Boemelaar

234 12 6
                                    

In die koudheid van die nanag
Word koerant stywer getrek
Die wind wat om die hoeke lag
Het boemelaar gewek

Kartondoos is deurdrenk met reen
Lê eenkant weggeskuif
Jare se trane deur hom geween
Het nou hul tol geeis

Son kom op en lap gebind
Hou rykdom op sy rug
'n nuwe skuilplek moet hy vind
Want die winde sug

Son bak neer op droë grond
Die reen het opgehou
Boemelaar is diep gewond
Geen hoop om aan te hou

Son gaan sak in selfde trant
As gister se gisters verby
Boemelaar staan aan die donker kant
Van lewe, jare gely

En in die koudheid van die nanag
Wanneer winde om hom huil
Trek hy bitter aan die sneller
Hierdie wereld was te vuil

A/N: Ek het hierdie in engels ook vertaal, kyk bietjie na my ander boek indien jy dalk die engelse weergawe ook wil lees!

Brandende BosWhere stories live. Discover now