Soos trappe wat na nêrens lei
So is die vrae wat my bybly
Soos drome vergete verlore
Is die antwoord altyd verbode
Waarom moet ek aanhou vra
Die dinge wat my so pla
Die onsekerheid maak my mal
Wie sal verstaan as ek vra
Hoekom moet 'n vuur brand
Hoekom is die pad lank
Waarom moet 'n hart klop
Aanhoudend teen gevoelens skop
Waarheen lei die kronkelpad
Het afdraaipaadjies reeds gevat
Hoekom is die lug so blou
En hoekom is ek lief vir jou
So baie wat ek nie verstaan
Maar ek moet dit oral saamdra
Niemand kan my se wat is reg
Hoekom sal ek aanhou veg
Waarom moet ek aanhou vra
Die dinge wat my so pla
Die onsekerheid maak my mal
Wie sal verstaan as ek vra
Hoekom is die see diep
Verdrink ek in 'n koue lied
Waar is al die stukke heen
Gebroke harte se geween
Waar is al die warm dae
Drome uitmekaar gespat
Hoekom is die lug so blou
En waarom is ek lief vir jou
Die vraag lag my met lee oë uit
Het jare terug reeds besluit
Toe eva aan die appel proe
Nuuskierigheid het als verwoes
YOU ARE READING
Brandende Bos
PoetryAl my afrikaanse gedigte wat deur die jare geskryf is. Ek hoop hierdie woorde kan wees soos 'n Brandende bos 'n bos wat nooi uitbrand "n vuur wat ander inspireer 'n vlam wat ander vure aansteek Geniet!