Isolasie

106 15 2
                                    

Kyk na my deur ander oë
Daar is meer agter die hoë
Mure wat ek bou met boë
Red my uit my onvermoe

Kyk my dop breek met die dag
Sien jy my hier staan en wag
Maar oor my swakheid sal jy lag
O red my uit die donker nag

Jy breek my met jou oë so koud
Smeer in die wonde nog meer sout
Verlore in 'n donker woud
Kom red my van my eie fout

Sien jy my raak of moet ek weer
Probeer om jou na my te keer
Ek's vasgevang al meer en meer
Geen redding kom, ek kry seer

Brandende BosWhere stories live. Discover now