Ken jy die pad?
Die pad na die bos,
Die brandende bos
Wat nooit uibrand?Ken jy die les?
Die les van die bos
Die brandende bos
Wat nooit uitbrand?Ken jy die God?
Die God van die bos
Die brandende bos
Wat nooit uitbrand?Maar ons het vergeet
Probeer die kinders leer
Vertel hul van 'n bos
Wat nooit uitbrandDie storie is daar
Die inhoud is waar
Die geloof het verdwyn
Uitgebrand?Hoor jy die stem?
Die stem van die bos,
Die brandende bos
Wat nooit uitbrand?
YOU ARE READING
Brandende Bos
PoetryAl my afrikaanse gedigte wat deur die jare geskryf is. Ek hoop hierdie woorde kan wees soos 'n Brandende bos 'n bos wat nooi uitbrand "n vuur wat ander inspireer 'n vlam wat ander vure aansteek Geniet!