofstuk 2

110 8 0
                                    

"Sy kan nie, dokter, jy lieg vir my."
"Dit is ongelukkig geen leuen nie, Pieter. Ek wens dit was, ek wens vir jou part dit was, maar dit is nie."
"Sy kan nie dokter, sy kan nie."
"Maar sy is Pieter, sy is en jy moet dit aanvaar. Daar is niks wat ek of enigiemand vir haar kan doen nie. Pieter," vat die dokter vir Pieter teen die skouer, "daar is niks wat jy kan doen nie. Sy is dood." Pieter sak teen die hospitaalmuur af tot hy op sy knieë rus. Langs hom buk die dokter met sy wit jas. Sy lippe beweeg, maar Pieter hoor hom nie. Hy kyk vir die vlek op die gepoleerde teëlvloer wat oplos in ʼn plas, poel, oseaan. Hy knyp sy oë toe en ʼn druppel plof op die vlek neer. Die rooi vlek meng met die druppel.
"Ek moet haar sien." Pieter staan op en kyk na die dokter wat nou voor die deur staan. "Ek moet haar sien dokter."
"Dis nie ʼn goeie idee nie, Pieter, sy is in ʼn slegte toestand." Pieter druk die dokter teen sy skouer.
"Dokter, staan asseblief opsy, dis my ma, ek sál haar sien."
"Goed Pieter," sê die dokter en staan opsy. Pieter vat die deurknop vas en aarsel ʼn oomblik voor hy dit draai en na binne oopswaai. Tussen vaal lakens lê sy ma. Haar kop rus op ʼn nat kussing. Pieter sak op sy knieë langs haar sy af. Teen haar wang het ʼn stroompie afgeloop. Net die droë loop met sy swart walle is nog langs haar oor sigbaar. Hier en daar het fyn maalvleisagtige opdrifsels teen albei walle uitgespoel. Met sy wysvinger streel hy oor haar wang al langs die driffie op. Deur haar hare wat saamgeklad op die driffie se walle lê, tot by ʼn gat. Hy lig sy vinger weg, daar is dit; die fontein wat haar lewe teen sy ma se wang uitgespoeg het.
"Sien jy dit dokter? Sien jy dit?"
"Sien ek wat?" vra die dokter en staan nader om te kyk.
"Die gat, dokter. Daar moenie ʼn gat wees nie. Hoekom is daar ʼn gat?" Hy streel oor sy ma se gevlekte hare. "Hoekom is hier ʼn gat?"
"Ek het jou gesê, Pieter, dis waaraan sy dood is. Skietwond aan die hoof."
"Skietwond aan die hoof," herhaal Pieter sarkasties. "Dis nie ʼn wond nie dokter, dis ʼn gat. ʼn Gat so groot soos drie vingers. Mens sit mos nie ʼn gat in iemand se kop nie?"
"Ek weet nie Pieter."
"Hoe weet jy nie, dokter? Dis tog vir jou wie sy gebel het vanoggend, wat het sy vir jou gesê?"
"Wel, sy het my gevra om ʼn ambulans na haar woning te ontbied. Daar was glo ʼn inbraak."
"Ja, dokter, maar jy lieg nou vir my." Pieter staan op van waar hy langs sy ma se bors gesit het en loop stadig na die dokter toe terwyl hy praat. "Die polisie was daar vanoggend, inbraak en so, jy weet. Sy het die skurk oor die kop geslaan met ʼn gietyster pan, hom hoor vroetel aan die kombuisdeur en in die spens weggekruip. Toe hy inkom dokter, toe hy inkom sluip sy agter hom uit en slaan hom so hard oor die agterkop die polisie het hom drie ure daarna uit die huis moes uitdra, so hard dokter. Maar sy dokter, sy het net ʼn sny van ʼn geroeste spyker aan een van die spenskaste gekry. En dokter, sy het jou nie gebel nie, niemand het jou gebel nie. Ek het gekyk wie sy onlangs gebel het, dit was net die polisie en vir my. Maar toe ek by haar huis kom, dokter, toe's sy weg en die buurvrou sê ʼn ambulans het haar kom haal. Toe, dokter, praat, verduidelik!" skree hy met sy vuiste gebal.
"Stadig nou Pietman, stadig nou. Dit sal nie jou ma help om so aan te gaan nie."
"Net God kan nou my ma help, dokter. Ek soek ʼn verduideliking." Hy lig sy regtervuis, "en ek soek dit nou, dokter, of ek moer jou hier voor my ma se dooie liggaam."
"Wag nou, Pieter, ek sal verduidelik. Ek het gejok oor die ambulans, niemand weet wie dit gebel het nie. Ons het dit buite noodgevalle gevind met net jou ma binne."
"Lieg jy vir my?" vra hy en staan effe vorentoe.
"Laat sak jou vuis, Pieter, ek lieg nie vir jou nie. Ek kon dit nie verstaan nie, toe laat ek hulle haar maar hiernatoe bring om die wond te ondersoek."
"Ek dog dis die polisie se werk?"
"Dit is, maar ʼn dood onder sulke bedenklike omstandighede noodsaak vir ʼn interne ondersoek en dis my werk om daardie ondersoek af te handel." Pieter staan terug en gaan sit op die bed se voet-en-end. Hy maak sy oë toe en haal diep en stadig asem.
"Dokter," maak hy weer sy oë oop, "wat het haar dood veroorsaak?" Die dokter staan effe ongemaklik rond.
"Wel, dis duidelik, Pieter, dis die gat. In haar voorkop. Die een waaruit al die bloed gestroom het."
"Ag kom nou dokter, moenie vir jou dom hou nie. Ek bedoel die wapen, wat het die gat gemaak?"
"O, ja, goed. Toe ek die wond ondersoek het, het ek ʼn koeël verwyder, so die logiese afleiding is dat sy geskiet is. Tensy iemand dit na haar dood in die wond geplant het." Pieter staan op.
"Jy's ʼn kwak weet jy dit, dokter? Jy het jou gat afgevee aan polisie prosedure en al die bewyse wat daar dalk mag gewees het vernietig deur self ondersoek in te stel. Danksy jou sal my ma se moordenaar nou vry rondloop. Gee my daai koeël sodat die regte mense dit kan ondersoek." Die dokter haal maar te gedweë ʼn deurskynende potjie met ʼn stuk metaal in aan Pieter waarna hy uitloop. Pieter loop in die gang af en wanneer hy om ʼn draai na links gaan, loop daar skielik ʼn jong vrou voor hom in. Hy stop net betyds om haar nie om te loop nie. Haar hare is swart en haar gesig oortrek met sproete.
"Is jy die seun van die arme tannie wat dood is," vra sy en sit haar hand om sy pols.
"Ek is," gee hy toe. Die meisie slaan haar arms om sy middel en druk hom styf teen haar vas.
"Ek is so jammer, ek wens daar is iets wat ek kon doen."
"ʼn Drukkie is..." Pieter maak sy keel skoon. "Is heeltemal genoeg, dankie." Hy skeur homself los uit haar arms. "Jammer, maar ek is haastig, laat vir, uhm, iets," mompel hy en loop dan verby haar aan. "Vreemd," mompel Pieter toe hy na ʼn paar treë omkyk na die donkerkop wat hom so uit die bloute beetgekry het. Hy frons, kon nog nooit mense verstaan wat sommer so uit die bloute jou druk nie. Gewoonlik met eerste ontmoetings is daar ʼn ongemaklike oomblik waar die vreemdeling jou aarselend met die hand benader en net voor kontak van plan verander en haar arms halfhartig om jou liggaam vou. Hy kan sweer dat mense wat sommer so inkom vir ʼn drukkie psigopate is; hoekom anders sal hulle dit doen? En sulke spul sproete saam met swart hare het hy nog nooi teëgekom nie, sy is omtrent ʼn vreemde mens

Pieter parkeer agter die polisiestasie. Hy spring uit en draf-stap na die ingang van die gebou toe. Die deur staan oop en hy gaan binne. Agter die ontvangstoonbank sit ʼn groterige vrou met dun, swart hare. Hy onderbreek haar waar sy besig is om op haar selfoon te tik. "Wys my asseblief in die rigting van die forensiese afdeling," vra hy en voel in sy baadjie rond vir die flessie. "Ek het iets wat hulle vir my moet ontleed."
"Jammer, meneer, maar daardie area is slegs vir polisiebeamptes," sê sy sonder om op te kyk.
"Ek is ʼn polisiebeampte, ek begin oor ʼn week hier werk," verduidelik hy terwyl hy deur sy broeksakke voel na die potjie.
"Goed meneer, af in die gang, derde deur na regs," sê sy sonder om op te kyk of vir identifikasie dokumente te vra. Pieter voel tevergeefs in sy broek se gatsak, want die flessie is ook nie daarin nie; dit moes in die motor uitgeval het terwyl hy bestuur het. Hy hardloop uit na sy voertuig en na hy dit oopgesluit het, soek hy oral na die botteltjie. Dis nêrens te vinde nie. "Dit moes êrens verlore geraak het," dink hy hardop en gaan sit op die bestuursitplek. "En nou sal ek, onnosel ek, dit nooit weer vind nie. Ma se moordenaar is werklik vry." Hy slaan sy kop teen die stuurwiel en die toeter gaan af. Pieter lig nie sy kop nie, trane begin uit sy oë op sy bene drup; sy ma is dood en daar is niks wat hy vir haar kan doen nie. Hy kan nie eers haar moordenaar vastrek nie.

EenslagDonde viven las historias. Descúbrelo ahora