Die lewe éís, jy konformeer
In dié formaat, word jy geleer,
Vierkantig kassies, opgelyn
Glimlag gou mooi, bewaar die skyn!
"Gemiddeld!", wagwoord van die jaar,
So swem ons waar die stroom heen vaar.
Skool visse wat moet swenk en swaai,
Ontwyk die hap van honger haai.
Bang kuddediere, maal ons rond,
Nes vlakvarke, aanbid die grond.
'n Hotsnotsgod wat handjies vou,
Met ja en amen, vol berou.
Klein miertjies, netjies in 'n ry,
Moet harder werk om kos te kry.
Ons wyk nie af, kyk reguit voor
Moet tog net nie dié pad verloor!
'n Lepel, silwer, groot en rond
Knyp toe die oë, maak oop die mond.
Dikteer die brein tot barstens vol,
'Versadig', maar so blind soos mol!
Soos bliksoldaatjies, voort marsjeer,
Onsigbaar mag, wat hier beheer,
Tot in die spervuur van verdriet
En nooit eens self, 'n skoot geskiet!

ESTÁS LEYENDO
Gedigte
Poesía'n Versameling gedigte oor alledaagse gebeurtenisse in mense se lewens uit 'n ander hoek gesien.