Oral lê skerwe van drome vergeet
Stap deur die paaie van hartseer en leed
Beloftes wat wegwaai soos sand in die wind
Ons word verlei deur mooi drome my kindOm aanvaarding te vind waarvoor almal tog streef
Word lewens van vreemdes inmekaar ingeweef
Vandag is jy vyand more die vrind
En so word ons toekoms al hegter gebindWie liefde verdien sal hartseer verkry
Vir altyd verlang na wat hul verbly
Of dit vermors op die wat net haat
En wat sal die liefde hul tog kan baatGeluk kan jou seermeek as jy dit nie het
En hartseer bring blydskap as jy dit belet
Maar dan is daar die wat genot put uit pyn
En seerkry wat alle geluk laat verdwynSo leer ons die waarheid uit almal se leuens
Ons moeders en dogters ons vaders en seuns
Die kinders van kinders se kinders word groot
Geheime verdwyn met die oumens se doodDie lot van die mens om te lewe te sterf
Die heilige nag van die vrede te erf
Vir ewig verlos van die duiwel in hul
Die ewige woord uiteindelik vervul
YOU ARE READING
Brandende Bos
PoetryAl my afrikaanse gedigte wat deur die jare geskryf is. Ek hoop hierdie woorde kan wees soos 'n Brandende bos 'n bos wat nooi uitbrand "n vuur wat ander inspireer 'n vlam wat ander vure aansteek Geniet!